Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaaliKruger – Die walg-monster met die tande en die knopgesig

Dankie aan King Price wat hierdie trip vir ons moontlik gemaak het.

Hier kan jy die podcast van die dag luister, en onder die podcast kan jy oor die dag lees en al die foto’s check.

Soos dinge maar gaan, is mens se bek groot oor vroeg opstaan. Veral op dag een dag van vroeg op wees. Vanoggend het ek daardie snooze knoppie gedruk asof ek terug in Pretoria was, op ‘n Maandag. Mettertyd maak ons dit uit die tent uit na die snooze knoppie vir die derde keer gedruk is. Nou is dit tyd vir kamp afslaan, vanaand slaap ons in Berg-en-Dal.

Ons roete vir die dag. Onder, daardie groen deel, is Leopard Creek

Ons roete vir die dag. Onder, daardie groen deel, is Leopard Creek

As jy meer van die Kruger wil sien, moet jy by meer as een kamp oorslaap. Jy kan net soveel kilometers in ‘n dag ry, veral as jy hou by die 50 kilimeter per huur spoedgrens. Jy gaan verseker ook hier en daar stop oor jy iets interesant sien, dit is immer hoekom jy hier is. Ek was minskien so bietjie ooreiwerig toe ek ons kampplekke bespreek het: Twee aande Pretoriuskop, twee aande Berg-en-Dal, een aan Skukuza en een aand Malelane.

Die bosveld is die epitoom van ‘n cool kantoor

Vroeg in die oggend kamp afslaan is nie pret nie. Dit is die teenoorgestelde van pret. Maar ek herhinder myself konstant dat dit Maandag is en ek kon nou in verkeer gesit het, of ‘n kantoor. As ek aanhou dink daaroor dat hierdie nou my kantoor is wat ek afslaan en agter in ons Pajero moet pak, (so hoog dat ons nie by die agterste venster van die Pajero kan uit sien nie) hou ek dadelik op kla. Dit kon veel erger gewees het. Heeltemal meer sielsdodend. Eerder hier, waar ek renosters weer kan sien.

gevaaaliKruger (10)

Gelukkig slaap ons twee aande by Berg-en-Dal ook, so daar is ‘n kort breek van kamp-afslaan verantwoordelikhede. Ugh, verantwoordelikhede. Net die woord laat my gril. Is verantwoordelikhede nie wat mens so ver as moontlik moet probeer vermy nie? Een ding is verseker: As gevolg van die feit dat ek en Sven ons blyplek soveel keer gaan moet opslaan en weer afslaan, gaan ons pros wees as die week verby is. Ek het so gevoel hierdie week gaan my dankbaar maak vir die twee-slaapkamer woonstel waarin ek bly.

Waarvoor ek ook baie dankbaar is, is my bed. Tans slaap ek op ‘n baie goedkoop stretcher waarop daar ‘n oprol-matjie is en ‘n baie dun spons laagie wat mens verseker nie ‘n matras kan noem nie. Daarvan kan my rug reeds getuig. Darem het ek nog nie koud gery nie. Ons is in die middel van die winter, en al raak dit koeler sodra die son sak, is dit ver van die winter waaraan ek gewoond is. Dit was gister ‘n gemaklike 27 grade Celsius. Die is ‘n goeie tyd van die jaar om in die Krugerwildtuin te wees, as jou sensitiewe mens-hartjie dit kan hanteer dat die veld bietjie meer vaal is.

Selfs die kalm reuse is potensiële moordenaars

Ons is net na 08:00 by die hek uit en ek en Sven is albei effe die moer in omdat ons nie vroër uit die kamp uit gery het nie. Dit is nie lank voor ons vergeet van die kwaad wees vir ons situasie wat ons self veroorsaak het nie. Die bosveld het reeds sy werk gedoen en ons ingesuig. Soos ons om ‘n draai kom, nog op die teerpad, ry ons in ‘n trop buffels in. Nog ‘n dier wat alreeds baie intimiderend is net bloot vir hoe groot hulle is. Maar moet nie vergeet van daardie skerp horings nie. Skerp horings op ‘n dier wat 900 kilogram weeg en met gemak 40-50 kilometer per uur kan hardloop en jou stamp met sy klipharde kop.

Soos ons hier in die Pajero tussen sowat 30 van hulle sit en foto’s neem is hulle heel rustig. Ons kry so nou en dan ‘n skelm kyk, maar meeste van die tyd is die buffels se aandag gerig op die gras wat hulle wil eet. Onder ‘n Sekelbos is daar ‘n klein polletjie gras wat nog groen is. Die bos is omtrent vier keer so groot soos ‘n skottelbraai. ‘n Polletjie gras wat net net genoeg beskutting kry van die winterson dat die grassie nog groen kan wees. Geen bok gaan durf sy kop in ‘n Sekelbos in druk vir miskien een bek vol groen grassies nie.

‘n Buffel is anders.

gevaaaliKruger

Daar was geen hesitasie op die buffel se part gewees nie. Toe hy eers daardie groen grassies sien het hy sonder stop eenvoudig sy kop in die Sekelbos in gedruk. Sonder om te flinch of enigsins te stop het die buffel sy kop in die doringbos ingestoot. ‘n Reusagtige kop. Twee happe en die groen grassies was weg. As ‘n buffel so maklik sy kop in ‘n Sekelbos in kan druk, hoe maklik sal dit wees vir hom om sy kop so op jou te druk op die grond? Jou eenvoudig squash.

Ek het al in die verlede gesien hoe drie leeus ‘n buffel probeer plattrek. ‘n Buffel is niemand se maatjie as hy kwaad is nie. Hulle gaan van gentle giant herbivore, na 900 kilogram wat lyk asof dit net vleis eet, so mean is dit. Vir 15 minute kon die leeus nie die buffel plat kry nie, voordat hulle weg gehol het in die bos in. Geen mens is naby aan so mean soos net een leeu nie. ‘n Buffel sal jou met graagte vermorsel, voor almal wat jou ken.

Lewe op die brink van chaos

Elke dier in die Krugerwildtuin se lewe is seker op die brink van chaos. Jou lewe hang af van paranoia as jy ‘n rooibok is. Selfs om water te drink is vir ‘n rooibok ‘n intense ervaring. Alles in die rooibok se lyf sê vir hom hy moet water drink, terwyl alles op dieselfde tyd sê hy moet nie water drink nie. Daar is dinosourusse in die water. Ons noem hulle krokodille. Jy kyk af  om water te drink en dus kan jy nie die groot katte sien kom nie. Om water te drink moet ‘n rooibok homself amper in twee skeur, en hulle spring maklik vir niks op nie.

gevaaaliKruger (2)

gevaaaliKruger (3)

Ons het hierdie interne stryd van ‘n trop rooibokke dopgehou langs ‘n watergat terwyl ons weer koffie gedrink het. Waterbokke het teen die tyd wat ons besluit het om weer te ry begin om hul pad af te maak na die water toe.

gevaaaliKruger (4)

gevaaaliKruger (5) 1

Net so paar weke voor ons by Kruger aangekom het, is ‘n outjie se gesig baie erg beseer toe ‘n hiëna hom aan die gesig gebyt het en by sy tent uit gesleep het. Die hiënas wat ons gekry het op dieselfde plek as die vorige dag het baie vreedsaam en lui gelyk. Twee volwasse hiënas en vier jong hiënas het in die oggend son rustig gelê. Twee van die jong hiënas het ‘n hele ent weg van die ouer hiënas gaan speel in die lang gras. ‘n Groot kans om te vat as jy dink aan die tipe hiëna moordenaars wat daar rondloop in die park.

gevaaaliKruger (6)

gevaaaliKruger (7)

gevaaaliKruger (8)

gevaaaliKruger (9)

‘n Hiëna lyk dalk soos ‘n gebreklike beer gekruis met ‘n gebreklike luiperd, maar hy kan maklik deur jou femur byt as hy wil. Net oor ‘n leeu ‘n hiëna sal vermoor beteken nie jy sal ‘n kans staan as ‘n hiëna jou gaan probeer doodmaak nie. Net oor die hiënas voor ons nou so rustig lyk, beteken nie hulle sal nie in die nag in die kamp in kom en jou kind uit sy tent uit sleep aan sy kop nie.

Die Beast van die bosveld

Ek onthou in The Beauty and the Beast van Disney het hulle “The Beast” as ‘n baie leeu-agtige ding uitgebeeld. As hulle sy gesig gemaak het laat dit lyk soos die vlakvark beer wat ons gesien het, sou hy baie meer van ‘n beast gewees het. ‘n Vlakvark is ‘n einaardige ding. Lelik met allerhande knoppe en duike op hulle koppe, en vreeslike tande met ‘n plat varksnoet.

gevaaaliKruger (11)

gevaaaliKruger (12)

Ek wonder as jy nog nooit ‘n valkvark gesien het nie, en jy loop eendag om die draai naby jou huis en ‘n vlakvark kyk vir jou, wat gebeur dan? Ek reken jy sal dadelik weghol in die teenoorgestelde rigting. Dit lyk soos ‘n monster en die een wat ons hier gesien het was ook nie ‘n klein monster nie. Party van hulle kan tot 150 kilogram weeg.

gevaaaliKruger (14)

Ons het ons kamp opgeslaan en weer uit die ruskamp gery om die pad al langs die Krokodilrivier af. Dit is hier waar ons aan die ander kant van die rivier die groot bosveldpalleise van Leopard Creek gesien het. Ons dink dit was Leopard Creek. ‘n Stoep so groot soos my  hele huis. Die stoep kyk uit oor ‘n stuk bosveld langs ‘n rivier waar jy olifante en die res van die groot vyf kan sien. Ek wou nog nooit so paleis-grote huis gehad het nie, maar op daardie stoep sal ek elke oggend gemaklik met my laptop kan sit en werk, en koffie drink. Ek is jaloers en kwaad vir Leopard Creek op dieselfde tyd.

gevaaaliKruger (13)

Ons eerste aand by Berg-en-Dal braai ons Karoo lamtjops. My maag was skaars vol toe begin my oë hang. in die ablusiegeriewe is die storte vol, maar die bad staan oop. Ek bad eerder as wat ek rondstaan en wag vir iemand om klaar te stort. Ek was skaars terug by die tent toe het ek besluit om te gaan inkruipslaap. Dit was net na 22:00, sowat ‘n uur nadat almal om ons reeds geslaap het. More oggend staan ons weer vroeg op.

Alle foto’s onder kopiereg van Sven Claassen.

King Price gevaaalik.com

Vergeet van geen claims vir ‘n onsaglike lang tydperk wat veroorsaak dat jy kamstig ‘n bonus kry. By King Price word jou versekering premie minder soos jou kar waarde verloor. Dit maak mos net sin dat jy minder betaal as jy minder dekking kort. King Price sal ‘n versekering oplossing maak soos jy hom nodig het. Click hier en King Price sal jou bel vir ‘n free quote doen. Die ergste wat kan gebeur is jy spaar jouself so paar rand. Plus, hulle ondesteun ons, dan weet jy hulle is cool.

Vir meer gevaaaliKruger:

You may also like...

5 Responses

  1. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Die walg-monster met die tande en die knopgesig […]

  2. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Die walg-monster met die tande en die knopgesig […]

  3. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Die walg-monster met die tande en die knopgesig […]

  4. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Die walg-monster met die tande en die knopgesig […]

  5. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Die walg-monster met die tande en die knopgesig […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *