Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Soundtrack to the apocalypse – SLIFT – Ummon

Die scene voor jou is ‘n oop, leë pad. ‘n Snelweg. Daar is lukrake voorwerpe oor die teer verstrooi. In die verte brand… iets. ‘n Swart 1965 Pontiac GTO kom in die frame in van onder af. Onheilspellend maar ook die enigse geluid vir kilometers. Die oorsprong van die geraas word afgesluit, en jy hoor ‘n vreemde, ritmiese dreun en tussen deur iets wat klink asof dit ‘n guitar kan wees. Wanneer jy die die dromme hoor, saggies, vlieg die deur van die Pontiac oop met mening. Jy sit jou voet op die teer neer. Fok weet hoekom dra jy skielik krokedilvel cowboy stewels.

Die ritmiese dreun word ‘n vet guitar riff wat speel uit jou swart Pontiac GTO. Jy staar uit oor die apocalypse. ‘n Fokof Lager blikkie rol oor die pad asof die wind ‘n kind is wat speel. Jy trek die Windhoek Lager buff op oor jou mond en neus, want jy het hom verniet gekry by Oppikoppi daai een jaar. Black Label by die beste. Jy onthou skielik hoe baie mis jy bier.

Set the controls to the earth’s surface / From the night we have waited

Jy hoor die eerste lirieke weergalm deur die stilte van die niks en die alles om jou. Jy klim terug in jou kar, draai die sleutel en sit die musiek harder.

Now we’re climbing through the ancestral stones / All the night we have waited

Jy rev jou engine, want al is dit die apocalypse is jy steeds zef. Jou bestemming is nou nie meer ver nie. Hierdie song is die perfekte song vir hierdie laaste stukkie pad. Jy trek weg en raak gemaklik met hoe niks wat jy kan sien jou terug druk in jou sitplek in nie. Jy luister “Ummon” van SLIFT, en dit is jou Soundtrack to the Apocalypse.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *