Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dinsdagram – Die natuur deur filters

Oor die algemeen is ek nie ‘n groot aanhanger van social media nie.  Meestal omdat dit baie tyd neem, en omdat mense baie keer vol van hulself is en status updates soos “Oppad gym toe” en “Nuwe kar #blessings” post.

Ek waardeer wel Instagram.  Ek het actually ‘n Instragram account. Ek dink dit bied ‘n unieke geleentheid om die wêreld deur die oë van regte mense te sien.  Mense wie in die oomblik daar was en dit vasgevang het, reg rondom die Wêreld.  Soms met ‘n bietjie te veel filters en hashtags, maar daar gelaat.  #ChillMetDieFiltersEnHashtags

Vervolgens my eerste lys van 4 Instagram accounts of te follow eksê.  Hierdie is van toepassing op diegene wie belangstel in die natuur en dit mooi/interessant vind.  As jy nie van die natuur hou nie, is jy weird.

National Geographic- @natgeo

001 Natgeo

@natgeo is verskriklik gewild en post seker so 5 fotos elke dag.  Dit is fotos wat gekies word uit die argief van fotos wat geneem word deur National geographic fotograwe, en is uit die aard van die saak top kwaliteit.  Interessant om te sien hoe vinnig die likes optel as jy heeltyd refresh – ‘n paar duisend per minuut.  Heavy.

Volg National Geographic hier.

Pilanesberg Natuurreservaat – @pilanesberg_

004 pilanesberg

Hierdie is lyk my Pilanesberg natuurreservaat se profile.  Hulle kry fotos by mense wie daar was en sit dit op hul feed.  Dit is alles fotos wat geneem is binne die reservaat en word gewoonlik geneem deur iemand met ‘n lekker duur kamera en lens.  Kyk uit vir fotos van die sunrise lugbalonne, mooi fotos van die damme, leeus, luiperds, voëls, selfs gras en bome!  Worth a follow, en as jy in die Gauteng omgewing bly is dit ook om die draai.  So as jy nou ‘n mooi fototjie neem, stuur maar vir @pilanesberg_ aan vir ‘n feature.  Die link vir Pielhaansberg is hierso.

Earth Focus – @earthfocus

002 Eartfocus

Super cool (gewoonlik landscape) fotos van die wêreld se mooiste spots.  Daar is partykeer fotos wat te goed lyk om waar te wees.  As jy graag perspektief wil kry oor hoe boring Gauteng is en hoe jy jou lewe beter kon benut, gaan kyk gerus.  Hierdie sal selfs impressive wees vir julle lucky etters wie in die Kaap bly.  Mense van die Vrystaat, los eerder.  Fokus op die aarde.

Jack Morris – @doyoutravel

003 doyoutravel

Om in te val by @earthfocus – ek haat hierdie “Jack Morris” ou.  Sy werk is om die wêreld te toer vir die mees belaglike cool locations ooit.  Ek moet dit vir hom gee – sy fotos is baie cool en dit gee mens ‘n idee van wat jy kan aanvang as jy ‘n klomp geld wen.  Ek hoop hy kry ‘n kramp in sy gat.

Instagram gee mens die geleentheid om dele van die wêreld te sien wat jy nooit van sou weet nie.  Dit is ook ‘n baie cool manier om jou fotos in ‘n cloud te stoor, dan kan niemand dit saam met jou laptop uit jou kar steel nie.  Daar is ook heelwat aangename dames wie lingerie fototjies en allerande oulike dinge post op ‘n gereëlde basis.  Ek sal volgende week se post daaroor maak.  In die meantime, as jy lus is vir sulke tipe stuff, volg vir Stix by @gevaaalikdotcom en kyk na wie hy follow.  As jy hou van die nature stuff, volg my by @sventasties.

You may also like...

1 Response

  1. June 8, 2016

    […] is hier om jou te help om die beste Instagram accounts te kry om te volg. Ons het al na natuur Instagrams gekyk, gevaaalike dame Instagrams en selfs dagga Instagrams. Vandag gaan ons probeer om jou […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *