Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

20Jul/112

Stoute Boudjies

Posted by Ruan Stix Fourie

HUMP DAY! KLEIN VRYDAG! Altwee baie simpel name vir die dag wat almal ken as Woensdag, of as jy gevaaalik.com baie besoek dan ken jy Woensdag as Stoute Boudjies Dag. So wie is ek nou om nie jou Stoute Boudjies vir jou te gee op die Woensdag nie? Van vandag af is dit nog net 15 dae tot Oppikoppi Unknow Brother. Ek is seker ons gaan baie van julle daar sien.

Geniet die Stoute Boudjies.

13Jul/110

Stoute Boudjies

Posted by Ruan Stix Fourie

Die week het ek absoluut fokol om te sê. So sonder om verder rond te fok, hier is die week se Stoute Boudjies.

6Jul/110

Soute Boudjies op Hump Day

Posted by Ruan Stix Fourie

Meeste van julle weet seker nou al dat Chevelle nie meer Oppikoppi toe kom nie. Hulle skedule is blykbaar te vol met hulle nuwe album wat hulle besig is om te record om 'n show in Suid-Afrika te kom speel. Wel fok hulle, die party sal aan gaan. The Used is nou die nuwe international act wat by Oppikoppi gaan speel. Die emo kinders is baie opgewonde, ek aan die ander kant not so much. Gelukkig gaan daar so baie ander SA acts wees dat Oppikoppi steeds befok gaan wees.

In ander nuus. Vandag is die dag wat SA Music Zone ook gelaunch is. Dit is 'n SA musiek blog wat vir jou al die nuus oor SA musiek gaan bring. Including maar nie limited tot gigs, videos, foto's van live shows, interviews en nog vele meer. So gaan check dit uit.

Maar as jy nou hartseer is oor Chevelle wat nie meer kom nie kyk gerus na die week se Stoute Boudjies en dit sal jou dadelik laat beter voel.

1Jul/110

Vrydag Bederf, Innibos Fees en gevaaalike t-shirts

Posted by Ruan Stix Fourie

Yes! Dit is Vrydag en Innibos Fees hier kom ons! Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Tidal Waves om maar net 'n paar te noem. Dit gaan befok wees.

Ons het ons eerste spul gevaaalik.com t-shirts gekry. Heavy limited edition bra. Ons werk nog aan 'n plan hoe ons van die hemde gaan ontslae raak. Wat ek wel vir jou kan vertel is dat as jy ons Facebook Fan Page gaan "like" staan jy 'n kans om een te wen. Ongelukkig moet ons 'n sekere hoeveelheid "likes" hê voor ons die hemp kan weg gee aan een van die mense wat die page like, maar jy kan help duer dit te suggets aan jou tjommies op Facebook. So bietjie comments en likes ens. maak ook nie seer nie (tip).

Hier is die Vrydag Bederf met so ietsie ekstra.

29Jun/110

Stoute Boudjies

Posted by Ruan Stix Fourie

Woensdag. Die week kruip vir my vreeslik stadig verby. Seker oor ek so opgewonde is oor die naweek se Innibos Fees en die gevaaalik.com t-shirts wat ons Vrydag in ons pote gaan hê. Wat het die week al gebeur wat ons oor kan praat. Niks veel nie. Eskom steel ons geld en verkondig dit aan ons deur te brag oor hul salaris verhogings. Een van my goeie vriende werk vir Eskom en hy beter begin betaal vir die branna's en coke.

Anders as dit het ek nie veel te sê vandag nie, behalwe dat ek nie kan wag vir die naweek se party by Innibos nie. Ek hoor CTM het al 'n paar trokke van dwarsdeur Suid-Afrika begin stuur Nelspruit toe.

Geniet die week se Stoute Boudjies.

 

22Jun/110

Stoute Boudjies

Posted by Ruan Stix Fourie

Hos, al julle gevaaalike lesers. Hierdie week is weereens halfpad en die naweek lê net oor die bult. Ja, van vanmiddag so 12 uur se kant is dit down hill all the way. En wat sal Woensdag nou wees sonder jou weeklikse dosis Stoute Boudjies? Woensdag word nie verniet humpday genoem nie. Hier by gevaaalik.com gee ons jou lekker humps om na te kyk. Maar eers...

Ek lees gister dat die director van die nuwe James Bond fliek ook binnekort SA toe kom om "locations" te scout. Die wêreld begin Suid-Afika duidelik al hoe meer raaksien. Daar is ook die nuus van Oppikoppi "Unknown Brother" wat gister bekend geword het. As jy nog nie weet van die nuus nie, kan jy maar na hierdie artikel kyk wat ek oor Oppikoppi 17 gedoen het. Meer en meer kwaliteit international acts begin nou SA betree - en dit maak elke music fan se hart bly.

Genoeg kak gepraat. Hier is dit waarvoor jy gekom het. Of gaan kom. Whatever. Stoute Boudjies.

Page 20 of 24« First...51015...1819202122...Last »
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers