Nuwe Tool album recording begin in March
In 2018 sal dit 11 jaar wees sedert daar laas ‘n vol-lengte Tool album was. Baie Tool fans (soos ek) het al begin probeer vrede maak met die feit dat daar ‘n groot moontlikheid was dat ons nooit weer ‘n Tool LP sou kry nie. Almal van Tool hou hulself besig buite die band Tool. Almal het side projects en nie al die side projects is musiek verwant nie.
Op 17 Februarie 2018 het Adam Jones weer hoop vir ‘n nuwe Tool LP, in baie mense se harte gesit. Almal gaan aan oor een van die jonger Kardashians met ‘n Tweet vir Snapchat miljoene dollars gekos het. Adamn Jones het darem al in sy lewe iets vir die wêreld gedoen en somehow contribute deur musiek te maak. Daarop is daar baie wat regopgesit het en notiese neem van ‘n post wat Adam Jones op Instagram geplaas het:
Dit is ‘n repost van ‘n ou met die naam Sebastian Bach, maar bo aan die repost het Adam Jones sy eie paragraaf bygesit: “Huge fun & honor performing all the new tunes for Guinea pigs Sebastian & #KingBuzz b4 the recording starts in March. Still instrumentals with Mjk in town working on killer lyrics. Exciting!”
Ja, as ons vir Adam glo dan kan dit wees dat die musiek vir die nuwe Tool album klaar is, met Maynard James Keenan besig om lirieke te skryf. Wat dit nog beter maak is dat daar gesê word dat recording gaan begin in Maart.
Wanneer in Maart sal die recording begin? Is dit Maart 2018 waarvan Andam Jones praat? Het Tool as band saam besluit om maar net die wêreld te troll so lank as wat hul leef deur aan te hou sê daar gaan ‘n nuwe Tool Album wees? Alles vrae wat deur my kop tuimel. Alles vrae wat net beantwoord sal word wanneer ek die nuwe Tool album luister vir die eerste keer, en nie ‘n sekond voor dit nie. Mens kan altyd hoop.
Dink jy ons vingers is verniet gekruis vir ‘n nuwe tool album? Laat weet in die comments.