Sturgill Simpson – Sing Along
“It’s like Waylon had sex with Queens of the Stone Age while The Black Keys watched.” Dit gebeur nie baie dat daar sin uit’n YouTube comment section kom nie. Daardie is wel ‘n YouTube comment wat ek gequote het van Sturgill Simpson se nuutste song,”Sing Along” se video af.
Sturgill Simpson ken ek eintlik as ‘n ou wat psychedelic country musiek maak. Tog, in ware Sturgil Simpson styl het hy besluit om weereens te doen net wat hy wil en dus is die nuwe song baie soos Waylon Jennings en QOTSA wat pomp voor The Black Keys.
Die video is ‘n weird anime-vibe. Glo gaan Sturgill se nuwe album die soundtrack wees vir ‘n nuwe anime-movie wat 27 September 2019 op Netflix begin. Sturgill Simpson se nuwe album is Sound & Fury lyk my gaan anders wees as sy normale country vibes. En as “Sing Along” enige indikasie is van hoe die res van die album gaan klink, dan is ek in.
Wat dink jy van die song? Laat weet my in die comments.