Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaaliKruger – Vier uit vyf vir die Groot Vyf

Dankie aan King Price wat hierdie trip vir ons moontlik gemaak het.

Hierdie is die podcast van die dag as jy eerder wil luister as lees. As jy wil lees, loer net onder die podcast.

Almal wil die Groot Vyf sien as hulle in die Krugerwildtuin is. Die Groot Vyf is nou die buffel, olifant, renoster, luiperd en leeu vir die onopgevoede tussen julle. Of jy nou ‘n SA-local is en of jy al die pad van die overseas gekom het na Kruger, die Groot Vyf is wat almal wil sien. Dit het vir my en Sven ook getel. Ek was redelik oortuig ons sal ten minste vier van die vyf sien: Olifant, buffel, renoster en leeu.

Die luiperd is die moeilike een.

gevaaaliKruger leeu (16)

Ek was al meer as 20 keer Krugerwildtuin toe en ek kan die hoevelheid kere wat ek ‘n luiperd gesien het op een hand tel. Nie net is hulle baie sneaky en menssku nie, hulle kamoeflering is top klas. Luiperd is moeilik om te sien. Olifante word al vir jare lank in die Krugerpark nie meer uitgeskiet nie, want die bunny-huggers pis in hul panties oor die gedagte dat ‘n olifant die genadedood moet kry, eerder as wat hy eventually doodgaan van die honger. Al die omgestote-bome in Kruger is bewyse van die feit dat daar eenvoudig te veel van die reusagtige diere is vir selfs die park se grote.

gevaaaliKruger leeu (12)

Net soos olifante is buffels so groot dat hulle nie regtig veel bekommernis het oor wie hulle sien nie, selfde met leeus. Ek het lanklaas gehoor van iemand wat Kruger toe is vir ‘n week en nie leeus gesien het nie.

Meeste mense is Kruger is baie vriendelik

My ouers vertel altyd graag die storie van my wat as kleuter saam met my ouers op vakansie was in die Krugerwildtuin. Met ons aankoms by ‘n nuwe ruskamp of piekniek-plek het ek  daai tyd vinnig-vinnig rond beweeg en myself gaan voorstel aan enige vreemde siel wat my nog nie ontmoet het nie: “Hello, my naam is Ruan Fourie” gevolg deur ‘n verm-handdruk.

Sedertdien het ek bietjie meer lewens ervaring opgetel in my 31 jaar en nou weet ek dat die meerderheid van die mensDOM assholes is. My ouers sou nooit geraai het dat ek ‘n introvert gaan wees, of dat ek sou verkies om met so min mense as moontlik ooit te praat nie. In die Kruger is meeste mense baie vriendelik en aangenaam. Miskien is dit die vars lug. Miskien is dit die feit dat as jy in die Krugerwildtuin is jy vir ‘n wyle kan vergeet van die daily grind van jou lewe. Wanneer daardie gewig van jou skouers af kom verander jou frons in ‘n glimlag.

Miskien is mense net so vriendelik omdat hulle die Groot Vyf jag. As jy langs die pad gestop het om te kyk na enigeiets, selfs jou kaart van die park, gaan iemand langs jou stop en jou vra wat jy sien. Die voordeel is dat hulle nie altyd net vra wat jy gesien het nie, maar soms vertel hulle jou wat hulle so paar kilometer terug gesien het.

gevaaaliKruger leeu (2)

Die vierde dag van gevaaaliKruger het begin met bietjie verkeer op die grondpad. Die sonsopkoms het gelukkig die verkeer meer nie te sleg gemaak om te aanskou nie. Kort voor lank was daar weer niemand in sig rondom ons nie en ons kon ons tyd vat om foto’s te neem van dinge soos eekhorings sonder dat ons gepla is. Ek het van kleins af ‘n obsessie met eekhorings en ek het altyd my bes probeer as kind om hulle te vang wanneer ons in die Kruger is.

gevaaaliKruger leeu (3)

Die Kruger Nasionale Park behoort nie aan jou nie

Snaaks hoe jy meer diere sien as jy vir ‘n ruk net kan stil (stil wees is key) sit op een plek. Ek en Sven het probeer om dit te doen wanneer ookal die kans opgekom het. Ons het besluit om by die Gardenia hide te stop. Daar kan jy uit jou kar klim en rustig in die hide sit, en as jy lucky is sien jy dalk iets meer as ‘n voël. Toe ons by Gardenia uit die Pajero klim toe is dit duidelik dat daar nie eers ‘n voël in die nabye omtrek gaan wees nie, oor die geraas van mense.

