Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

4Apr/134

LITTLE BIG – Everyday I’m drinking

Posted by Ruan Stix Fourie

Little Big - Everyday I'm drinking

Ons almal weet dat die Russians se kultuur sorg dat hulle dinge doen wat vir die res van die wêreld bietjie vreemd is. Of dit nou hulle team MMA fights is en of dit hulle musiek is. Eerlikwaar weet ek nie wat om te maak met die video nie. Dit is soos 'n Russian copy van Die Antwoord, 'n slegte copy. Tog het ek so gevoel aan my gat dat jy die video nog baie op die internet gaan sien in die komende weke. Gaan iemand my nou begin glo dat daar te veel van ons op die planeet is en dit is besig om die mensdom van binne af te verwoes?

Wat dink jy? Is dit cool of suig dit vet donkie piel?

Dankie aan Danny wat die pragstuk vir my gestuur het.

3Apr/132

Chevelle kom Suid-Afrika toe

Posted by Ruan Stix Fourie

In 2011 was ons almal baie opgewonde want ons sou vir Chevelle by Oppikoppi Unknown Brother gesien het. Toe cancel hulle met 'n belofte om wel een of ander tyd hier te kom speel. Ons was almal kwaad vir Chevelle. Gelukkig hou hulle hul beloftes en Chevelle gaan nou twee shows in Suid-Afrika doen.

Chevelle

Vrydag 31 Mei 2013 kan jy Chevelle sien in Kaapstad en dan op Sondag 2 Junie 2013 kan jy hulle vang in Johannesburg. As jy nog nie Chevelle se nuutste album, Hats off to the Bull, gehoor het nie stel ek voor dan jy dit nou kry. Dit is 'n great album en ek kan nie wag om Chevelle live te sien nie. Dit gaan awesome wees.

Kaartjies is nou al van 09:00 af te koop op computicket.co.za. Ek stel voor jy spring maar as jy die een wil sien want ek dink die kaartjies gaan baie vinnig verkoop. Vir nog infomasie of om die Facebook events te join gaan na http://www.facebook.com/hilltoplive

Hier is die video vir die song "Face down to the Floor" vanaf die Hats off to the Bull album.

 

Tagged as: , 2 Comments
27Mar/138

The Jack Rolling Dandy’s – The Jack Rolling Dandy

Posted by Ruan Stix Fourie

Gewoonlik werk music video posts op gevaaalik.com so: Ek kies 'n video of iemand stuur 'n video vir my. Dan gee ek my opinie oor die video en try miskien hier en daar om snaaks te wees. Die keer het ek gedink ons try dit bietjie anders doen. Vir die video van The Jack Rolling Dandy's se song "The Jack Rolling Dandy" los ek dit in julle hande. Los 'n comment en sê wat jy dink van die video en song. Sien dit as jou kans om te doen wat ek doen. Dit sal lekker wees om ons lesers se opinie te hoor, dit is 'n music video review met 'n twist.

The Jack Rolling Dandy

Ek sal julle nie high en dry los nie. Hier is so paar tips:

  • Wees eerlik. Dit is nie altyd maklik nie, want jy wil niemand se gevoelens seer maak nie. Maar as jy wil hê mense moet jou kritiek ernstig opneem moet jy brutally honest wees, soms.
  • Grappe maak harde kritiek sagter. Amper soos "a spoon full of sugar makes the medicine go down"
  • Nie almal hou van alles nie. Dit is hoekom dit JOU opinie is. Stel net jou opinie tot die beste van jou vermoë. Moet nie worry oor of iemand nie saam met jou gaan stem nie. Ek kan jou waarborg iemand gaan nie saam jou stem nie, fok hulle.
  • In die video sou ek miskien iets gesê het oor die ou se snor, die produksie van die video, die feit dat hulle baie lui was toe hulle 'n naam vir die song gekies het ens. Wees kreatief, die beste is as jy oor iets praat wat vir jou uitstaan.
  • As jy niks weet van die band nie help dit om hulle te Google, of begin by hulle Facebook page.

Right. Ek sien uit om julle opinies te lees en sal reply op elke comment soos hulle inkom. Peace.

Tagged as: 8 Comments
20Mar/131

Steel Panther – Death to all but Metal

Posted by Ruan Stix Fourie

Steel Panther Balls Out Album cover

Steel Panther is 'n hair metal band uit 'Merica. Ek het al 'n video van hulle gepost. 'n Live video van "Party All Day" waar girls boobs wys. Hulle is awesome en laat meeste boy bands lyk soos die moffies wat hulle is. Hulle musiek gaan meestal oor sex, drugs en rock 'n roll. Selfs hulle ballads drip van die sexual references. Die ouens lewe die regte rock leefstyl en groupies is in oorvloed te sien by hulle shows.

Hier is die video vir hulle song "Death to all but Metal". Die video is snaaks en die song is great. Die perfect mix. Die video is vol stoute woorde, so luister die een maar met die oorfone as jy in 'n kantoor vol grensgatte sit. Wat dink jy van Steel Panther? Laat weet my in die comments.

12Mar/130

The Dandy Warhols – Godless

Posted by Ruan Stix Fourie

The Dandy Warhols was nooit regtig vreeslik populêr nie, veral nie in Suid-Afrika nie. "Bohemian Like You" en "We Used to be Friends" was die twee The Dandy Warhols songs wat jy so hier en daar in Suid-Afrika gehoor het. Dit is jammer want al is albei daardie songs glad nie sleg nie, het hulle baie beter songs.

The Dandy Warhols: Hulle was Hipsters voor dit cool was om 'n hipster te wees

The Dandy Warhols: Hulle was Hipsters voor dit cool was om 'n hipster te wees

Een van die songs wat ek dink awesome is, is "Godless". Die song kom vanaf die Thirteen Tales from Urban Bohemia album. Dit is een van The Dandy Warhols se mees suksesvolle albums gewees. As jy 'n fan is van catchy melodies en power-pop dan moet jy die album deel maak van jou versameling.

Check die video vir "Godless" hier onder en laat weet my of jy van The Dandy Warhols hou en of jy eerder sal verby hou.

Tagged as: No Comments
5Mar/130

The Black Keys – Tighten Up

Posted by Ruan Stix Fourie

Ons het lanklaas 'n stukkie op gevaaalik.com gehad oor The Black Keys. Hulle is duidelik die "don't give a fuck" band wat maak net wat hulle wil en baie mense like hulle nie, juis oor hulle attitude. Hulle musiek is awesome en ek like gewoonlik mense wat nie regtig omgee nie wat ander mense van hul dink nie.

patrick-carney-the-black-keys

Patrick Carney, nie 'n Bieber fan nie

Nie net maak The Black Keys great musiek nie, maar hulle het ook 'n sin vir humor. Die video vir "Tighten Up" wys dat hulle 'n sin vir humor het. Die video speel af met klein Patrick en klein Dan wat op 'n speelgrond kompeteer vir 'n klein meisie se aandag. Dit is snaaks vir die ouens, en 'n snaaks/cute combo vir die dames.

Patrick Karney het ook so ruk terug op Twitter gesê dat hy nie dink Justin Bieber verdien 'n Grammy/Emmy/Ander award wat fokol beteken nie. Dit het veroorsaak dat Justin se fans vir Patrick begin bomb het met insults en sy replies op van die insults was fokken snaaks. Jy kan vir Patrick Carney op Twitter vind onder @patrickcarney.

Patrick Carney Tweet

Enjoy die video en lekker luister na The Black Keys.

Page 4 of 34« First...23456...101520...Last »
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers