Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaaliKruger – Waar is daai luiperd?

Dankie aan King Price wat hierdie trip vir ons moontlik gemaak het.

Ons kon net sowel ons self lui-perde genoem het. Ons moes weer kamp afslaan want ons was oppad uit by Berg-En-Dal om by Skukuza uit te kom. Ons was vroeg op, maar nie vroeg genoeg nie. Ons het wel ‘n lekker breakfast vir ons gemaak en is so 08:00 uit by Berg-En-Dal.

‘n Buffel is nie bang vir veel nie

Ons het weer ‘n moerse trop buffels gesien. Hulle was besig om stadig deur die bosveld te beweeg, en jy kon hulle hoor. Ons kon nie al die buffels sien nie, maar ons kon hulle almal hoor, hulle steek nie weg waar hulle is nie. ‘n Buffel is nie bekommered oor veel roofdiere nie. Vir ‘n buffel is dit pretty much net leeus wat ‘n probleem kan raak, en selfs vir ‘n leeu is ‘n buffel nie ‘n maklike prooi nie.

Dag 5 in die Krugerwildtuin

As jy al ‘n buffel-jag van leeus gesien het op die TV of YouTube, sal jy weet dat leeus meeste van die tyd as ‘n groep ‘n buffel probeer plattrek. Jy sal ook weet dat buffels al ‘n hele paar leeus ore aangesit het wat probeer om bietjie buffel vir aandete te kry. Weereens kon ek nie help as met ‘n oop bek  te sit net oor hoe groot buffels is, en hoe scary hulle is, veral in so groot trop.

Krugerwildtuin Witrenoster

Kruger white rhino

Ons sien ook weer ‘n witrenoster. Elke keer wat ons ‘n renoster sien is dit soos ‘n “fok jou” vir die Chinese wat somehow steeds dink dat renosterhoring jou somehow ‘n paal gaan gee. Dit is 2016 en daar is nogsteeds mense wat dom genoeg is om te glo in ouvrou stories, wanneer daar goed soos Viagra en Cialis te koop is. Ongelukkig is poachers ook ‘n probleem in die Kruger Park. Ons was skaar terug toe ons die nuus hoor van ‘n gemorsmens veldwagter van die Kruger wat deel is van ‘n poaching ring. Die gemorsmens is gevang, en ek hoop hulle sny sy horing af, maal dit vyn en stuur dit vir wie ookal hy die renosterhoring aan sou verkoop het.

Vir party is die Kruger hemel, vir ander is dit ‘n toilet

Net so 10 kilometer van Skukuza af is die uitkykpunt Mathekenyane. Dit is ‘n moerse klip, of versameling klippe wat ‘n hele paar meter bo die omliggende omgewing uitstaan. Jy kan ry tot bo-op die uitkykpunt en daar mag jy uit jou kar uit klim. Toe ons daar kom was daar reeds drie game vehicles geparkeer en ‘n spul toeriste wat rondgestaan het op Mathekenyane.

Krugerwildtuin Mathekenyane

Kruger Mathekenyane

Al was ons dadelik afgesit deur die groep toeriste het ons besluit om steeds uit die Pajero te klim en om die uitsig te probeer geniet. Jy kan reg rondom jou ver oor die bosveld van die Kruger Park sien. Selfs in die droogte van die winter bly die bosvel ‘n mooi plek. Ons was daar vir so 5 minute toe die toeriste besluit om te waai. Dit is toe dat ek en Sven elke deel van die uitsig probeer explore het.

“Iets ruik soos ‘n publieke badkamer.” sê Sven vir my.

Ek lag en hou net aan loop. Ek het gedink Sven verbeel homself miskien en verwar bobbejaan of dier pee vir mens pee. Ek kon nie meer verkeerd gewees het nie. Agter ‘n klip bo-op die uitkyk punt sien ons wat Sven in sy neus gekry het so saam met die bosveld windjie: ‘n Effe versuilde deel van die uitkyk punt wat die toeriste as ‘n toilet gebruik het.

Dag 5 in die Krugerwildtuin (6)

Nie net het dit gestink van die pis nie, maar daar het toiletpapier en wet-wipes ooral gelê, net daar. Ek kan heeltemal verstaan dat jy  somtyds eenvoudig nie sal maak tot by ‘n badkamer nie. Veral nie na so paar Redbulls en ‘n paar ure in die kar nie. Maar as jy nou regtig moet pis iewers in die Kruger Park waar daar nie ‘n badkamer is nie, vat jou vuil toiletpapier waarmee jou jou stink-self afgevee het saam met jou. Dit is jammer dat almal wat die Kruger besoek nie regtig omgee oor die natuur nie.

Wanneer jou kamp 7de Laan word

Skukuza is die hoofkamp in die Kruger. Dus was ons nie regtig verbaas toe ons sien hoeveel mense daar was in die kampterein is nie. Ons het so paar keer in ‘n sirkel deur die kamp gery, op die uitkyk vir ‘n kamp-plekkie waar ons nie op iemand anders se stoep sou bly nie. Ons spot toe ‘n lekker plek om ons tent op te slaan, wat darem so bietjie verskuil was van die res van die mense in die kamp.

Skukuza Camp Kruger

Die beste manier om die spot te beskryf is as ‘n gang. ‘n Langwerpige kamp-spot met bosse aan beide kante wat ‘n natuurlike skerm tussen ons en ons bure gesit het. Die bome het ook regoor die spot gegroei, so dit was nie nodig vir ons om ons gazebo op te slaan nie, net tent en grondseil was uit.

Ons sou eers later daardie aand besef dat ons kamp-spot ‘n “bosveld TV” sou word vir een van ons bure. Die aand toe ons om die vuur sit het ‘n tannie langs ons besluit om haar stoel nader te sleep en die hele aand reguit te sit en staar vir ons. Sy het seker haar 7de Laan gemis en toe besluit sy dat ek en Sven maar haar 7de Laan vir die aand sal moet wees. Om te sit en loer vir jou bure is nie net weird nie, dit is ook nogal creepy. Gelukkig is ek en Sven nie die tipe mense wat omgee wat ander van ons dink nie, en het ons maar aangegaan asof die antie nie daar was nie.

Na ons ons tent opgekry het en meeste van ons goed afgepak het by ons kamp, het ons weer in die Pajero gespring om die res van die daglig ure te vang buite Skukuza.

Diere is lui deur die middel van die dag

Dit word warm in die Kruger. Dit is die middel van die winter maar ek en Sven loop albei rond in kortbroeke en plakkies. Wanneer dit warm raak is die beste ding om so min as moontlik te doen, en die diere hou van daardie reël volg. Dit is hoekom daar gesê word jy moet vroeg in die oggend uit die kamp wees, en dan weer laat in die middag. Dit is nie elke dag wat ons in die Kruger is nie, so ons het besluit om buite die kamp te wees, maak nie saak wat die tyd van die dag is nie.

Kruger Park lions

Kruger Park rhino

Dit is ‘n feit dat diere meeste van die tyd in die middel van die dag ‘n koelte kol sal soek, en dan daar sal lê. Gelukkig vir ons het die leeus wat ons die dag gesien het besluit om ‘n koelte spot te kry naby genoeg aan die pad dat ons hulle kon sien. Twee lui leeu mannetjies, op die drumpel van volwasse leeus wees. Die twee sal seker binnekort saam hulle eie trop probeer oorneem by ‘n ander mannetjie, maar vir nou het hulle rustig gelê en kyk vir ons.

Dag 5 in die Krugerwildtuin (11)

Ons sien toe ook ‘n sivet. Ek het al so paar van hulle gesien, maar gewoonlik in die aand by ‘n kamp en gewoonlik sien jy hulle net vlugtig. Dus was ons baie verbaas toe ons op ‘n sivet afkom wat baie naby aan die pad lê. Ons het heen en weer rondom die sivet gery om foto’s te neem, en die sivet het glad nie beweeg nie. Ons het vermoed hy of sy is ook maar besig gewees om lui te wees in die hitte van die dag, maar hoe meer ek na die foto’s kyk, hoe meer dink ek die sivet was dood. Lewendig of dood, het ons steeds amper 20 minute spandeer rondom die sivet, saam met so paar ander karre.

Kruger Park South Africa Safari

Kruger kameelperd

Nie net babas skree soos babas nie

Die aand terug in Skukuza hoor ons iets wat skree uit die boom bo ons. Dit klink nogal soos ‘n baba en vir ‘n oomblik begin ek en Sven altwee die heelal vra dat dit asseblief nie weer ‘n spul kinders naby ons kamp moet wees nie. Die volgende oomblik hoor ons weer die geskree voor daar ‘n dier van een tak na ‘n ander tak spring reg bo ons koppe.

Dag 5 in die Krugerwildtuin (12)

Ons skyn elke flits wat ons gehad het op na wat ons gedink het die enigste baba in die wêreld is wat ‘n boom kan klim en rondspring soos ‘n aap. Tot ons groot verbasing is dit toe Thick-tailed bushbaby. Dit is ‘n nagapie, maar groter as enige nagapie wat ek al gesien het. Net so vinnig soos wat die nagaap verskyn het, verdwyn hy weer en so paar ure later hoor ons twee van hulle weer roep, en ons lag oor hoe baie dit klink soos ‘n kind.

Ons braai ‘n lekker skaaprib en kaaswors terwyl ons ‘n paar Harrier whiskeys polish. Ons sit om die vuur en bespreek hoe gelukkig ons reeds voel met alles wat ons gesien het, maar dat daar steeds ‘n leemte is. Ons soek daardie luiperd. Sven praat al van dag 1 af konstant oor hoe graag hy ‘n luiperd wil sien. Ons maak grappe oor hoe cool dit sou wees om ‘n roofdier iets te sien jag.

Ek wil nie Sven se bubble bars nie, maar ‘n luiperd sien wat iets vang is so skaars soos hoendertande. Die kans om ‘n luiperd te sien is al klaar baie min, never mind ‘n luiperd wat iets vang nie. More is pretty much ons laaste kans vir die elusive luiperd sien, en ek dink ek en Sven het albei daardie aand gaan slaap emt gekruisde vingers.

Alle foto’s onder kopiereg van Sven Claassen.

King Price gevaaalik.com

As jy jou kar by King Price versker, kan jy slegs R1 ‘n maand ekstra betaal en dan verseker jy jou duur kamera of golfstel ook. Twee goed wat die boewe nogal like om te steel is golfstokke en kamera, dus is dit ‘n bargain as jy die items kan verseker vir slegs R1. King Price sal ‘n versekering oplossing maak soos jy hom nodig het. Click hier en King Price sal jou bel vir ‘n free quote doen. Die ergste wat kan gebeur is jy spaar jouself so paar rand. Plus, hulle ondesteun ons, dan weet jy hulle is cool.

Vir meer gevaaaliKruger:

You may also like...

3 Responses

  1. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Waar is daai luiperd? […]

  2. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Waar is daai luiperd? […]

  3. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Waar is daai luiperd? […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *