Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

16May/130

The Smashing Pumpkins – Bullet with Butterfly Wings

Posted by Ruan Stix Fourie

Party dae kan ek tik soveel as wat ek wil en alles wat uit kom is kak. Gister was een van daardie dae. Die corporate system kry so elke nou en dan 'n knou in almal se kreatiwiteit weg. Uit my eie ondervinding is die maklikste manier om jou kreatiwiteit terug te kry om iets te lees of te luister wat jou inspireer. As dit nie werk nie, stel ek voor jy haal jouself uit jou comfort zone en doen iets wat jy nog nooit gedoen het nie. As dit nie werk nie, rook 'n joint en doen wat ek doen, hou net aan skryf tot daar iets van waarde begin uit wys op pappier.

The Smashing Pumpkins

Alles hier bo het fokol te doen met The Smashing Pumpkins of hulle song 'Bullet with Butterfly Wings'. Tog bly dit 'n awesome song en vir een of ander rede is dit die song wat in my kop kom vas sit as ek voel asof ek 'n te kort aan kreatiwiteit het. So nou deel ek dit maar met julle.

Despite all my rage I am still just a rat in a cage

 

15May/130

Black Sabbath – In the Studio

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek mis so elke nou en dan iets wat ek eintlik moes gesit het op gevaaalik.com. Gelukkig hou julle lesers my op my tone en Andries het vir my die links gestuur na so paar video's van Black Sabbath in studio. Soos jy seker nou al weet is Black Sabbath se nuwe album, 13,  oppad en ons het al die eerste single vanaf die album gehoor.

Black Sabbath en heel regs, die ou wat soos Moses lyk, is Rick Rubin

Black Sabbath en heel regs, die ou wat soos Moses lyk, is Rick Rubin

Wat die nuwe album great maak is dat Rick Rubin die album produce. As jy enigsins iets weet van metal musiek dan sal die naam Rick Rubin vir jou 'n klokkie lui want hy het al saam met almal van Metallica tot Slipknot gewerk. Die great ding van die video's is dat jy 'n klein voorsmakie kry van hoe die nuwe album gaan klink. Dit is ook great om Rick Rubin te hoor sê dat hulle probeer terug gaan na die ou Black Sabbath sound.

Hier is twee van die video's. In die een praat hulle oor die Sabbath Sound en in die ander verduidelik Rick Rubin hoe dit is om saam met Black Sabbath te werk. 100 Puff the magical dragon punte vir jou as jy geweet het wie die drummer in die video's is. Dit is natuurlik Brad Wilk van Rage Against the Machine en Audioslave.

As jy nog van die video's wil sien, gaan loer gerus na Black Sabbath se Youtube page.

13May/130

Incubus om die week af te skop

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek love dit as ek vir lank nie na 'n band luister nie en hulle dan weer ontdek, veral as ek baie na die band geluister het op 'n stadium. Incubus is een van daardie bands. Vir my bringe sekere songs sekere memories terug. In die geval van Incubus is daar die song 'Vitamin' wat my altyd laat dink aan 'n sekere trein trip wat ek gereëld gevat het om vir vriende en vriendinne te gaan kuier in Londen.

Incubus

Incubus se S.C.I.E.N.C.E en Morning View albums was twee albums wat ek vir lank op 'n gereëlde basis geluister het. En ek het oor die naweek weer gedink aan die band vir een of ander rede. Incubus was ook een van die eerste bands wat ek en my vrou saam kon luister, want ons musiek smake verskil drasties. Ek is meer 'n hard rock/metal mens en Lamb of God en Slipknot is verseker nie haar koppie tee nie. Tog is ons albei baie gelukkig daarmee gewees om Incubus te luister in die kar.

Hier is twee van my favourite Incubus songs: Vitamin en Drive. 'n Lekker rock een en 'n lekker rustige een. So daar is iets vir almal.

10May/138

Sowing the Seeds: Wen Kaartjies

Posted by Ruan Stix Fourie

Dit is nou al lekker koud hier in Suid-Afrika, maar dit is nooit te koud vir 'n awesome musiek fees nie. Op 24 en 25 Mei 2013 gaan Sowing the Seeds  die five-star Welgelegen Manor Estate oorneem vir goeie musiek en lekker tye. En ons het een paar kaartjies om weg te gee.

Sowing the Seeds 2013

Daar is twee stages en die proformances lyk as volg:

Main Stage

Jeremy Loops, Fruits & Veggies, Dune Rats (Australia), Beach Party, Bateleur, The Stella's, ISO, Shortstraw, Beatenberg, Albert Frost, Taxi Violence, Hot Water, Matthew Mole en Nakhane Toure.

Electro Stage

Gateway Drugs, Lil Bow, Christian Tiger School, Musical Chairs, Weasel, James Copeland, Doctor Khumalo, Michael Lesar, Liver, Panic Sisters vs Your Own Asian, Sassquatch, Dubmasta China en Andrew the DJ.

Met so 'n great line-up op die intimate venue gaan dit 'n awesome belewenis wees. Onthou dit is 'n eco friendly festival, so bring asb sakke om al jou gemors bymekaar te kan hou en hou die venue skoon. Dinge soos water, swart sakke, toilet papier, pyn pille en iets wat jy as 'n asblik kan gebruik is nodig. Kaartjies is R250 as jy dit koop by Webtickets.co.za of R300 as jy by die hek koop.

Ok, jy wil weet hoe wen jy kaartjies. Maklik, los 'n comments hier onder en vertel my watter act jy die graagste wil sien by Sowing the Seeds. Maklik. Jy moet bo 18 wees om in te skryf en die kompetisie sluit Donderdag 17 Mei 2013. Ons besluit is finaal en ons sal nie luister na enige gegrens nie. Gebruik asb jou regte e-mail adres wat jy gereëld check, want dit is hoe ons die wenner gaan kontak.

So waarvoor wag jy? Skryf nou in en wen vir jou en 'n buddy kaartjies vir Sowing the Seeds. Ek en Soutie sal julle sien daar! Hier onder is 'Pogo' van Dune Rats, hulle kom al die pad van Australia om by Sowing the Seeds te speel. Lekker feel good vibes vir Vrydag.

Vir meer info oor Sowing the Seed kan jy hulle website of Facebook Page uitkyk, of jy kan hulle op Twitter volg by @SowingTheSeedSA.

9May/131

Nog twee nuwe Queens of the Stone Age Songs

Posted by Ruan Stix Fourie

Queens of the Stone Age het nog twee nuwe songs aan die wêreld bekend gestel by 'n radio optrede in België nou die dag. 'I Sat By The Ocean' en 'If I Had A Tail' is twee song wat saam met 'My God is the Sun' op hulle nuwe album ...Like Clockwork.

Queens of the Stone Age New Tracks

...Like Clockwork het 10 tracks op en die album is beskikbaar vanaf 4 Junie 2013. Die album is produce deur Josh Homme homself en daar is guest appearances deur Arctic Monkeys frontman Alex Turner, Dave Grohl, Elton John, Nine Inch Nails' Trent Reznor, en Jake Shears van Scissor Sisters.

Hier onder is die twee nuwe songs en ook die video van "I Appear Missing" se animated video waar Dave Grohl die dromme speel. Sover het ons al 4 songs van ...Like Clockwork gehoor en dit klink asof dit 'n great album gaan wees. Hier is die complete track lisitng vir die nuwe Queens of the Stone Age album.

'Keep Your Eyes Peeled'
'I Sat By The Ocean'
'The Vampyre of Time and Memory'
'If I Had A Tail'
'My God Is The Sun'
'Kalopsia'
'Fairweather Friends'
'Smooth Sailing'
'I Appear Missing'
'…Like Clockwork'

9May/130

Moving House – Gospel

Posted by Soutie

Before I was asked to write this post, I had no idea who Moving House was. For those who don’t know and after having a listen, Moving House is (in my opinion) an 80's synth version of Ashtray Electric, but better. The band comprises of Andre Gideon Montgomery Pienaar (Ashtray Electric) and Rob Davidson (ex Zebra and Giraffe, Blind Watchmen).

Moving House

The two wrote their debut album while living on opposite sides of South Africa, taking whatever free time they had to get together and write. After many a Skype conversation and determination they released their debut album in February 2013 along with a video for their first single “Tongue and Cheek”.

There seems to be a growing hype about this band, so keep your ears and eyes open. Here is their second single “Gospel”.

Tagged as: No Comments
Page 1 of 3412345...101520...Last »
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers