gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

13Jun/142

Pearl Jam, QOTSA, Soundgarden en Off! lede vorm supergroup

Posted by Ruan Stix Fourie

There was just an instant chemistry and a really creative and open situation where everybody’s passing around the guitar and throwing in ideas. I sort of felt like I was in the grunge Beatles.

Dit is wat Dimitri Coats (Guitarist vir Off!) te sê gehad het van die nuwe projek wat hy saam met Matt Cameron (Drums vir Pearl Jam en Soundgarden), Ben Shepherd (Bass vir Soundgarden) en Alain Johannes (Queens of the Stone Age, Them Crooked Vultures en Chris Cornell is waar hy al betrokke was). Die nuwe supergroup het nog nie 'n naam nie.

Pearl Jam, Soundgarden, QOTSA, Off supergroup

Coats het in 'n interview met  Billboard vertel dat grounbwork vir 10 songs klaar gedoen is. “I’m going to be singing. Alain’s definitely singing a bit. We might invite a couple of guests at some point,” het Coats verder gesê. Volgens Coats sal musiek van die groep af kan hoor voor die einde van die jaar.

Meer as dit kan ek julle regtig nie vertel nie. Matt Cameron is definitief een van die beste drummers in die heelal en die ander ouens was ook al betrokke by awesome bands. Gaan die awesome wees? Ek weet nie, moontlik. Dit begin vir my al hoe meer voel soos 'n foefie al hierdie supergroups wat deesdae so ontstaan. None the less sal ek dit steeds 'n luister gee, want daar is beslis baie potensiaal hier.

10Jun/140

Tourniquet – Marilyn Manson

Posted by Ruan Stix Fourie

Daar was 'n tyd toe Marilyn Manson die cool ding was om te haat. Voor Pokemon, Harry Potter en Spongebob Squarepants was die "god of fuck" eerste op die Bible-bangers se lys van mense wie hulle wou kruisig. Ironies, ek weet. None the less het dit nie vir Marilyn Manson gestop nie, dit het pretty much die teenoorgestelde gedoen. Marilyn Manson is bewyse dat enige publicity kan uitdraai as goeie publicity as die argument onnosel genoeg is.

In die geval van Marilyn Manson gaan jou kinders dryf na die duiwel, is die argument amper so solid soos Jacob Zuma wat sê hy is nie 'n dief nie. Gelukkig het Marilyn Manson talent gehad en hy kon musiek maak, goeie musiek. Antichrist Superstar is tot vandag toe nog 'n baie goeie album en definitief die moeite werd om na te luister.

Long Hard Road Out of Hell - Marilyn Manson

Daar is menigde temas waarop geraak word deur al Marilyn Manson se musiek soos politiek, geloof, sex, sodomy en baie ander goed wat mense warm gemaak het onder die kraag. Die groot ding wat in Manson se voordeel getel het is dat hy baie slim is en meeste van die goed wat hy doen is goed uitgewerk. The Long Hard Road Out of Hell is die autobiografie wat Manson geskryf het saam met Neil Strauss en dit sal jou 'n goeie idee gee van hoe die man agter die monster se kop werk.

"Tourniquet" is een van my gunsteling songs van Antichrist Superstar af. Wanneer die song begin is daar 'n lyn lirieke wat moeilik is om te hoor: "This is my lowest point of vulnerability". Soos met baie van Marilyn Manson se vroë lirieke is dit afkomstig van gedigte wat hy geskryf het, of so lees ek. In die song is die hoofkarakter op sy laagste laag, baie selfbejammerend voor sy transformasie na die "Little Horn" wat die volgende song op Antichrist Superstar is.

As jy enige van die kalahari.com links op gevaaalik.com volg en dan iets koop kry ons so paar Rand. Dankie dus vir jou ondersteuning.

2Jun/140

The Black Keys – Fever

Posted by Ruan Stix Fourie

The Black Keys het 'n rukkie terug hulle nuwe album Turn Blue vrygestel en saam met dit het hulle ook 'n video vir die eerste single "Fever" vrygelaat. Dit is 'n video wat met die konsep van mense wat oorkom word deur die religious fever spot. Jy weet, die mense wat in tale begin praat of inmekaar stort, daardie nonsens.

The Black Keys Dan and Patrick

The Black Keys is baie in die nuus deesdae, veral omdat Jack White nie 'n groot fan is van hulle nie. Jack White het in 'n persoonlike e-mail gesê dat hy dink Dan Auerbach is 'n asshole en dat hy reken The Black Keys steel sy sound. Ek hou van Jack White en ek hou van The Black Keys, so ek kies glad nie kante nie. Ek dink wel TMZ is useless dose omdat hulle mense se persoonlike e-mails gebruik om geld te maak. Jy kan meer lees oor dit alles hier.

Geniet die video en die song. Ek dink "Fever" is 'n baie cool song.

27May/140

Nog ‘n Strab 2014 kykie terug

Posted by Ruan Stix Fourie

Daar is baie mense wat sê hulle wil iets vir gevaaalik.com skryf. Dit is gewoonlik so ver soos wat meeste van daardie mense kom. Dit is hoekom ek gister so verbaas was toe ek die stukkie hier onder gekry het. Die ou het nie eers gevra nie, hy het net besluit om sy kant van die jaar se Strab te deel met ons. Hier is dus nog 'n stukkie deur 'n leser wat ook anoniem wil bly. 'n Ander kant in vergelyking met gister se stukkie.

Strab 2014

Strab minus selfone

Ek en my vrinne is nog van die marrapse wat nie sim kaarte koop of kak en kerm oor die awesigheid van huiswaarste kommunikasie nie. Soos gewoonlik was ek, en my vergeseldes lekker gewyn teen die tyd wat ons by die feesterrein op gedaag het. Kort voor lank was almal se bekke pienk en gatte vol see en sand.

Die eerste aand se beach party het my weer uitoorle, ek het op my rug in die sand opgeeindig met die klanke van jolige feesgangers wat om my draai, met die "nie ongewone" klanke van die Classic Rock Project, wat my lyf aan die gang geruk het soos ‘n defibrillator. So het die aand aangejaag met lekker suip en kuier, saam met die legendariese Gerald Clarke, tot totale vreemdelinge wie se laggende gesigte en lekker daans moefs veraltyd in my geheu in gebrand sal wees.

Die twede dag het soos ‘n vet perd uit die blokke gestrompel met ‘n koffie en lekker skottel gebraaide eiers en bacon op n pao gevolg deur n 2M, sunscreen, son en sand. Om so lekker lui jou babbie in die branders af te skud in die oggend son is tog net die lekkerste. Toe was daar ‘n footie op die strand saam met ‘n spul vreemde broers wat dit klaarbleiklik hulle taak gemaak het om vroëer geskokde, vars uit bos strandlopers te proebeer onthoof met hulle powerkite! Hulle het gelukkig misluk...

Nie te min was dit ‘n rowwe eerste halfte gevolg deur nog bier en sigarette en toe gelukkig ‘n truce, want vir 'n twede halfte het niemand se seer kuite, boude en shins voor kaans gesien nie.

Daardie aand het ons onself verloor in ‘n pan vol vars prawns, special local mushroom spice en die ongelooflike klanke van DILANA, met haar rasta kapsel, pienk dreds en vuurige gees het sy ons almal op ons voete gehad met oorgawe en skreende stemme wat gesmag het vir jees wees die volgende dag. Daardie aand was in my opinie topklas, tot die krag af gegaan het. Dit is ma mos nog Afrika die! In die streelende stilte en aanlokkende donkerte het ons die strand geniet en op gestaar na ‘n skerm sterre wat jy nie op n Hollywood movie sal kan CGI nie. Daar was 'n wind en koeligheid in die lug maar dit was niks wat warm see water op ‘n kaalgat lyf nie kon regsien nie!

In kort, het die volgende dae net so verloop, met n vars barracuda oor die kole en local aartappels in die pot het ons konings vis en tjips gehad. Tiete was verloor voor die 'kort' en kragtige Black Cat Bones wat teen daai ander band gebattle het (Fake Leather Blues Band). Ons het die voorreg gehad tot die kuns van oom Piet Botha en Jack Hammer. Ek het my oë toegemaak en swaai in die wind voor Albert Frost wat my swart hond oor die duine gejaag het en 'n persoonlike liefde gekweek vir William Welfare en herontdek vir Juggernaut. Dan Patlansky het my ontvoer na ‘n plek van lirieke en guitar solos watse einde ek teen geskop en gekerm het. Die crowd het die balhorige MC still geskree om net nog een Southern Gypsy Queens song te kry en na die laaste show het Scicoustic my oë en my ore gekul met n klein guitar en ‘n man op ‘n viool.

Tussen in was daar grappe, vreemdelinge, lekker lag, lekker soen, dronk verdriet, mense wat jou druk voor by die stage en glas ogies wat kyk na selfoon skermpies. Ma dit alles was geoorskadu deur amazing mense wat die tyd met jou wou deel, ongelooflike goeie musiek, sonskyn, sterre, see, sand, beter en nuwe vriende.

'n Onvergeetlike ervaring wat ek oor en oor sal wil hê, ek hou my oë van die skermpies en blou gesiggies af en kyk na dit wat my siel en hart verryk. Dankie STRAB, sien jou verseker volgende jaar!

Tagged as: , No Comments
26May/140

Strab 10 deur ‘n 6 duim skerm

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek kon weereens nie die jaar Strab bywoon nie, tyd is geld en albei die dinge is ek te kort aan gewees om die jaar se Strab by te woon. Dus moes ek maar iemand anders vra om vir gevaaalik.com 'n rekord te hou van Strab en vir ons bietjie terugvoer te gee. Die is Strab 10 gewees, een vir die fokken boeke het ek gedink. Dus is die wat jy hier onder lees nie deur my geskryf nie. Die persoon rol in sirkels saam met baie van die mense wat hy by Strab gesien het die jaar. Dit is hoekom hy besluit het hy wil eerder anoniem bly: "Ek hou van hulle. So onnosel soos van hulle mag wees, ek wil nie die een wees wat dit vir hulle uitwys nie."

strab 10

Strab Ten, deur 'n ses duim skerm

See, strand, goeie musiek en R&R, dit is Strab opgesom. Vir die laaste 6 jaar vat ek Strab as ‘n geleentheid om weg te breek, te ontsnap uit Suid-Afrika. Vorige jare het ek altyd sleg gevoel vir al my vriende wat op Facebook en Twitter moet lees hoe almal oppad is Strab toe terwyl hulle nog in goeie ou Pretoria sit. Gelukkig was Mosambiek se grens net so 6 ure weg en as jy eers deur die grens was het die Facebook status updates en die Twiets tot ‘n einde gekom. Min Strab-gangers bother met cellular roaming vir die een naweek ‘n jaar.

Om nie ‘n bruikbare selfoon te hê nie is elke jaar vir my deel gewees van Strab. Die gevoel van ontspanning wat oor jou kom wanneer jy vrede gemaak het daarmee dat Twitter nie sonder jou gaan vergaan nie, is onbeskryflik. Deel van die wonder van Strab was dat jy met mense kon gesels en ‘n gesprek is nooit in die rede geval deur ‘n foon nie.

Die jaar was Strab anders. Die musiek was nogsteeds ongelooflik; note klink net baie mooi wanneer hulle trek oor die strand en die see. Die jaar het ons blykbaar ‘n hele spul aapgras oor die grens gekry en as jy nog nooit ‘n joint op die strand gerook het tydens die sonsondergang nie, dan weet jy nie wat jy mis nie. R&R loop nogsteeds soos stroop en ek hou vol dat die Sparletta Rasberry (of Morango) wat mens daar te koop kry heeltemal anders proe as die wat ons hier in Suid-Afrika kan koop.

Ongelukkig het iemand ook uitgevind dat jy nou SIM kaarte kon koop en van daardie dag af is Strab net nie meer Strab gewees nie. Dit was nie lank voor elke Jan-trap en sy maat ‘n SIM-kaart gekoop het sodat hy tog net sy Instagram foto’s met almal kon deel nie. Ek kan met alle eerlikheid sê dat hierdie die eerste Strab was waar die gehoor se gesiggies gereëld daardie onnosel blou gloei gehad het van in check op Twitter.

Ek het oorspronklik jammer gevoel vir my vriende wat nog in Pretoria sit en het spesifiek gedink aan Stix wat se bloed teen die tyd sekerlik al gekook het van ‘n kombinasie van joelasie en haat vir die skape se Twiets. Die gevoel van jammer vir die in Pretoria het nie gehou nie, want dit was vinnig vervang met die jammer wat ek gevoel het vir die Strab gehoorlede met die blou gloeiende gesiggies.

Hier sit jy op een van die mooiste plekke in die wêreld met van die beste musiek wat enige persoon voor kon vra en al wat jy wil doen is Twiet en Facebook en Instagram en Foursquare en en en en. Saterdag oggend het ek my pad gemaak na ‘n plek wat ‘n foon gehad het sodat ek vir Stix kon kontak.

“Hoe is Strab?”

“Ongelooflik, soos gewoonlik. Maar ook anders. Ek weet jy het my gevra om te skryf oor Strab vir gevaaalik.com, maar miskien moet jy iemand anders vra.”

“Nee fok man, wie anders sal ek vra? Wat is jou storie?”

“My storie is die problem. Ek het nou al ‘n hele paar notas gemaak, maar dit wentel meer om die swape met hul fone as wat dit gaan oor Strab.”

“Watse swape met hul fone?”

“Die wat nou Mozam SIM-kaarte het en dus heeltyd op social media is.”

“As dit deel is van die storie, sit dit in. Ek publish wat jy vir my gee.”

“Dit wil net vir my voorkom of mense hul lewens nie meer kan geniet sonder om ander te wys dat hulle hul lewensgeniet nie, en in die prosses geniet hulle nie hul lewens nie.”

“Fok die swape man. Daardie is dan jou angle, hardloop met dit. Vertel die storie van Strab en hoe mense hul lewens deur ‘n ses duim skerm probeer lewe, terwyl daar niks fout is met hul geheu of hul oë nie.”

“Ek gaan nie my naam op die een sit nie, ek wil nie infamous wees nie.”

“Nes jy wil, sien jou Sondag aand.”

Dit is die eerste keer dat Stix my gevra het om iets vir gevaaalik.com te skryf en vir die eerste 15 minute in die kar oppad terug het ek net gesit en staar na my rekenaarskerm. Die woorde wou nie kom nie. My laptop se battery was darem vol want ek het hom nie een keer gebruik die naweek nie, en dus kon ek my storie toe uit kry. Die storie van Strab wat nooit weer Strab sal wees nie. Dit is nou Strab deur vierkantige ogies, LED-gloei-gesiggies en gesien deur die skerm van ‘n foon. Ek het altyd gehoop Stix is verkeerd as hy sê mense is verveeld met hul lewens. Ongelukkig is dit nou vir my meer duidelik as ooit van te vore: Mense is nie net verveeld met hul lewens nie, hulle wil almal anders ook dood verveeld met hul vervelige lewens.

Tagged as: , No Comments
Page 4 of 63« First...23456...101520...Last »
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers