Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

20Aug/120

Beast – Fill the Hole

Posted by Ruan Stix Fourie

As jy nog nie Beast ken nie dan is jy duidelik nie 'n groot fan van SA musiek nie. Beast bestaan uit Inge Beckmann (van Lark) op vocals, Louis Nel en Rian Zietsman (altwee van Taxi Violence) altwee op bass en Sasha Righini (The Plastics) op dromme.

Die einderesultaat van die muso's wat saam musiek begin maak het is 'n mengsel van psychedelic rock 'n roll met meer energie as wat 'n raging bull op speed het. Dit is werklik iets uniek wat nog nooit uit Suid-Afrika se musiek scene gekom het nie. Dit is great en ek love dit, maar tot dusver kon jy nog net jou fix kry as jy Beast iewers live kon sien. Dit is nou 'n probleem van die verlede want hulle het uiteindelik "Fill The Hole" op die interweb bekendgestel, en ons kan dit nou luister soveel as wat ons wil.

Ek fokken dig die live studio recording klank. Dit help om die energie van Beast se live shows in mens se ore in te pomp as jy die song luister. Well done beast en ek kan nie wag om julle ouens weer live te sien en op die podcast te kry nie!

Tagged as: , No Comments
17Aug/120

Slipknot – Before I Forget

Posted by Ruan Stix Fourie

Vandag is Vrydag, maar vir een of ander rede vind ek myself in 'n Slipknot binge. Dit is kwaad, dit is agresief, dit is wreed en dit is great. Dus het ek gedink om bietjie die Slipknot met julle te deel. Niks ernstig soos "The Heretic Anthem" nie. Wat van eerder bietjie "Before I Forget".

"Before I Forget" is vanaf Vol. 3 The Subliminal Verses, Slipknot se derde vol lengte album. Dit is 'n great song en die video is ook befok want al die ouens het nie hulle maskers aan wat hulle gewoonlik aan het nie. Tog sien jy nogsteeds nie hulle gesigte heeltemal nie.

15Aug/123

Tom Waits – Hell Broke Luce

Posted by Ruan Stix Fourie

Tom Waits is 'n Amerikaanse musikant met 'n baie unieke styl. Sy musiek is vreemd, maar great terselfdetyd. Sy stem is ook uniek, dit klink asof sy stembande uitgehaal is, agter 'n bakkie op 'n grondpad gesleep is, toe opgehang is oor 'n vuur waar tabak gebruik is om die vuur aan die gang te hou en toe is sy stembande teruggesit in sy keel.

Hierdie is een van Tom Waits se songs, genaamd "Hell Broke Luce", en ja, "luce" is die regte spelling. Die video is baie trippy en donker. Ek love die song en kan nie ophou om daarna te luister nie. Check die video hieronder en laat weet my in die comments wat julle daarvan dink.

3Aug/120

Rage Against The Machine – Sleep Now In The Fire

Posted by Ruan Stix Fourie

Rage Against the Machine is een van die coolste bands wat daar al was. "Sleep now in the Fire" is nie my favourite RATM song nie, maar die video is awesome. Rage Against the Machine was 'n baie politisie of anti-instansie band. Zack de la Rocha (die vocalist) was so anti-instansie dat dit op die ou einde gelei het tot die opbreek van die band want die ander lede het gatvol geraak om musiek te maak wat heeltyd oor die selfde goed gaan. Hence het ons toe Audioslave later gekry waar Zack de la Rocha vervang was met Chris Cornell.

Ek verkies nogsteeds RATM bo Audioslave, maar ek het al by menigde braaie agtergekom dat daardie denkwyse nie die populêrste manier is van dink oor die twee bands nie. Ek voel 'n fok, RATM is awesome en Audioslave is cool. As ek net een van die twee kan kies om op my iPod te hê sal dit elke keer RATM wees.

Kom ons skop die naweek reg af met "Sleep now in the Fire". Get your revolution on!

2Aug/121

Crystal Castles vs Skrillex – The Intimate Devil’s Den

Posted by Ruan Stix Fourie

'n Hele ruk terug het ons vir julle Crystal Castles se gevaaalike tune "Baptism" gewys. Ek is 'n groot fan van Crystal Castles. Oor die algemeen is ek meer 'n rock en metal ou, maar so nou en dan is ek lus vir party en dancytechnodupstep tunes. Crystal Castles is een van die electro bands wat ek altyd sal luister en Skrillex het ook altyd 'n plekkie op my mix tape.

Crystal Castles vs Skrillex

Nou het iemand Crystal Castles se "Intimate" en Skrillex se "The Devil's Den" bymekaar gegooi en ek moet sê ek hou van die resultate. Ek het die outjie vanoggend heelpad kliphard in my kar geluister want vandag voel vir my soos een van daardie party dae! Pump up the volume en begin sommer die party bui nou al op 'n Donderdag oggend. Wat dink jy van "The Intimate Devil's Den"?

1Aug/124

Fokofpolisiekar – Swanesang die unsung South African hero van musiekalbums

Posted by Ruan Stix Fourie

In 2006 het Fokofpolisiekar Swanesang bekendgestel. Minwetend was die album ook werklik die swanesang van Fokofpolisiekar. As jy gelukkig genoeg is om Fokofpolisiekar en Swanesang te ken, is jy een van ‘n klein persentasie mense in die wêreld wat hierdie asemrowende album kan waardeer. Ek het nou die dag weer na die album geluister en aangesien dit uitgekom het lank voordat ek musiek reviews begin doen het, het ek besluit om nou 'n review te doen van Swanesang.

Ek gaan nie om die bos tos nie. Swanesang is een van die beste albums wat die wêreld se klankgolwe nog ooit verryk het. Swanesang verdien sy plekkie tussen ander great albums soos Song for the Deaf, Master of Puppets, Ænima, Californication, Back in Black, Led Zeppelin II om net ‘n paar albums te noem wat elke rock fan in sy collection moet hê.

Vanaf die opening track, “Morningstar, Durbanville”, is dit duidelik dat jy in is vir nie net ‘n Suid-Afrikaanse meesterstuk nie, maar ‘n meesterstuk van ‘n global scale. Die album is vol songwriting soos daar nog nooit gesien is in Suid-Afrika nie. Dit is ook duidelik dat die vyf ouens wat saam Fokofpolisiekar is met hierdie album nie meer net vyf laaities is wat musiek maak nie, hulle is nou vyf musikante wat saamgespan het om uit te gaan op ‘n hoë noot.

“Heiden Heiland”, “Proritiseer” en “Brand Suid-Afrika” is die rock waarvoor Fokofpolisiekar bekend is. Dit is hard, dit is in jou gevreet en dit hou met trots die middelvinger hoog in die rigting van die establishment. Maar daar is rustiger songs ook. “Ek Skyn (Heilig)” is ‘n ballad wat nie net die rock fans en Fokofpolisiekar fans kliphard aan die saamsing het nie, maar dit het ook diegene wat Fokofpolisiekar as vyande van die kerk laat lyk het aan die sing.

“Na twee uur kan niks goed gebeur nie” en ”Wees bly jy is vry, jy’s gefok so nou fok jy ons, jou merke sal getuig van aktiewe wanhopigheid” is net van die liriese wysheid wat op die album is. Daar is nie ‘n beter stem om lewe te gee aan hierdie lirieke as die stem van Francois van Coke nie.

Op die einde van die dag sal die res van die wêreld nooit Swanesang waardeer vir wat dit is nie. Ongelukkig is Swanesang in Afrikaans en dit tel baie teen die album. Aan die ander kant is dit ‘n goeie ding, want eendag as ek die album vir my kinders speel gaan hulle net so amazed wees soos wat ek was toe ek Swanesang of Led Zeppelin II die eerste keer gehoor het. Die feit dat Swanesang ‘n Suid-Afikaanse band en Afrikaanse album is maak die album net meer spesiaal.

As jy nog steeds nie Swanesang deel gemaak het van jou musiekversameling nie stel ek voor jy doen dit eerder nou as later.

Page 15 of 34« First...510...1314151617...202530...Last »
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers