Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Musiek om eerder na te luister as Drake

Die hele internet is al vir ‘n week of wat aan die gons oor Drake se nuwe video “God’s plan”. Ek probeer my beste om my musical horizons breër te maak, en dus het ek die video gisteroggend probeer kyk. Toe kom ek agter almal gaan aan oor die video net oor Drake die $900 000+ budget vir die video gevat het en spandeer het om minder bevooregde mense te help deur vir hulle inkopies te betaal. Die gegons gaan glad nie oor die musiek van die music video nie, want die musiek is uiters kak.

My vrou het hardop gelag toe ek na omtrent 60 sekondes sê “nee fok” en begin om “Queens of the Stone Age” te tik in die YouTube search bar in. Jy kan nie wat Drake doen eers musiek noem nie. Hy praat net asof hy verstandelik gestremd is bo-oor ‘n “track” wat ‘n “producer” vir hom gemaak het. Ek het al meer musikale goed gemaak met Fruityloops.

Nuwe musiek wat ek nie ken nie

The Sword

Nou die dag kyk ek ‘n episode van Anthony Bourdain: Parts Unknown. Anthony is in Austin Texas vir SXSW en BBQ. Hy eet saam met ‘n band met die naam The Sword en tussen deur sien jy flitse van The Sword wat optree by SXSW. Gedurende die ete doen Anthony so half ‘n interview met die band en toe hulle noem dat hulle influences Led Zeppelin en Black Sabbath is, toe besluit ek net daar ek gaan hulle musiek luister.

The Sword word soms as metal beskryf en soms as stoner rock or psychedelic hard rock. Al wat ek weet is dat as jy van Clutch, Black Sabbath, Karma to Burn en High on Fire hou dan is daar ‘n baie goeie kans dat jy gaan hou van The Sword.

The Sword is ‘nfour piece band uit Austin Texas en hulle hel al getoer saam met Metallica, Clutch en Lamb of God om net ‘n paar te noem. Dit is metal, dit is stoner rock, dit is hard rock en dit is verseker beter as Drake. Sover hou ek die meeste van die Warp Riders album, maar ek het nog nie iets gehoor van The Sword wat ek nie van hou nie.

 

Kadavar

Kadavar is ‘n three piece wat ek net ontdek het omdat ek The Sword gestream het op Google Play Music en toe is Kadavar een van die suggested bands. Kadavar is ‘n three piece band uit Berlyn, Duitsland en word vergelyk met 70s bands soos Black Sabbath en Led Zeppelin. Ja, ek sien ook ‘n patroon hier. My smaak in musiek is redelik obvious. So sue me.

Weereens is daar ‘n lekker hard rock en heavy metal feel met dik stoner rock vibes, net soos ek daarvan hou. Kadavar het nie net al saam met Wolfmother getoer nie, maar Wolfmother het al songs record in Kadavar se studio en daar is ‘n Kadavar song op een van Wolfmother se albums as bonus track. Ek het die album Berlin nou al ‘n paar keer deur geluister vandag en dit is befok!

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *