gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

21Jun/140

Black Label Society – Fire it Up

Posted by Ruan Stix Fourie

Zakk Wylde het in 1998 vir die eerste keer 'n band bymekaar gebring met die naam Black Label Society. Nou is dit al countless toere en nege studio albums. Black Label Society klink presies soos wat jy sal dink hulle klink as jy hulle sien; die soundtrack tot 'n goeie biker movie. Zakk Wylde self lyk meer bad ass as enige van die "bikers" op Sons of Anarchy. En dit is 'n program wat ek nogal geniet.

Black Label Society

'n Vriend van my het dit die beste beskryf: "Dit is hoe ZZ Top sou geklink het as hulle baie donkerder was." Dit is baie southern rock, maar met heavy metal gemeng. Een van die nege albums is Mafia. Mafia het 'n hele paar awesome song op gehad, ondermeer "Suicide Messiah", "In This River" en "Fire it Up". Jy kan die video sien hier onder. Zakk Wylde kan guitar speel en goed. Nie sommer net enige persoon kry 'n custom Gibson Les Paul nie. Die Les Paul's het Wylde se infamous bullseye-painted design op.

17Jun/143

6 Dose wat jou Oppikoppi vir jou gaan probeer spoil

Posted by Ruan Stix Fourie

Oppikoppi is my religious pilgrimage. Elke jaar gaan ek soontoe om myself en die musiek te geniet. Ek wil lag saam met vriende en verward wakker word in my tent ‘n paar uur later. Oppikoppi is ‘n mooi ding, maar noudat Oppikoppi Suid-Afrika se grootse musiekfees is, raak die kanse al hoe groter dat jy in een van die volgende dose gaan vasloop wat jou Oppikoppi Odyssey vir jou gaan probeer spoil.

Die Oppikoppi-bedelaar

“Fok drank man, daardie goed laat mens net kak voel,” preek die bum-stoner terwyl hy sit en kyk hoe jy nog ‘n rookdingetjie rol. Hy mag dalk reg wees oor die drank, maar al rede hoekom hy eintlik nie drank gekoop het nie, is omdat hy nie geld gehad het om enigiets vir Oppikoppi te koop nie.

Die Oppikoppi-bedelaar

Ja, as jy nie die Oppikoppi-bedelaar wegjaag nie mag jy hom dalk net langs jou in die kar hê oppad huis toe.

Die Oppikoppi-bedelaar is net by Oppikoppi om musiek te geniet en te kyk hoeveel hy by ander mense kan kry voor hulle hom wegjaag. Die Oppikoppi-bedelaar strompel gereeld in mens se kamp in sonder dat enigiemand by die kamp hom ken. Jy sal gelukkig wees as jy twee sinne uit hom uit kry voor hy vra vir ‘n bier, sigarette of basies enigiets waarvoor hy nie hoef te betaal nie.

Die jockstraps

Die knape is maklik om uit te ken. Hulle hol gewoonlik rond met ‘n golfhemp en die kraag van die hemp is gewoonlik opgedraai. As hy voel dat Oppikoppi nie die plek is vir ‘n golfhemp nie, dan sal jy hom vang in ‘n wessie of enige hemp sonder moue. Die hemde is alles net ‘n grap, want dit vat nie lank voor die jockstrap begin rondloop sonder ‘n hemp nie, sodat almal bewus kan wees van sy man-tiete. As hulle  een van die bogenoemde aan het (of nie aan het nie), kan jy hulle uitken aan die simpel "Francois Hougaard Mullet" op sy kop, of die highlights in sy hare.

Jockstraps

Snaaks geskeerde baard en 'n pienk, ekskuus, salmkleur hemp skree jockstrap.

Jare se steroidmisbruik het veroorsaak dat die jockstrap nie net een aand by Oppikoppi een of ander dronk dame gaan teleurstel met sy klein penis nie, maar ook dat hy vreeslike roid-rage het. Hy en sy groepie breinlose gym-monkey vriende is diegene wat agter die fights is wat ek die laaste twee jaar by Oppikoppi beleef het.

Die couple wat by die heup aan mekaar vas is

Hulle is nie gebore as ‘n Siamese tweeling nie. Hulle het so geraak omdat hulle lewens so leeg is dat hulle die gaping probeer vul met ‘n ander mens. Ongelukkig maak twee nulle nie een nie. Albei van hulle kan nooit alleen na die badkamer toe loop nie - jy weet mos daar is wolwe by Oppikoppi wat mense wat alleen rondloop vang.

Oppikoppi couple

Die snaakse ding is dat almal om hulle weet dat die verhouding dit nie gaan maak tot volgende jaar se Oppi nie.

Moet nie vir ‘n oomblik dink jy gaan bietjie partytyd saam met jou vriend of vriendin kan kry nie. Albei lede van die couple is konstant te besig om voor te gee dat hulle iets is wat hulle nie is nie. Hulle kan nie uitpaas dronk raak soos wat hulle gewoonlik doen as hulle party nie, want wat sal die boyfriend of girlfriend nou dink? Hoe moet hulle die vergroeisel aan hulle heup oortuig dat hulle awesome is deur net hom of haar normale self te wees? Onmoontlik.

Die wannabe musiek joernalis/blogger

Maklik om uit te ken want hy het konstant ‘n uitdrukking van hardlywigheid op sy gesig. Die uitdrukkig is omdat hy so hard probeer om ‘n storie aanmekaar te slaan in sy kop. Dis nou deur die drank en ander middels in sy stelsel. Quotes wat onthou moet word, notas wat gemaak moet word, en “famous mense” wat hy raakloop wat moet name kry.

Wannabe musiek Blogger of joernalis

Die wannabe joernalis/blogger is obviously die een met die notepad.

Die snaakse ding is dat teen die tyd wat die naweek verby is, is dit baie moeilik vir die joernalis/blogger om te onthou wat regtig gebeur het die afgelope naweek. Die apteek in sy bloed help ook nie. Hy gaan nooit 'n Oppikoppi-storie hê nie. Ten minste nie ‘n storie wat dit ooit gaan maak tot op pappier nie.

Die Social media addict

Jy kan haar maklik uitken deur die konstante blou gloei wat van sy/haar gesig af radiate. Selfs al is sy/haar foon nie by hom/haar nie, het sy/haar gesig al soveel exposure verduur aan sy/haar foon dat hy/sy gloei soos ‘n swak liggie, KONTstant.

Social Media addict

Net seker maak haar hare lyk reg voor sy Oppikoppi-foto #1000 op Facebook en Twitter sit.

 

Die social media addict is nie moeilik om te mis nie. Hy/sy kyk nie bands nie, sy neem bands af met sy/haar foon sodat hy/sy die foto’s of video kan Tweet of op Facebook gooi. Hy/sy maak asof hy/sy baie social is, want hy/sy funksioneer goed op social media, maar oor die algemeen is hy/sy een van die mees socially awkward mense wat jy ooit sal ontmoet. Dit is nou as jy hom/haar kan kry om vir langer as vyf minute op te kyk van sy/haar selfoonskerm.

Die dief

Hy is daar om almal se naweek te versuur. Hy en sy groepie het vir geen ander rede kaartjies gekoop as om goed uit mense se tente en kamp te steel terwyl die mense nie daar is nie. Die ander ding van die doos is dat hy regtig daar gaan wees, en daar gaan tien teen een vanjaar meer van hulle as verlede jaar.

Sien hierdie maar as ‘n waarskuwing: Hou jou goed dop en sluit toe wat waardevol is, of hou dit by jou. Ongelukkig is dit net ‘n kwessie van tyd tot ‘n jockstrap een van die boewe gaan vang, en dan gaan dit moeilik wees om vir die jockstrap te sê hy moet eerder sy roid rage en woede oor sy klein piel onderdruk, as om die dief in ‘n papie in moer.

Ons maak Oppikoppi wat dit is

Al wat jy moet doen is jou Oppikoppi geniet, en dan sal jy fine wees. Moet nie een van die dose hierbo wees nie. Moet nie ander mense se goed steel nie en as jy 'n dief betrap of vang, oorhandig hom net aan Oppikoppi security of iets soortgelyk. Eerder as wat jy sake in jou eie hande vat.

Moet nie skoor soek met ander nie. Onthou almal is daar om vrolik te wees en deur kak te maak is jy niks anders as 'n doos nie.

Sien julle voor die stages.

17Jun/140

Stream Mastodon se nuwe album Once More Round the Sun

Posted by Ruan Stix Fourie

Mastodon se nuwe album kom dalk eers die 24ste Junie uit, maar dit beteken nie dat jy dit nog nie kan hoor nie. Die goeie nuus is dat jy Once More Round the Sun nou kan stream deur iTunes. As jy dus nie iTunes op jou rekenaar het nie, maar 'n mastodon fan is, dan stel ek voor jy install sommer nou iTunes. Ek gaan eerlik wees met jou, ek het nog nie die hele album deur geluister nie, maar ek luister dit terwyl ek die sit en skryf en sover hou ek van wat ek hoor. Jy kan Once More Round the Sun stream deur die link te click.

Mastodon Once More Round the Sun Album Cover

As jy nie iTunes wil install nie gaan maar moet wag tot volgende week om die album te hoor. Jy kan wel "High Road" hoor, die eerste single vanaf Mastodon se nuwe album. Ek het dit so rukkie hier op gevaaalik.com gedeel en jy kan die song hier luister.

13Jun/142

Pearl Jam, QOTSA, Soundgarden en Off! lede vorm supergroup

Posted by Ruan Stix Fourie

There was just an instant chemistry and a really creative and open situation where everybody’s passing around the guitar and throwing in ideas. I sort of felt like I was in the grunge Beatles.

Dit is wat Dimitri Coats (Guitarist vir Off!) te sê gehad het van die nuwe projek wat hy saam met Matt Cameron (Drums vir Pearl Jam en Soundgarden), Ben Shepherd (Bass vir Soundgarden) en Alain Johannes (Queens of the Stone Age, Them Crooked Vultures en Chris Cornell is waar hy al betrokke was). Die nuwe supergroup het nog nie 'n naam nie.

Pearl Jam, Soundgarden, QOTSA, Off supergroup

Coats het in 'n interview met  Billboard vertel dat grounbwork vir 10 songs klaar gedoen is. “I’m going to be singing. Alain’s definitely singing a bit. We might invite a couple of guests at some point,” het Coats verder gesê. Volgens Coats sal musiek van die groep af kan hoor voor die einde van die jaar.

Meer as dit kan ek julle regtig nie vertel nie. Matt Cameron is definitief een van die beste drummers in die heelal en die ander ouens was ook al betrokke by awesome bands. Gaan die awesome wees? Ek weet nie, moontlik. Dit begin vir my al hoe meer voel soos 'n foefie al hierdie supergroups wat deesdae so ontstaan. None the less sal ek dit steeds 'n luister gee, want daar is beslis baie potensiaal hier.

10Jun/140

Tourniquet – Marilyn Manson

Posted by Ruan Stix Fourie

Daar was 'n tyd toe Marilyn Manson die cool ding was om te haat. Voor Pokemon, Harry Potter en Spongebob Squarepants was die "god of fuck" eerste op die Bible-bangers se lys van mense wie hulle wou kruisig. Ironies, ek weet. None the less het dit nie vir Marilyn Manson gestop nie, dit het pretty much die teenoorgestelde gedoen. Marilyn Manson is bewyse dat enige publicity kan uitdraai as goeie publicity as die argument onnosel genoeg is.

In die geval van Marilyn Manson gaan jou kinders dryf na die duiwel, is die argument amper so solid soos Jacob Zuma wat sê hy is nie 'n dief nie. Gelukkig het Marilyn Manson talent gehad en hy kon musiek maak, goeie musiek. Antichrist Superstar is tot vandag toe nog 'n baie goeie album en definitief die moeite werd om na te luister.

Long Hard Road Out of Hell - Marilyn Manson

Daar is menigde temas waarop geraak word deur al Marilyn Manson se musiek soos politiek, geloof, sex, sodomy en baie ander goed wat mense warm gemaak het onder die kraag. Die groot ding wat in Manson se voordeel getel het is dat hy baie slim is en meeste van die goed wat hy doen is goed uitgewerk. The Long Hard Road Out of Hell is die autobiografie wat Manson geskryf het saam met Neil Strauss en dit sal jou 'n goeie idee gee van hoe die man agter die monster se kop werk.

"Tourniquet" is een van my gunsteling songs van Antichrist Superstar af. Wanneer die song begin is daar 'n lyn lirieke wat moeilik is om te hoor: "This is my lowest point of vulnerability". Soos met baie van Marilyn Manson se vroë lirieke is dit afkomstig van gedigte wat hy geskryf het, of so lees ek. In die song is die hoofkarakter op sy laagste laag, baie selfbejammerend voor sy transformasie na die "Little Horn" wat die volgende song op Antichrist Superstar is.

As jy enige van die kalahari.com links op gevaaalik.com volg en dan iets koop kry ons so paar Rand. Dankie dus vir jou ondersteuning.

Page 5 of 65« First...34567...101520...Last »
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers