Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

6May/130

Avenged Sevenfold – Scream Live In LBC

Posted by Ruan Stix Fourie

Avenged Sevenfold live on stage

Vandat ek so paar weke terug 'n Avenged Sevenfold video gedeel het hier op gevaaalik.com het daar baie van die gevaaalik.com lesers na vore gekom om te wys dat hulle ook fans is van die band. Vanoggend het ek 'n mail van Arné Pretorius gekry en daar is toe aan my verduidelik dat dit nie net 'n awesome live video is nie, maar dat daar ook gevaaalike dames in die agtergrond is van die video. Hoe groot doos sal ek dus wees as ek dit nie met julle deel nie?

Dankie vir al die e-mails, Tweets en Facebook boodskappe. Die gevaaalik.com lesers is befok!

3May/131

Jeff Hanneman van Slayer dood op 49

Posted by Ruan Stix Fourie

Dit is 'n hartseer dag vir metal musiek fans die hele wêreld deur. Jeff Hanneman, guitarist van Slayer, is gisteraand dood op 49 van lewerversaking. Hanneman was die musical genuis agter songs soos “Raining Blood” en “Angel of Death”. Hy was ook een van die founding members van Slayer, saam met Kerry King.

Jeff Hanneman saam met James Hetfield van Metallica

Jeff Hanneman saam met James Hetfield van Metallica

Slayer was en is vandag nog een van die groot vier thrash metal bands saam met Metallica, Anthrax en Megadeath. Jeff het die laaste jaar baie gesukkel met su gesondheid na hy deur 'n giftige spinnekop gebyt is. Slayer is een van die bands wat deel was van my eerste blootstelling aan metal. Die beste tribute wat ek aan kon dink is om 'n video van Slayer wat "Raining Blood" live speel hier te post vandag. RIP Jeff Hanneman.

'n Gevaaalike leses het die video voorgestel ook:

Tagged as: , 1 Comment
2May/136

Killswitch Engage – My Curse

Posted by Ruan Stix Fourie

Binnekort gaan die band baie meer "wit" voorkom

Binnekort gaan die band baie meer "wit" voorkom

Killswitch Engage gaan nie dieselfde wees sonder Howard Jones (vox) nie. Hy sal gemis word maar ek kan nie wag om die musiek van sy nuwe projek te hoor nie. Die vraag is nou of Killswitch Engage sal kan werk sonder Howard Jones se unike vocals. Die nuus was 'n bitter pil om te sluk vir meeste metal fans. It was good while it lasted.

Hier is Killswitch Engage se video vir "The Curse". Gaan Killswitch Engage dit maak sonder Howard Jones?

Tagged as: 6 Comments
2May/137

Rob Zombie – Dead City Radio And The New Gods Of Supertown

Posted by Ruan Stix Fourie

Rob Zombie is 'n bad ass motherfucker. Vir 'n paar redes: Hy maak great musiek, sy live performances is al vergelyk met die greats van "shock-rock" soos Alice Cooper en Marilyn Manson, en hy is ook agter die beste 3 horror movies van die laaste 10 jaar.

Rob Zombie - Dead City Radio And The New Gods Of Supertown

Rob Zombie se nuwe album het op 23 April 2013 verskyn onder die naam Venomous Rat Regeneration Vendor. Die eerste single is "Dead City Radio And The New Gods Of Supertown" en dit is 'n awesome track. Dit klink vreemd om te sê, maar die song is baie groovy, het 'n baie funky rhythm.

As jy nie 'n fan is van rock/metal (lees goeie musiek) dan sal jy vandag op gevaaalik.com jouself geniet. Check nou nou terug vir bietjie Killswitch Engage. Intussen kan jy na "Dead City Radio And The New Gods Of Supertown" luister. Wat dink jy van Rob Zombie se nuwe single?

Tagged as: 7 Comments
30Apr/130

Wolfmother – Woman/Love Train

Posted by Ruan Stix Fourie

Wolfmother is 'n awesome band uit Australia. As jy hulle nog nie ken nie hier is 'n baie goeie beskrywing van Wikipedia af:

Chris Nixon of the San Diego Union-Tribune also responded favourably to the band's rock sound comparing it to "the pre-punk angst of MC5 and Steppenwolf's hard-edged psychedelia" and that they add "sparkle with modern recording techniques", comparing them with Kyuss, early Queens of the Stone Age.

Baie van die ouens is nie meer in die band nie, maar ek like die foto

Baie van die ouens is nie meer in die band nie, maar ek like die foto

Wolfmother ken sukses nou al vir 'n paar jaar. Hulle het al 'n Australian toer gedoen saam met AC/DC. Ek dink Wolfmother is awesome en ek het hulle Cosmic Egg album was vir my een van die beste albums van 2009. Jy kan die Cosmic Egg album nou deur Kalahari.com koop vir net R66.95, click net hier.

Hier onder is 'n video met "Woman" en 'n stukkie van die song "Love Train". Wat dink jy van Wolfmother?

23Apr/130

Niks te Diep Nie

Posted by Ruan Stix Fourie

Die poster sê basies alles. Duidelik hou jy van Afrikaans anders sou jy nie hier gewees het nie. Nou kan jy jou liefde vir Afrikaans kombineer met jou liefde vir 'n goeie tyd en jou liefde vir drank. Goeie tye. As jy dus iets soek om te doen wat moerse fun gaan wees op 30 April 2013, stel ek voor jy join vir @elsapelsjas en haar tjommies by "Niks te Diep Nie". Die fok weet as ek nader gebly het was ek ook daar.

Die Skynmaagde gaan ook optree. Lees net die poster.

Niks te diep nie

Tagged as: No Comments
Page 2 of 3412345...101520...Last »
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers