Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jack Parow – Boepens Vark

Vandag het ek Jack Parow se nuwe album gekry. Ek is die laaste paar dae in ‘n zone van werk, en graft en konsentreer. ‘n Zone wat nog al die pad gefeul is deur Villains van QOTSA en Heaven Upside Down van Marilyn Manson. Nie juis die upbeat tipe stuff wat my vrou eerder sou wil hoor nie.

Boepens Vark van Jack Parow

Party sal sê dit is omdat ek 19 dae in my nigterheids eksperiment in is. Dit is waar ook, ek kan net nie besluit omdat ek harder werk omdat ek nigter is, en of ek net harder werk om te vergeet hoe lus ek is vir ‘n dop en ‘n trek nie.Al wat ek verseker weet is ek slaap die laaste week minder: 4 ure en 21 minute, volgens my MiBand. Blykbaar steeds beter gelsaap as 10% van die mense daar buite. Ek voel goed, maar ek kort duidelik ook bietjie lag en iets meer upbeat om na te luister as dit waarna ek nou al vir 5 of 6 weke na luister.

Die duiwel kyk mooi na sy kinders, en vandag het ek Africa 4 Beginners gekry van Jack Parow. Ja, die album is al vir ‘n rukkie uit, en was al selfs nommer 1 op iTunes. Ek sê jou mos ek het lanklaas die son gesien, ok. Moet my nie vra hoe ek die “Boepens Vark” video gemis het op YouTube nie.

Ek weet nie hoe gaan my vrou voel oor die nuwe tunes wat nou deur die huis gaan bons nie. Hey, sy het gevra vir iets meer upbeat. “Moet maar eerder nie die album luister terwyl jou ouma of kinders​ saam met jou in die kar is nie.” sê die briefie saam die album. Dit is mos hoe ek my musiek like. Het jy al Marilyn Manson gehoor en gesien? My ouma like dit ook nie.

Meer oor die hele album as ek klaar na dit geluister het, so paar keer, op repeat. Sover het ek al reeds my gat af gelag. ‘n Fokken welkom change.

Check solank “Boepens Vark” se video, wat jou ook sal laat lag.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *