Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nuwe Korn – Rotting In Vain

Ek is nou al ‘n Korn van vir meer as helfde van my lewe. Dit is ‘n op en af ride gewees vir my oor die laaste paar jaar. Enige band wat al so lank musiek maak soos wat Korn doen gaan so paar shitty songs/albums hê en Korn het ‘n paar van daardie.

Korn - Rotting in Vain

Dit verander nie die feit dat die self-titled Korn album nogsteeds vir my een van die beste metal albums wat ooit gemaak is. In 2003 het ek Take a look in the Mirror op repeat geluister, oor en oor. Korn het al baie ure se luister-genot aan my gegee en elke Korn album het ten minste een song wat great is.

“Rotting in Vain” is die nuwe track van Korn wat hulle release het saam met nuus van ‘n nuwe album wat oppad is: The Serenity of Suffering. Die nuwe album sal beskikbaar wees vanaf 21 Oktober 2016. Dit sal Korn se tweede album wees sedert guirarist Brian “Head” Welch weer deel van die band geword het. Head het die volgende te sê gehad oor die komende nuwe album:

This is a record to me that the intensity of KORN is back, and the live energy. Raw energy is there.

Die nuwe album word produce deur Nick Raskulinecz wat al saam met die Foo Fighters, Deftones en Mastodon gewerk het. Corey Taylor gaan ook ‘n guest vocal appearance maak op die album.

“Rotting in Vain” is die mees Korn-sounding song wat ek in ‘n lang tyd gehoor het. Die groove is daar, daar is vet melodic verses wat perfek pas by Jonathan Davis se vocals, die metal met die funk influence is terug en dit voel vir my asof ek na ‘n song luister vanaf Take a look in the Mirror.

Ek like “Rotting in Vain” en het die song nou al seker so 7 keer geluister, en hy gaan beslis deel word van my Korn playlist. Check die video hier onder en laat weet my wat jy dink van die nuwe Korn song in die comments.

You may also like...

7 Responses

  1. StevenMcD says:

    Wow, this sounds great! I got excited when I saw Tommy Flanagan in the video, kinda wished he had a bigger role in the video.

    Looking forward to the new album

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @StevenMcD: Yeah, really takes me back, because it sounds like it could have been a song on Issues, Korn or Take a look in the Mirror. I’m also excited to hear the new album.

  3. Thysmetys says:

    @ Ruan Stix Fourie,….die Issues sound kom deur en vir my n biekie Korn Untouchables ook.
    Baie cool thanks vir die Vid.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Thysmetys: Jip, ek sien uit om die res van die album te hoor.Bly jy hou daarvan dude. Thanks vir die comment.

  5. Wessel says:

    That’s the Korn I know! Welkom terug!

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Wessel: Indeed dude. Baie, baie welkom terug!

  1. November 28, 2016

    […] Check die video vir “Insane” hier onder en dan laat weet in die commments wat jy dink van die nuwe Korn song. Persoonlik hou ek so bietjie meer van “Rotting in Vain” […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *