Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Van Gordonsbaai tot by Hermanus – Deel 1

My onlangse trip Kaap toe was meestal gewees om te werk. Tussen podcast met Willim Welsyn en ‘n praatjie aanbied by ‘n blogger event, het ek net die Sondag vir myself gehad. Oorspronklik was my plan om net niks te doen nie, net te rus. Maar as jy ‘n huurkar het wat reeds voor betaal is, is die beter opsie om iets te doen. Met Sven se advies het ek besluit op ‘n road trip: Gordonsbaai tot by Hermanus.

Gordonsbaai tot Hermanus

Die R44 tussen Gordonsbaai en Hermanus is los hande een van die mooiste roetes om te ry in Suid-Afrika. Dit is ook nie moer ver nie en in totaal naby 84km. Dus is dit letterlik ‘n road trip wat jy in een dag kan doen. Ek het Willim Welsyn se ‘Kompos en Kraai’ album in die CD player gedruk en vinnig ‘n stop gemaak om ‘n bottel water en iets te kry om te tand voordat ek uit Rondebosch uit gery het in die rigting van Hermanus.

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

In Gordonsbaai, net langs Bikini beach

Gordonsbaai tot Hermanus Road trip

Gordon se baai, daar is ook suburbs daar

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Die Ford waarmee ek eintlik die road trip sou wou doen

My huurkar was ‘n Ford Figo. Gewoonlik mik ek vir ‘n Kia Picanto, maar die keer het die huurkar plek niks anders as ‘n Ford Figo gehad nie. Dit is ‘n regte piece of shit. Maar ek het 1000km gehad om uit te ry, so hom ry het ek. Ek sou veel eerder met hierdie Mustang wat ek in Gordonsbaai gesien het die road trip wou doen.

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Hoekom sal jy by die huis lê en poep ruik as jy ‘n adventure kan hê

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Nuwe paleis in Gordonsbaai. Nie al die huise is vir suburbs plebs soos ek nie

As ek dink aan Gordonsbaai dan dink ek altyd aan ‘n rykmans dorpie. Daar is verseker ryk mense wat daar bly, veral as jy naby aan Bikini beach of van die ander strande is. Ek was wel verbaas om te sien dat daar ook ‘n baie plain suburb deel is van Gordonsbaai. Dit het amper gelyk of ek ook daar kon groot geword het.

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Be shark smart by Bikini Beach

Alhoewel ek ongelukkig nie veel bikini girls gesien het by Bikini Beach nie, het ek wel die haai waarskuwings bord gesien. Daar is ‘n rede hoekom ek nie so mal is oor swem in die see nie. Die rede is haaie.

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Die R44 is die pad wat jy wil vat vir die beste views oppad na Hermanus

Die R44 is die scenic route. Al langs die kus af tot in Hermanus. Dit is ‘n baie mooi stuk pad en daar is fokol potholes en sulke kak nie. Ek is ‘n groot voorstaander van die Kaap vermy oor vakansietye. As jy Desember Kaap toe gaan is jy ‘n dom naai, want daar is net te veel mense in die Kaap oor daardie tyd. Die beste ding om te doen is om buite seisoen kaap toe te gaan. Die R44 kan lekker besig raak hoor ek. Op die Sondag wat ek die road trip gedoen het, was daar ander karre op die pad, maar niks ernstig nie.

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Die Duiwel kyk mooi na sy kinders want ek kon nie vra vir ‘n beter dag om my road trip te doen nie. Lekker sonskyn en warm weer gaan mooi saam met harde musiek en oop vensters

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Daar is ‘n waarskuwing teen rotsstortings, maar ek het nie ‘n enkele klip op die pad gesien nie

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Hey, waarheen gaan jy met daai boys

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Een ding wat jy baie van gaan sien op die R44 tussen Gordonsbaai en Hermanus is berge. Jy gaan natuurlik die see ook sien. Ek is nie een van daardie mense wat maak asof alles in die Kaap beter is nie, maar Gauteng kan nie fok met die Kaap se berge nie.

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Daar is baie uitkykpunte om by te stop langs die pad. Perfek vir ‘n gevaaalike rokie

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Ek sou ook eerder die pad gery het my ‘n Jag XKR as ‘n kak Ford Figo

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Die weer was perfek, asof ek dit bestel het. Die see was so plat dit het amper gelyk soos ‘n skoon Harties.

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Ek kom al hoe meer agter dat dit maklik is vir my om net op die bank te sit heeldag en fokol doen. Op die bank sit en niks doen het ook sy tyd en plek, maar die groot probleem is dat jy net een keer lewe. As jy ‘n huurkar en ‘n lekker stuk pad het, gryp jou kamera (of GoPro in my geval) en gaan doen iets, al is dit net ry waar jy nog nooit gery het nie.

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

Jy onthou wat ek gesê het van berge? Ek meen, kyk net na dit!

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

In Kleinmond mag jy nie kak nie

Kleinmond is min of meer halfpad tussen Gordonsbaai en Hermanus en dus het ek besluit om daar te stop vir ‘n bier en pizza. Ek kan ogelukkig nie die plek wat ek die pizza en bier by gekry het se naam onthou nie, maar ek sou aanbeveel dat jy ook die plek wat ‘n Mexican naam het probeer kry in Kleinmond. Volgende week sal jy deel twee kry van die road trip.

Waarvoor wag jy? Gaan doen iets! Gaan soek en maak jou eie adventure!

Gordonsbaai tot Hermanus road trip

You may also like...

5 Responses

  1. thysmetys says:

    Lekker, jy kon mos vir my op getel het…
    Volgende keer doen een na Paternoster toe.

    Cool photos!

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @thysmetys: Ons kon at least ‘n bier iewers gaan drink het. Volgende keer.

  1. May 16, 2016

    […] Ek het onlangs ‘n road trip gedoen van Gordonsbaai tot Hermanus. Jy kan deel een van die trip check hier. […]

  2. May 19, 2016

    […] Sien meer van Stix se road trip tussen Gordonsbaai en Hermanus, hier. […]

  3. May 20, 2016

    […] Ek het gery van Gordonsbaar tot by Hermanus en hy het my GoPro saam geneem. Sien al die foto’s hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *