Francois van Coke – Maniac acoustic
Amper 'n jaar terug het Robbies, Ant en ek die pad geslaan Bronkies toe nadat Francois van Coke vir Robbies gebel het en gesê het ons moet 'n draai kom maak by sy accoustic show. Ons het daar gekom en Francois was besig om sy soundcheck te doen. Ons het 'n tafel reg langs die stage gekry.

Toe Francois klaar is met sy soundcheck het hy vir ons elkeen 'n bier en 'n shot Jager gebring en ons het aan die kuier geraak. So rukkie later het Francois homself verskoon om sy show te gaan doen. Die goeie tunes het gevloei saam met die drank en ons het weereens gesien hoekom Francois een van Suid-Afrika se beste front men is. Ons het die video van hom gevang toe hy "Maniac" gedoen het. Dit was befok om te sien hoe hy met die crowd chat so tussen die song deur.
Daar was baie cool musiek, daar was baie drank en dit was 'n awesome aand. Verskoon die kamerra wat soms skud. Ons tripod was die tafel en die tafel het soms vanself beweeg.
The Smashing Pumpkins – Oceania review
The Smashing Pumpkins se nuwe album, Oceania, is uit. Ek het deur middel van iTunes my hande op die album gekry. Direk nadat ek die album gekoop het was ek nie te bly oor my besluit nie. Ek het toe nog nie na die nuwe album geluister nie, maar die laaste paar Smashing Pumpkins albums was nie vir my great nie. Ek het altyd maar teruggeval op The Smashing Pumpkins se greatest hits as ek my Pumpkins fix wou kry.

Ek is bly om te sê dat sommer van die eerste song af is dit duidelik dat hierdie weer 'n album is deur The Smashing Pumpkins as 'n band. Al is dit nie die oorspronklike lede nie. Nie 'n spul songs wat deur Billy Corgan geskryf en record is en dan die The Smashing Pumpkins label gekry het nie. Die guitar-klanke is vuil, die bass hou 'n steady line en die tromme is so solid soos ooit. The Smashing Pumpkins is terug en ek is bly.
"Quasar" is die opening track op Oceania en dit is die perfekte begin vir die album. Die slow start tot die track is great en as jy die guitars en tromme hoor weet jy dit is the Smashing Pumpkins, voor Billy Corgan se great vocals deurkom "God right on! Krishna right on! Ma right on! Yod He Vau He Om, Let's ride on! Right on! Let's ride on!" Dit vat my dadelik terug na die eerste keer wat ek die Pumpkins gehoor het.
Die transition van "Quasar" na "Panopticon" is perfek. Dit is lekker om weer die harder Smashing Pumpkins te hoor, maar daar is wel 'n paar stadiger songs ook op Oceania. "One Diamond, One Heart" begin met 'n keyboard riff wat my baie laat dink aan The Who. Corgan is bekend vir sy unieke stem en ek is bly om te sê dat sy vocals op die album glad nie teleurstel nie.
Corgan verwys na Oceania as "an album within an album" (soos Inception met musiek) oor dit deel uitmaak van die groter projek Teargarden by Kaleidyscope waaraan hulle nou al werk vanaf Desember 2009. Teargarden by Kaleidyscope is die epic 44 track album wat track vir track for free op die internet beskikbaar gestel sou word.
All in all is Oceania a great album om jou geld op te spandeer as jy 'n fan is van The Smashing Pumpkins. Dit is lekker om weer 'n band formaat te hoor na al die op en af waardeur die groep is. Al kan somminge van die tracks op die album bietjie over-produced klink, is dit nie genoeg om die overall effek wat die album op mens het te verminder nie.
So paar tracks wat vir my uitstaan is "Quasar", "Pale Horse", "The Chimera" en "Inkless". Maar dis definitief nie die enigste goeie tracks op die album nie. Ek het so gevoel hoe meer ek na die album luister hoe meer gaan ek diamante vind, en ek gaan nog baie in die komende maande na hierdie album luister.
The Black Keys piss grensers af

Daar is baie mense wat kwaad raak vir The Black Keys oor hulle goed sê presies soos hulle daaroor voel. Hulle is eerlik. Iets waarvan die entertainment business baie min het deesdae is mense wat eerlik is, al gaan dit miskien iemand afpis. Oor die naweek het die nuus gebreek dat Patrick Carney van The Black Keys die volgende te sê gehad het nadat 'n Rolling Stone joernalis hom gevra het wie hy by Lollapalooza gaan wil sien die jaar:
I love Black Sabbath, but I don’t know if I’d want to watch Black Sabbath without Bill Ward. The band is Geezer Butler, Tony Iommi, Bill Ward and Ozzy. I have no interest in seeing bands with partial lineups. I just saw Van Halen without Michael Anthony. I’m not a very big Van Halen fan but it was such a fucking bummer. Like what the fuck is the point?
I mean, sure, Eddie Van Halen’s son is a pretty good bass player and he’s a 20-year-old kid and that’s cool, but like, what the fuck is that? That’s fucking retarded. If someone is able to be in a band for 30 years and then people are okay with replacing him with a 17-year-old, they’re obviously motherfucking assholes, right?
Eweskielik word daar toe weer gesê dat die manne van The Black Keys net sê wat hulle sê om aandag te trek. As dit die geval is werk dit soos 'n bom want dit het al die grensers laat grens. Een nar het selfs op Facebook gesê, en ek quote: "They have plenty to learn in my books. If you've been playing live for 10 years and you still sound like a high school talent show then not only do you have plenty to learn, you may not even have musical talent. Terloops, ek terg net. Ek bedoel net as jou band meer bekend is vir jou groot bek as vir jou musiek dan het jy 'n probleem."
As jy dink The Black Keys het die groot sukses bereik oor die laaste twee jaar as gevolg van wat hulle sê en nie oor hulle musiek nie is jy fokken onnosel. The Black Keys speel al vir meer as 10 jaar saam, hulle het nie "plenty to learn" nie. Hulle het al vergeet wat baie ander bands nog moet leer. As jy kan luister na hulle El Camino album en dan met volle trots sê dat hulle geen talent het nie het ek nuus vir jou, jy is doof. As jy reken jy is nie doof nie is jy vertraag.
Hier is die video van hulle nuwe single "Gold On The Ceiling". Ek dink baie goed as ek die video kyk, een ding wat ek nie dink nie is dat The Black Keys geen talent het nie.
Lees die artikel wat die gegrens veroorsaak het op StereoGum
Tool – Wings of Mary (Part 2)
Tool is een van my favourite bands. Hulle is verseker in my top twee. As jy nie Tool ken nie stel ek voor jy begin so gou as moontlik daarna luister. Koop sommer Tool se Lateralus album nou. Jy sal nie spyt wees nie.
Hierdie song hier onder kom van Tool se 10,000 Days album af. Ook 'n great album wat verseker die moeite werd is om jou geld op te spandeer. Die song "10,000 Days (Part 2)" gaan oor Maynard James Keenan se ma se dood. Sy het 27 jaar van haar lewe in 'n rolstoel deur gebring nadat sy 'n beroerte gehad het. "10000 days in the fire is long enough, your going home" is van die lirieke uit die song. Maynard se ma was duidelik 'n groot invloed op sy musiek en sy lirieke.

Asof die storie agter die song nie al klaar genoeg is om jou te oortuig nie, hier is vir jou een. Die is die song met die beste build up van enige song wat ek al ooit geluister het. Net na 05:30 minute in die song in begin die beste musikale werk wat jy moontlik al gehoor het. Van die dromme, tot die guitar en base se ritme, die transitions en alles overall die song is ongelooflik goed. Vanaf die 08:20 raak dinge aansienlik harder en net meer briljant. Wanneer jy die luister maak seker jy speel dit hard. As jy 'n paar rand het om te spandeer op 'n CD die maand wat voorlê, maak seker jy koop vir jou een van die twee Tool albums hier bo.
Lady Gaga het dommies op hol
Teen die tyd weet meeste van julle al hoe ek voel oor Lady Gaga. Ek is nie 'n fan van haar musiek nie en ek sou verkies dat Pearl Jam eerder Suid-Afrika toe kom. Maar ek is nie onnosel nie. Ek weet dat hoe meer groot internasionale optredes ons in Suid-Afrika kry hoe groter raak die kanse dat ander groot internasionale optredes hier sal plaasvind.
Wat my wel die fok in maak is as mense tos soos die image hier onder op my blog posts kom comment. As jy dink Lady Gaga probeer mense brainwash om "duiwels kinders" te word met haar musiek, lirieke en belaglike optrede dan is jy, om dit eenvoudig te sê, vertraag. Die rede hoekom Lady Gaga haarself soos 'n mongool gedra is om aandag te kry. Daar was saam met die image 'n link na 'n petition om Lady Gaga uit Suid-Afrika te hou. Ek sal dit nie hier op gevaaalik.com sit nie vir twee redes. As jy dink daardie petition gaan maak dat Lady Gaga nie Suid-Afrika toe kom nie is jy vertraag. As jy dink ek gee om oor sulke kak dan ken jy my duidelik nie baie goed nie.

As jy kyk na die ding hierbo kan jy duidelik sien dat 'n onnosel doos met te veel tyd op sy/haar hande dit geskryf het en nie sy/haar navorsing eers gedoen het nie. Sover ek weet word die woord Bybel met 'n hoofletter "b" geskryf, veral as jy in die Bybel glo, soos die nar hier bo dink hy/sy doen. Nog 'n ding, ek wil graag weet waar kom die onnosel doos wat die geskryf het daar aan dat die naam Alejandro God beteken. Ek het dit net vinnig ge-Google en sover ek kan sien beteken Alejandro defender of warrior. Na ek die blatante lieg storie hier bo gelees het, het ek nie eers die moeite gedoen om Roberto of enige van die ander name te Google nie.
Onthou net altyd: “Religion is like a penis. It’s fine to have one. It’s fine to be proud of it. But please don’t whip it out in public and start waving it around. And please don’t try to shove it down my children’s [or other people’s] throats.” En veral as dit sulke onnosel kak is soos die, hou dit weg van gevaaalik.com af.
Slipknot – Antennas to Hell
Slipknot se "best of" of "greatest hits" album is hier. Antennas to Hell is die versameling van tracks wat Slipknot se loopbaan vanaf hulle vorming in 1995 tot en met vandag. Die album gaan ook beskikbaar wees as 'n double disc. Op die tweede CD gaan ons die epic live performance hoor van Slipknot by 2009 se Download Festival voor 80 000 mense. Die album sal 24 July 2012 beskikbaar wees.

Hier is wat die band te sê gehad het oor die nuwe album op hulle website:
This summer's Mayhem and Knotfest outings celebrate the band and the life of late bassist Paul Gray, and will serve as "the end of the beginning" for Slipknot—this summer's performances will be the fans' last chance to see them as they are now. Of course the band will continue, but just as inevitable with Slipknot is the fact that the band will evolve, and the future is unwritten. Antennas to Hell serves as a companion to that celebration. The two-disc version of Antennas to Hell includes a bonus live CD that captures the band's 2009 performance at the legendary Download Festival in the UK. The live disc showcases the band playing a set of career-spanning classics in front of 80,000 rabid fans. The journey from "(sic)"—track 1 on their self-titled debut—to "Snuff," the haunting No. 1 rock track from 2008's All Hope is Gone, proves that. The album features fan favorites, live classics and well-known radio hits.
Die track listing vir Antennas to Hell lyk so:
- (sic)
- Eyeless
- Wait And Bleed
- Spit It Out
- Surfacing
- People = Shit
- Disasterpiece
- Left Behind
- My Plague (New Abuse Mix)
- The Heretic Anthem (live)
- Purity (live)
- Pulse Of The Maggots
- Duality
- Before I Forget
- Vermilion
- Sulfur
- Psychosocial
- Dead Memories
- Snuff'
Ek gaan die een verseker deel maak van my Slipknot versameling. Hier is die video vir "Duality" om jou in die Slipknot mood te kry.