gevaaaliKruger leeu (4)

Ons besluit toe maar om in te wandel na die hide toe, en toe ons daar kom keer ‘n vrou ons voor: “Just fair warning, our whole family is having breakfast here.” word daar vir ons gesê oppad in. Sy het natuurlik gelieg, want daar was so baie gepraat en geskree aan die gang dat ek geweet het niemand van hulle is besig om te eet nie. Miskien praat hulle met hulle monde vol kos, die hoeveelheid geraas wat hulle gemaak het by ‘n plek waar jy veronderstel is om stil te wees het getuig van die feit dat hierdie souties niks maniere het in elk geval nie.

gevaaaliKruger leeu (5)

Hulle bied vir ons koffie aan, maar die geraas is so erg dat ek en Sven gelyktydig “nee dankie.” sê, seker oor ons altwee dit so vinnig as moontlik wou sê. Die vrou se man bied vir ons ‘n “peace offering” aan met ‘n stukkie biltong elk. Hy het die regte idee gehad, hy moes net vir ons die hele stuk biltong gegee het. Na die normale Krugerwildtuin gesprek van “wat het ons al gesien het”, loop ons maar terug na ons Pajero toe. Hier gaan ons ry.

Regte vrees kan nie verduidelik word nie

Ons was oppad om ‘n sytak van die Krokodilrivier te kruis toe ons gestop word deur ander mense: “About 2 kilometers back past the river is some lions.”

Ons hoef nie meer te gehoor het nie. Leeus is ongelooflik cool vir ‘n verskydenheid redes. Die heel opvallenste ding is dat ‘n leeu ‘n groot kat is. As ek sê groot, praat ek van 150 tot 250 kilogram. Net soos ‘n huiskat is ‘n leeu gebou om dinge te vermoor, met sy gesig. Katte is stil, rats en ongelooflik sneaky en ‘n leeu is potensieel 250 kilogram se stil, rats en ongelooflik sneaky. Saam met grote kom krag ook. Leeus is altyd ongelooflik cool om te sien.

gevaaaliKruger leeu (6)

Toe ons aangery kom is die twee leeuwyfies regs van ons gewees, besig om in die rigting te loop van die Krokodilrivier sytak wat ons nou net so 500 meter terug gekruis het. Ons het so paar foto’s van hulle gekry, en Sven was nog besig om iets vir my te sê toe ek omkyk in sy rigting, en toe sien ek die ander leeuwyfie wat deur die bos gedraf kom.

gevaaaliKruger leeu (7)

Nie eers 10 meter van ons af nie kom kom sy deur die bos gedraf, maar asof sy oppad is iewers heen. Ek het stil gesit. Ek weet steeds nie of dit was omdat dit so cool was nie, en of ek gevries was nie. Die leeuwyfie was groot en sy het reguit vir ons gekyk. Sy het geweet ons is daar in ons kar. Sy kruis die pad reg voor ons en nou dat sy my nie meer in die oë kyk nie kry ek die vermoë terug om te beweeg. Ek haal my selfoon uit soos ‘n regte toeris en neem darem so paar foto’s van die leeu wat nou net veroorsaak het dat my hol, my onderbroek so bietjie eet.

gevaaaliKruger leeu

Toe die leeuwyfies verdwyn agter ‘n bos op die sytak se wal, het ons vermoed hulle gaan nou deur die rivier loop. Dus draai ons toe maar die Pajero om om terug te ry na die brug waar ons die rivier se sytak gekruis het. Toe ons daar kom het ander mense dieselfde idee gehad. Ons draai toe weer om en stop net voor die brug om te probeer sien of ons die leeus miskien van die kant af kan sien, maar ons sien niks. Sowat 10 minute later kom daar nog ‘n kar van voor af: “Het julle die leeus gesien?” vra die ou wat bestuur ons dadelik.

Glo volg die ou en sy vrou die leeus se spoor nou al van Lowersabie ruskamp af. Hy en sy vrou is nou al 8 dae al in die Krugerwiltuin en hulle het nogsteeds nie leeus gesien nie. Hulle het die keer ook die leeus gemis, met net so paar minute. Glo weet die dude van ‘n grondpad hier naby wat hy nou gaan volg om te probeer om voor die leeus te kom. Ek en Sven besluit om weer terug oor die rivier se sytak te ry. Ons gaan Skukuza toe.

gevaaaliKruger leeu (8)

Ons was net deur die sytak toe sien ons die leeumannetjie wat in die pad afgeloop kom, gevolg deur twee karre. Hy loop reg verby my kant van die Pajero. Die keer het ek seker gemaak ek het my foon reeds uit my sak gehad. Hy was reg langs my toe hy opkyk en oogkontak met my maak.

Dit is dit foto! Neem hom nou! Dit is die foto!

Na ek myself herhinder het om die foto te neem begin ek die foon se skerm druk om die foto’s te neem. Ongelukkig bewe ek so bietjie en toe druk ek die home knoppie in plaas van die kamera knoppie. Alles oor ek somehow aanhou besluit ek wil dit eerder met my oë sien as wat ek na dit kyk deur my foon se skerm. Ons draai weer om en volg die leeumanetjie en neem nog foto’s van hom.

gevaaaliKruger leeu (9)

Mother Nature is the great equalizer. You can’t get away from it. – Christopher Heyerdahl

gevaaaliKruger leeu (10)

Ons was soos opgewonde seuntjies op kersoggend, wat nou net hul geskenke oopgemaak het. Ons het leeus gesien! Ons besluit om ons tyd te vat en cruise rustig tot by Skukuza voor ons weer terug Berg-En-Dal se kant toe begin beweeg. Oppad ry ons die Biyamiti pad. ‘n Pad waar ons toe nou uitvind ons nie eintlik mag wees nie. ‘n Vrou in ‘n aankomende kar wys vir ons om te stop en ons dink dadelik sy gaan nou polisievrou speel. Wat sy ons toe eintlik vertel is van nog leeus so paar kilometer aan.

gevaaaliKruger leeu (11)

gevaaaliKruger leeu (13)

gevaaaliKruger leeu (14)

gevaaaliKruger leeu (15)

Ons sien dus nog ‘n leeu. Die leeu was lui en het net daar gelê, maar wie is ek om te kla? Nou nog net vir daardie luiperd.

Alle foto’s onder kopiereg van Sven Claassen.

King Price gevaaalik.com

So paar jaar terug was daar ‘n moerse haelstorm in Pretoria-oos. Ek was op die highway toe dit gebeur. My klein karretjie tel toe R90 000 se skade op. Ek het gedink hulle gaan hom afskryf. Gelukkig het ek versekering gehad, anders het my kar nou nog soos ‘n golfbal gelyk. King Price sal ‘n versekering oplossing maak soos jy hom nodig het. Click hier en King Price sal jou bel vir ‘n free quote doen. Die ergste wat kan gebeur is jy spaar jouself so paar rand. Plus, hulle ondesteun ons, dan weet jy hulle is cool.

Vir meer gevaaaliKruger:

You may also like...

8 Responses

  1. Vannhh says:

    Aangesien die gevaaaliKruger posts nie comments kry nie los ek ene. Awesome pics van julle tour Stix. Jir ek gaan soos n doos klink, maar daars niks soos kinders wat n trip uit kan op fok nie. Wel ongeskikte kinders van ouers wat hulle nie in toom kan hou nie. Het dit nou al baie beleef, laaste was by Ushaka.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Thanks man. So hier en daar is ‘n foto van my, maar meeste was deur Sven geneem. Hy is ‘n amateur fotograaf, ek is watookal onder amateur val.

    Ja, die kinders ding is tricky. Ek verstaan dat jy die experience met jou kinders wil deel, maar jy moet ook verstaan dat jy die experience vir ander kan spoil as jou kinders heeltyd skree en moan waar ander hulle kan hoor.

  3. Dominique says:

    Youre very lucky … all the best !

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Dominique: That we were indeed, and we had no idea of the luck that was still to come.

  5. Vannhh says:

    Is dit n stel Vans wat jy daarso in die 6de pic baas raak? Awesome choice man!

  1. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Vier uit vyf vir die Groot Vyf […]

  2. November 28, 2016

    […] Jy kan die storie agter die foto hier bo hier kry: gevaaaliKruger – Vier uit vyf vir die Groot Vyf […]

  3. November 28, 2016

    […] gevaaaliKruger – Vier uit vyf vir die Groot Vyf […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *