Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Mense wie lééf op Dinsdagram

Hierdie week op Dinsdagram fokus ons op mense wie kick ass lewens lei.  Hierdie mense ken nie daai sielsdodende gevoel wat mens kry as jy die laaste twee ure in die kantoor wegwens nie.  Jy het werk, maar jy kan jouself net nie bring om dit te doen nie.  Jy surf eerder rond en kom af op kak soos hierdie, né mannetjie?  Kom ek laat jou so goed voel oor jou “lewe” soos ek nadat ek hierdie mense se fotos en videos gekyk het.

Mike “Rooftop” Escamilla – @mikeescamilla

Screen Shot 2016-06-27 at 6.37.23 PM

Ek neem aan hierdie ou is ‘n pro bmx dude, man. Ek kry nie ‘n Wikipedia page vir hom nie, wat eienaardig is. Ek kry ook nie enigiets oor hoekom dit die geval is nie, want ek het nie gesoek nie en gee nie om nie.

Dit kom voor asof hy op alle interweb media is, en dit lyk of hy lewe soos ‘n boss en betaal word daarvoor. Sky-diving, cool bmx videos, bungee en mooi plekke besoek is lyk my aan die orde van die dag vir Mike. En hy het ‘n ou 3 wiel motorfiets waarop hy toertjies doen terwyl sy dogtertjie sonder ‘n helmet saamry, nice.  Sy vrou is ook heel smaaklik. Volg hom by @mikeescamilla.

Ryan Sandes – @ryansandes

Screen Shot 2016-06-27 at 9.28.59 PM

Ek dink nie Ryan Sandes kry genoeg erkenning in ons land nie. Fuck knows why. Ryan is basies die beste landloopatleet in die wêreld. Landloopatleet klink bietjie soos Mediasentrumprefek of Padpatrollie, so kom ons noem hom eerder ‘n Trail Runner.

Hierdie ouens hardloop staproetes in berge, heel kens en ook verskriklik hardcore. Hy het die Drakensberg Grand Traverse, een van die top 5 gevaaalikste hikes ter wêreld wat normaalweg so 2 weke neem om te stap, in 42 ure gehardloop saam met Ryno Griesel. Gaan kyk hier vir ‘n video en artikel op Red Bull se webtuiste as jy ‘n beter idee wil kry van wat hulle vermag het. Volg hom by @ryansandes.

The Outdoor Adventurer – @theoutdooradventurer

Screen Shot 2016-06-27 at 9.43.02 PM

Hierdie is ‘n ou wat seker in Noorweë bly. Dis lekker want die lug is skoon daar, en ek het onlangs gehoor dat die gemiddelde volwassene se cholesterol laer as ‘n pasgebore baba is. Op ‘n relevante punt – hy neem mooi fotos van mooi plekke wat hy gaan verken in Noorweë.

Hy post ook ander ouens se soortgelyke fotos, soos die een hierbo. In sy bio sê hy “All original photos” – ek weet nie wat dit in Noorweë beteken nie maar hierso beteken dit dis jou eie werk, wat uit die aard van die saak nie die geval is nie. Sy fotos van Noorweë bly egter ongelooflik en maak my nog meer lus om daar te gaan kuier. Volg The Oudtoor Adventurer by @theoutdooradventurer.

Fernie – @nomadhiker

Screen Shot 2016-06-27 at 10.10.14 PM

Jy kort nie baie followers of geld om te lééf nie pappie. Gaan kyk gerus wat Fernie in sy spaartyd doen. Ek het hom nou nie gaan interweb stalk nie, en met minder as 1600 followers dink ek nie ek gaan iets kry nie, maar wat hy doen lyk vir my bobaas teenoor hierdie wit muur en skerm voor my.

As ek filosofies wou wees sou ek iets sê soos “die lewe is daar buite, gaan leef dit” of dalk “Carpe Diem”.  Dit is egter nogals gevaaalik om te gaan berge klim en sulke stuff, en die lewe in die stad is darem maar so gerieflik, snoesig en warm. Mens se voetjies raak so mooi sag hierso! Volg vir ou Fernie by @nomadhiker.

Liam Miscellaneous – @waverider_

Screen Shot 2016-06-27 at 9.14.15 PM

Hierdie een het ek net bygesit omdat ek gelag het daarvoor. Hy lééf verseker om ons te laat lag, en dit kry hom op die lys. Hierdie is Liam Miscellaneous – hy het “Instafame” bereik deur fotos van celebs op ‘n moerse cheap manier na te maak.  Jy kan vir Liam volg by @waverider_. Gaan lag ‘n bietjie vir sy goed, hier is nog een:

Screen Shot 2016-06-27 at 9.18.23 PM

Gaan follow vir Stix by @gevaaalikdotcom.  Moet my asseblief nie volg by @sventasties nie, want dit maak my ongemaklik.

 

You may also like...

1 Response

  1. June 30, 2016

    […] In die week se Dinsdagram wys Sven vir julle ‘n ander tipe Stoute Boudjies ook. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *