Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oor ons

Gevaaalik.com is die gevaaalikste website op die interweb-dansbaan.

Ons plaas interviews met modelle, bands, musiekresensies, film- en musieknuus, en ook ‘n klomp ander goed. Hou die site dop om te sien hoe ons vorder.

Mail ons met voorstelle, of mail ons om ons te vertel hoe kak jy dink die site is, dan kan ons sommer jou slimkop-mail ook op die site gooi. Ons e-posadres is op die KONTak page.

Lesers wat gevaaalike  foto’s aan ons wil stuur, kan so maak deur dit te e-mail aan gevaaalikdotcom[at]gmail.com

Terme & Gebruiksvoorwaardes

Deur enige gedeelte of afdeling van gevaaalik.com te besoek, verbind lesers hul aan die terme en gebruiksvoorwaardes soos hier uiteengesit. Indien ‘n leser nie bereid is om hom/haarself hieraan te verbind nie, moet hy/sy nie gevaaalik.com gebruik nie.

Ander sites

Gevaaalik.com het niks te make met enige ander sites, instansies, hoërskole of dominees wat die woord “gevaaalik” gebruik nie. Enige samewerking met ander websites of organisasies (soos borgskappe) sal duidelik op gevaaalik.com of op ons amptelike profiele op sosiale netwerke vermeld word. Enige website of organisasie wat voorgee om in samewerking met gevaaalik.com te wees sonder dat die ooreenkoms ook deur gevaaalik.com se amptelike kanale vermeld word, doen so onder valse voorwendsels. ‘n Hyperlink na gevaaalik.com wat op ‘n ander website verskyn impliseer geensins enige affiliasie met die betrokke website nie, en impliseer ook nie dat gevaaalik.com die inhoud van die ander website onderskryf of goedkeur nie.

Ouderdomsbeperking

Hierdie site is vir volwassenes – dus volgens die wet mense van 18 jaar en ouer. As jy nie 18 is nie, gaan weg.

Inhoud

Inhoud op hierdie site bevat kru taal, foto’s, inhoud van ‘n seksuele aard, foto’s van dames met min klere aan (soms geen klere), geloofsgrappies en ander dinge wat nie vir almal is nie. As sulke dinge jou maklik ontstel, is die webblad nie vir jou nie. Hierdie site is satiries van aard, m.a.w. maak dit uitsprake en grappies wat die spot dryf met aktuele sake. Dit is veronderstel om jou te laat lag. As jy dus nie ‘n sin vir humor het nie, is gevaaalik.com nie vir jou nie. Inhoud moet asseblief sodanig gelees word.

Affiliate Links

gevaaalik.com maak gebruik van Affiliate programme om geld te maak om die website aan die gang te hou. Hosting, Soundcloud, domain kostes en baie tyd gaan alles in gevaaalik.com in. As jy in die bevoordeelde posisies is waar jy vir jouself of iemand anders iets kan koop online, dan kry gevaaalik.com ‘n klein persentasie van wat jy spandeer. Die beste van alles is dit kos jou niks ekstra nie, en op hierdie manier help jy om gevaaalik.com aan die gang te hou. Dankie.

Gaan koop sommer nou iets en bederf jouself met ‘n geskenk, jy verdien dit want jy is befok!

Kommentaar

Alle kommentaar wat lesers op gevaaalik.com lewer is onderhewig aan redaksionele oorsig. Die eienaars en redaksie van gevaaalik.com kan nie verantwoordelik gehou word vir die aard van kommentaar wat geplaas word nie, en ondersteun ook nie noodwendig die opinies wat in leserskommentaar weergegee word nie. As jy hier comment en dit lyk vir ons asof jy net jou eie website probeer adverteer, mag ons kies om die link na jou website te verwyder. Verder sal hyperlinks na enige websites van ‘n rassistiese of homofobiese aard onder geen omstandighede geduld word nie.

Kopiereg

Inhoud wat veskyn onder die naam van ‘n skrywer bly die intellektuele eiendom van daardie skrywer. Die website gevaaalik.com maak gebruik van lesersbydraes. In sulke gevalle bly kopieregkwessies die verantwoordelikheid van die leser wat die bydrae maak. Die eienaars van gevaaalik.com kan nie verantwoordelik gehou word vir lesers se uitsprake nie, en onderskryf ook nie alle uitsprake wat op die webblad verskyn nie.

Vrywaring

Geen tjankbalies met besems in hulle holle word op hierdie webite toegelaat nie.

Die skeppers van gevaaalik.com is sonder uitsluiting nie verantwoordelik vir enige skade van welke aard ookal (hetsy emosioneel, finansieël, of andersins) wat iemand ly a.g.v. ‘n besoek aan gevaaalik.com nie. Jy doen dit ten alle tye op jou eie risiko, en uit jou vrye wil. Deur gebruik te maak van gevaaalik.com vrywaar lesers ook die eienaars en redaksie van die webblad teen enige regsaksie wat teen gevaaalik.com ingestel word wat direk of indirek verband hou met die leser se gebruik van of toegang tot gevaaalik.com.