Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Twee Afrikaans musiekvideos om te check

Goddank vir bands soos Fokofpolisiekar en ouens soos Jack Parow. Sonder hulle sou die Afrikaans musiek maar bra kak gewees het. Wanneer laas het jy Kyknet se musiek kanaal gekyk? Moenie, dit is letterlik 99% gevul met goed wat jou sal laat wens jy is doof. Hier en daar sal Kyknet iets air soos ‘n Willim Welsyn tune, maar oor die algemeen is die Afrikaans musiek iets om van te kots.

Gelukkig het Fokofpolisiekar en Jack Parow albei onlangs weer bietjie hoop geskep vir Afrikaan musiek met hulle nuwe albums en videos.

Fokofpolisiekar – Parkiebank, herfs 2017

Sê wat jy wil van Fokof se nuwe album, dit het tonge los gehad. Of jy nou ‘n fan is van Fokofpolisiekar se Selfmedikasie album gehou het of nie, dit is ligjare beter as enige van die Afrikaans-pop snert wat gewoonlik in mense se gesigte gegooi word wanneer daar gepraat word oor Afrikaans musiek.

Fokof het weer vir Sean Metelerkamp gevra om betrokke te raak by hul nuutste video. Hy is die man wat verantwoordelik is vir die “Antibiotika” video. Net soos sy vorige werk saam met Fokof gaan die video vir “Parkiebank, herfs 2017” jou laat dink. Distopian, weird, visually great is alles terme wat jy kan gebruik om hierdie video te beskryf. En soos in die verlede gooi Fokof weer met die social commentary in hierdie song en video.

Jack Parow – My Koningkryk

Jack Parow se Africa 4 Beginners is ‘n uitstekende album. Ek hou so baie van die album dat hy verseker een van my gusteling rap albums is, reg langs albums soos Nas se Hip-Hop is Dead en Eminem se The Eminem Show. Die album is vol uitstekende lirieke, sick beats, grappe en selfs songs wat die hartsnare speel.

Jack Parow is ‘n internationally successful artist, wat wêreldwyd toer. Tog is dit duidelik dat Jack weet waar hy vandaan kom en baie lief is vir sy moederland, Suid-Afrika. “My Koningkryk” die song en ook die musiekvideo wys daardie liefde vir SA baie mooi.

Wat dink jy van die twee videos? Laat weet in die comments.

Lus vir nog kief musiek? Gaan loer na hierdie post.

Loading…

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *