Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaaliKruger – Demone uit jou binneste haal

Dankie aan King Price se hulp, wat hierdie trip vir ons moontlik gemaak het.

As jy nie wil lees nie, maar eerder wil luister hoe ek en Sven praat oor ons eerste dag in die Kruger, kan jy net na die podcast hier onder luister. As jy wil lees, check onder die podcast.

Ek het al stories gehoor, vreesaanjaende stories: In die Amazon gee ‘n shaman jou ‘n konkoksie wat hy self gekook het. Binne die konkoksie is ‘n versameling plante wat die woud aan die shaman vertel het om saam te kook. Ek wonder wat sou die Amazon my vertel het?

Wanneer jy die konkoksie drink gebeur daar oor ure ‘n verskydenheid van ongemaklike dinge met jou. Vir sommige arme siele, is die ondervinding meer intense en geweldadig. Soms sien jy verskriklike dinge, dinge wat geen normale mens wat vreemde konkoksies in die Amazon drink moet sien nie. Soms “cleanse” jou lyf homself, en dan begin jy onophoudelik en geweldadig die “cleanse” se afskiet uit kots.

Dit alles gebeur vir ‘n goeie rede.

Na jou avontuur in die Amazon saam met die shaman, is jy ‘n beter mens. Ek het dit al gehoor van nie net een nie, maar meer as sewe gemorsmense wat op so avontuur was.

gevaaaliKruger begin met ‘n “cleanse”

In Sven se geval het hy verseker in ‘n beter mens verander na sy “cleanse”, want tydens die “cleanse” het dit swaar gegaan met die eingste een van ons twee wat weet hoe al die onnodig duur kameragereedskap agter in ons Pajero werk. Ons was nog nie eers weg by Sven se huis nie, toe begin sy “cleanse” in sy tuin oppad uit. Van daar, tot so 4 ure later het Sven demone uit sy binnestes gekry, deur te kots asof hy kwaad is.

Ek weet nou nog nie wat dit veroorsaak het nie. Eers het ek gedink dat Sven maar net buitenature opgewondenheid toon vir die feit dat ons vir ‘n week na die Krugerwildtuin gaan. Nou wonder ek of Sven ooit regtig weet wat gebeur het met hom, hy noem dit eenvoudig: Galaanval. Dit is nie die eerste keer wat dit met Sven gebeur het nie, die keer was hy net in ‘n kar oppad na die Kruger Nasionale Park. Ek moet ‘n nota maak om vir Sven te sê om ‘n dokter te gaan sien oor sy Galaanvalle.

Ons was net deur Witrivier toe Sven weer begin praat met my eerder as wat hy heeltyd buite die kar met demone praat. Ons moes ses keer stop vir Sven se geselsies met sy donker vriende, en met elke gesprek was daar meer geweld en meer geraas. Toe ons eers stop by die Numbi hek van die Krugerwildtuin is die demone weg, hul lyke verstrooi al langs die N4 hoofweg.

gevaaaliKruger (2)

Vars lug doen wonders vir die siel

Die Krugerwildtuin is ‘n reusagtige plek, waar jy kan loer deur ‘n sleutelgat na hoe die natuur was voor mense dit begin suur maak het vir almal. Die park is groot: 19 485 vierkante kilometer.

gevaaaliKruger (12)

Van Noord tot Suid is daar 360 kilometer se wildernis waarin jy maklik sal verdwyn. Van Oos tot Wes 65 kilometer waar mense kan verdwyn soos ‘n naeld in ‘n hoop hooi. Nie net sal jy verdwyn nie, maar as die natuur se wil op jou afgedwing word gaan jy verdwyn sonder dat daar ‘n stukkie van jou oorbly. Jy sal die park ingaan as ‘n mens op voet, en jy sal daar bly, niks meer as leeu, hiëna en assvool drolle nie.

Ons sien heel eerste ‘n roofvoël, die Bateleur. Op een slag sink dit in dat ons nou in die wildernis is. Iets word gejag en vermoor in die park elke dag. Die lug is vars, bosveld vars, en my en Sven se gemoedstoestand hou aan styg met elke kilometer wat ons in die park in cruise. Die spoedlimiet is 50 kilometer per uur, en ons ry die meerderheid van die tyd stadiger as dit.

gevaaaliKruger (8)

Die wildernis is goed vir ‘n mens se siel. In elkeen van ons is ‘n onverbreekbare verbond met die natuur. Daar is een reël wat niemand kan breek of buig nie. Dit is nie net ‘n reël vir mense nie, dit is ‘n reël vir elke ding op hierdie planeet, en in hierdie eindelose heelal, sover as wat ons weet. Dit is almal en alles se verbond met die natuur:

Jy sal lewe, en jy sal doodgaan

Daardie verbond is meeste mense se nommer een vrees, maar dit is ook hoekom jy voel asof daar ‘n gewig van jou skouers af is as jy in die wildernis is.

Teen ons aankoms by die Pretoriuskop ruskamp is moral in die Pajero so hoog soos wat dit kan kom sonder die hulp van ‘n kopdokter en ‘n apteker. Sven duik vir ‘n Wimpy breakfast na sy fisiese geveg met jy demone vroër die oggend. Die Wimpy is aangenaam en die winkel in die ruskamp het alles wat jy nodig sal hê op ‘n vakansie in die Krugerwildtuin. Selfs ‘n paar van die benodighede wat ons kort is te koop: ‘n houtbord, ‘n kamperings-kragpunt-prop (ek het daardie woord nou 100% opgemaak) en ‘n ekstra lead om krag by ons tent te kry.

Welkom by jou huis vir die volgende 2 dae

gevaaaliKruger (9)

Pretoriuskop se kampterein is klein, maar ons kry ‘n lekker spot reg langs die draad. Soos mans op ‘n missie kry ons ons kamp op sodat ons weer terug in die Pajero kan spring en uit die ruskamp kan kom. Ons is immers hier om nie net die wildernis te voel in ons geestesoog nie, ons wil dit sien ook. Ons wil die Krugerwildtuin eerstehands beleef. Die groot vyf en meer ander cool goed as wat ek vingers het of aan kan dink. Om ‘n roofdier te sien iets jag en vang sal meer wees as wat ons voor kon vrae.

gevaaaliKruger (10)

Weer op die pad, besluit ons om te stop by ‘n dam waar daar 6 olifante in die water speel. Ek is stomgeslaan aan hoe menslik dit is hoe die olifante met mekaar speel. Hulle druk mekaar onder die water, soos mense ook maak in ‘n swembad. Daar is selfs die boelie wat sy gewig bietjie rondgooi.

gevaaaliKruger (11)

gevaaaliKruger

Die TV en die BBC het ons kinders van die 80s geprogrameer om die roep van ‘n visarend dadelik te verbind met die bosveld. Dit is ‘n 50/50 ding. Langs die dam in die Krugerwildtuin kry die kinders van die 80s toe die visarend se roep. ‘n Parmantige visarend wat besluit om op die groepie jong olifante af te vlieg.

gevaaaliKruger (4)

gevaaaliKruger (3)

Die boelie in die groep olifante hanteer nie die uittarting van die visarend goed nie. Daar word getrompetter en heen en weer gespat soos die olifant sy stem probeer dik maak vir die visarend. Net soos met road rage help dit niks en word nie olifant op die ou einde toe maar net verneder oor hy sy poppe so uit sy kot gegooi het. Dit maak die olifant nog meer kwaad en soos die olifante die dam verlaat storm die boelie op twee gaanse af wat ook langs die water sit.

gevaaaliKruger (5)

gevaaaliKruger (6)

gevaaaliKruger (7)

Weereens kry die boelie niks reg nie. In olifant terme het hy seker ‘n klein tottie.

Alle foto’s onder kopiereg van Sven Claassen.

King Price gevaaalik.com

Kar, kameras, laptops, kameralense, selfone, GoPros is alles moer duur equipment wat ons moes gebruik om die trip te probeer document, vir julle. King Price het #gevaaaliKruger moontlik gemaak. Hulle is ook gaaf genoeg om ‘n free quote vir gevaaalik.com se ondersteuners te doen as jy hier click. Los net jou naam en jou nommer en hulle sal vir jou ‘n goedkoper opsie gee op jou versekerings polis, en dan help jy vir gevaaalik.com ook. Dan kan ons meer sulke cool stuff doen vir julle.

Vir meer gevaaaliKruger:

You may also like...

7 Responses

  1. July 25, 2016

    […] Daar is nie internet in die Krugerwildtuin nie, as jy by Vodacom is, dan kan jy miskien 3G vang by die ruskampe, maar met MTN het jy net Edge, en dit werk glad nie. Dus kon ons niks van ons trip op die site kry tot ons terug in Pretoria was nie. Dus sal jy die week ons trip kan volg. Spoiler alert: Dit was awesome! […]

  2. July 26, 2016

    […] gevaaaliKruger – Demone uit jou binneste haal […]

  3. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Demone uit jou binneste haal […]

  4. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Demone uit jou binneste haal […]

  5. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Demone uit jou binneste haal […]

  6. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Demone uit jou binneste haal […]

  7. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Demone uit jou binneste haal […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *