Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kruger Nasionale Wildtuin Dinsdagram

Toe ek ‘n kind was het meeste van my vriende wat se gesin kon bekostig om ‘n jaarlikse vakansie te hou, kus toe gevaar. Kaap, Natal, ek praat van Mosselbaai, Banana Beach, dit is die twee name wat dadelik opkom in my gedagtes as ek dink aan waar vriende se gesinne op vakansie gegaan het. Vir my gesin as kind was dit die Kruger Nasionale Park. Dit was of die April-skoolvakansie of die September/Oktober-skoolvakansie wat my ouers vir my en my broer en suster gevat het Wildtuin toe.

Vandat ek 3 maande oud was tot en met 19-jarige ouderdom toe ek Londen toe gewaai het, het ek ‘n jaarlikse besoek aan die Wildtuin gehad. Ek het terug gekom op vakansie Suid-Afrika toe juis om weer saam met my ouers Wildtuin toe te gaan, en 5 jaar terug is ek en Sven weer Krugerpark toe om daar te gaan stap vir 3 dae.

Saterdag vat ek en Sven weer die pad Kruger toe 01:30 die oggend, vir ‘n week, geborg deur King Price. Dus het ek dit goed gedink om die week se Dinsdagram te gebruik om julle officially in kennis te stel van ons trip, wat ons gaan document en deel met julle op gevaaalik.com en ons eie Instagram accounts.

Kruger Nasionale Park – krugernationalpark

Natuurlik sal die Kruger Park sy eie Instagram accoun hê. Die cool ding van die Kruger se Instagram account is dat daar baie foto’s is wat mense wat die park besoek het geneem het terwyl hulle daar was. Jy kan jou eie foto ook in die mix gooi deur die hashtag #ThisIsKruger te gebruik en as jou foto cool is dan word hy ook met die Kruger Park se 11 000+ followers gedeel.

Ek en Sven gaan ons hele trip vir julle document met ‘n daaglikse post, podcast en ‘n video hier en daar as ons ‘n grip kan kry op hierdie video editing storie. Ons gaan ons bes probeer om ook ‘n foto of twee te neem wat goed genoeg is om op die Kruger Nasional Park Instagram account te verskyn.  Hoe cool moet die foto’s wees om die cut te maak? Hier is so paar voorbeelde vanaf Kruger se Instagram account, wat jy volg by krugernationalpark.

Girrafe in Kruger

From @socialnomads – It’s tough to hide in the bush when you’re a giraffe

Weerlig in Kruger

Fantastic capture from @leo.bodgies – Kruger has finally gotten some much needed rain.

Wild dogs in Kruger national Park

The African Wild Dog. By far my favourite animal to see in the #kruger. During my two visits over the last 2 years I’ve been fortunate enough to see 2 different packs on each trip! They number around only 150 in the Kruger. The park is currently undertaking a project to identify and tally the number of Wild Dog in the park, visit the Sanparks page from my bio or @knpwilddogs on twitter for more info and how you can help.

Woodland Kingfisher in Kruger

Beautiful Woodland #kingfisher on a tree branch. Heading to the #kruger this weekend and looking forward to a few days of spotting animals. If you in the park over the weekend enjoy the experience and take plenty of photos to share with us!

Zebra in Kruger National Park

So many moments and things to see in the Kruger. No trip is ever the same as another. Great moments such as watching these two Zebra fighting. @muzerious

As jy ons trip wil volg op Instagram, maak seker jy volg vir Sven by sventasties en vir my by gevaaalikdotcom. Ons gaan ook die hashtag #gevaaaliKruger gebruik vir al ons foto’s en posts wat ons share hier en op ons Twitter.

Soos jy kan dink, moet ons heelwat toeristing saam met ons vat vir heirdie trip, insluitend kameras, verskillende kameralense, GoPros, laptops, video kameras en fone. Jy kan nie Instagram sonder ‘n foon nie. Baie dankie dus aan ons borge wat help dat ons met geruste harte al ons gear kan saam neem. King Price en gevaaalik.com sal jou graag uithelp met ‘n free quote vir jou versekering, indien jy ook bekostigbare en no hassle versekering wil kry vir jou valuables, huis, kar en meer. Al wat jy hoef te doen is jou naam en nommer los en een van King Price se mense sal jou bel en jou ophook met ‘n free quote.

King Price gevaaalik.com

You may also like...

7 Responses

  1. July 13, 2016

    […] ander Stoute Boudjies is vir volgende week wanneer ons in die Kruger Park gaan wees. Ons gaan posts doen ook terwyl ons daar is, maar die is meer gemik ons ondervinding elke dag. Ons […]

  2. July 24, 2016

    […] Kruger Nasionale Wildtuin Disdagram […]

  3. July 26, 2016

    […] Kruger Nasionale Wildtuin Disdagram […]

  4. November 28, 2016

    […] Kruger Nasionale Wildtuin Disdagram […]

  5. November 28, 2016

    […] Kruger Nasionale Wildtuin Disdagram […]

  6. November 28, 2016

    […] Kruger Nasionale Wildtuin Disdagram […]

  7. November 28, 2016

    […] Kruger Nasionale Wildtuin Disdagram […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *