Star Wars Burlesque

Hier by gevaaalik.com like van ons nogal die geek goed. Games, Comics, Zombies en allerhande ander geek goed. Star Wars is een van daardie goed. Ons hou ook van gevaaalike dames. Dit is hoekom Star Wars Burlesque vir ons soos 'n blink plan klink. Star Wars Burlesque is verseker om jou 'n geek boner te gee. Check die video hier onder.
Vrydag Bederf proe soos nog
Vrydag Bederf is terug waar dit moet wees, op 'n Vrydag. Het julle geweet dat 15 mense 'n jaar gaan dood oor coconuts op hulle koppe val? Maar ons maak nie coconuts illegal nie. Dink daaroor.
Eerlikwaar het ek nie veel om te sê nie. Ek hoop vandag gaan vinnig verby sodat die naweek kan begin. Geniet die week se Vrydag Bederf.















Die cheerleader, die zombies, en die kettingsaag

Juliet Starling het 'n probleem. Eintlik het sy 'n paar probleme. Die grootste probleem, wat ook die oorsaak van al haar ander probleme is, is dat haar voormalige hoërskool oorgeneem is deur zombies. Wat hierdie probleem nog erger maak, is dat die zombies daar is as gevolg van Juliet se ou mede-skolier, die goth-towenaar Swan. En goths suck ass in elke fokken galaxy. Gelukkig laat dié cheerleader haar nie sommer onderkry nie, en hark sy haar kettingsaag nader. Waarvan praat ek? Lollipop Chainsaw, eersdaags op Xbox 360 en Playstation 3.
Juliet se trusty sidekick is haar boyfriend Nick se lewende, pratende kop. Nadat 'n zombie hom gebyt het, het Juliet geen ander keuse gehad as om Nick se kop af te kap nie. Hy mag dus nie meer arms, bene, of enige ander liggaamsdele hê nie, maar ten minste kon hy sy siel behou. Die oogmerk van die game is redelik straight forward. Jy het 'n chainsaw, en daar is zombies in die skool wat nie daar moet wees nie. Yeah, that's about it.
Vir meer info, check die trailer hier onder, of besoek Lollipop Chainsaw se website. Die game verskyn in Junie vanjaar.
Facebook is vol onnosel mense
As jy enigsins al op Facebook was sal jy weet dat daar hordes onnosel mense is wat Facebook gebruik - en jy is vriende met baie van hulle. Mense like van grens op Facebook en hulle like ook van probeer slim wees op Facebook. Hier is so 'n paar voorbeelde van onnosel mense wat Facebook gebruik. As jy wil hê Facebook moet meer interessant wees, "like" net ons Facebook page. Neem screenshots van jou vriende se onnosel Facebook status updates of simpel foto's en stuur dit vir ons, dan sit ons dit in on GevreetBiblioteek. Ons sal alle name en gesigte uit blur en jou anoniem hou. Vir inligting oor waarheen om jou vreinde se onnosel Facebook kak te stuur, besoek gerus ons KONTAK ONS page.



Fails uit April 2012
Die is gewoonlik Joe se ding. Hy is tans bietjie besig. Dus help ek hom maar uit. Hier is die TNL fails compilation van April 2012. Watter fail is jou gunsteling?


