Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Deftones – Ohms

Die is nie ‘n review nie. Ek doen nie meer reviews nie, want elke Jan-rap en sy maat soek ‘n review vir hulle song/band/album en wil dan huil wanneer ek nie sê ek hou daarvan nie. Hierdie is dus my ervaring met die nuwe Deftones – Ohms album.

“The Deftones has a new album out. My opinion is that most people sleep on Deftones, and it’s a massive mistake. They are one of the most unique, interesting, and underrated bands ever. And the new album is great.”

Quote ek my eie tweet, en ek gaan hom sommer hier embed ook. As mense wat hulself joernaliste noem hele artikels kan skryf vir Netwerk24 gebasseer op ‘n tweet, dan kan ek dit seker ook nie. Kom ons ontleed my spelfout, slang en grammar-probleem-tweet sodat jy beter kan verstaan hoekom jy die nuwe Deftones album moet luister.

https://twitter.com/gevaaalikdotcom/status/1310504012391874560

Deftones kom al ‘n lang pad

Deftones het gevorm in 1988. Die band se line-up het baie verander voor dit meer stabiel begin gaan het in 1993. Oor ‘n loopbaan van 33 jaar is Ohms Deftones se 10 studio album. Dit is indrukwekkend vir enige band om meer as 10 miljoen albums te verkoop, maar Deftones is anders. Alhoewel hulle musiek gegrond is in metal is Deftones nogaltyd vir my ongelooflik gewees omdat hulle so eksperimenteer met melodies en hul instrumente. Die eerste keer toe ek Deftones gehoor het was met White Pony en toe later die self-titled album. ‘n Vriend met die naam Joggie het met die albums by die skool aan gekom.

Ek dink Deftones moet eintlik baie meer bekend wees as wat hulle al reeds is. Hulle optrede by Oppikoppi sal vir die res van my lewe een van die beste live shows wees van ‘n metal band wat ek al ooit gesien het. Elke een van hulle is uitstekend met hulle instumente speel. En ja, Chino Moreno is 100% ‘n instrument, en miskien die belangrikste instrument in die band.

Sexy dreamscapes en metal grooves

All of the above. Selfs wanneer Chino Moreno op sy hardste skree met totale beheer oor sy stem terwyl dit klink asof daar geen beheer is nie, selfs dan is Deftones se musiek vir my sexy. Ek praat nie van ‘n sleazy sexy soos Steele Panther of Motley Crue nie. Ek praat van die tipe sexy wat Angelina Jolie was voordat sy ‘n ma geword het. Daardie tipe sexy wat net in jou fantasië bestaan.

Die album begin met een electroniese nooit wat vloei in die volgende een in soos golwe. Die feedback van ‘n guitar is nie die eerste keer wat jy ‘n kitaar hoor nie, maar die feedback laat jou weet dat ‘n tsunami golf oppad is. Die heavy guitar riff het Chino Moreno se vocals kort op sy hakke, en jy weet dadelik sonder enige twyvel dat jy luister na Deftones. Soos as Angelina Jolie jou klap deur die gesig en dan dadelik soen dat jy elke tent op die planeet kan opslaan.

Chino se lireke skep prentjies in my kop. ‘n Dreamscape van goed wat klink soos drome wat kom uit die kop van iemand wat gelewe het deur 2020:

I reject both sides of what I’m being told
I’ve seen right through, now I watch how wild it gets

Amper asof Chino sing oor die polarisasie van alles wat ons kry van die media af, en social media, en hoe hy sien hoe mal dinge begin raak. natuurlik ook heeltemal moontlik dat dit net is wat aangaan in my kop, en dit is hoekom Deftones so ongelooflik fokken cool is.

“Genesis” en “Ohms” is die twee snitte wat vrygestel is voor die hele album 25 September beskikbaar gemaak is. Dit is ook die eerste en die laaste snitte van die album. Daar is dele van my wat voel asof die miskien Deftones se hardste album nog is, en dit is perfek verpak tussen “Genesis” en “Ohms”. Die song “Pompeji” is die middelpunt van die album. Dit begin met skoon, rustige guitar lick oor Chino wat duidelik sing oor die vulkaan wat die stad Pompeji en inwoners begrawe het onder vulkaniese as. Die rustigheid van die musiek word skielik vervang met ‘n heavy riff en crashing symbols vir die chorus:

Jesus Christ, you watch us fail
We raise our glasses and drink in hell

Chino se lirieke swaai heen en weer oor seker een van die die swaarste guitar riffs van die album. Die beweeg tussen verse en chorus van die song laat my weer dink aan golwe, veral wanneer jy die geluide van seemeeue en water hoor in die song.

Ek luister nou al sedert Vrydag laasweek amper net na die album en podcasts. Ek sal die album 1005 aanraai vir enige persoon wat hou van heavy riffs, maar meer kreatiwiteit soek in hul metal as wat jy gaan kry uit meeste ander metal bands.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *