Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

4 dag Mosambiek trip vir R2300 – gevaaalik Adventure

Ek weet wat jy dink? Jy kort al klaar wees ‘n vakansie of ‘n wegbreek. Iets anders as die normale naweek in Pretoria, op die bank, voor die TV. Hoe klink ‘n trip na Ponta do Ouro in Mozambiek van 18 – 21 Maart 2017? Beste van alles die trip kos R2300 per persoon, vir jou verblyf, jou ontbyt en aandete en ‘n entertainment package van jou keuse.

Watse entertainment package kan jy kies?

Die beste deel van Ponta in Mosambiek is dat daar soveel is om te doen, en as deel van die gevaaalik.com package kry jy een adventure ook as deel van jou trip. Jy kan kies tussen een van die volgende:

  • ‘n Duik of jou Discover Scuba duik as jy wil begin duik (sluit dive gear rental in)
  • ‘n Quad bike adventure deur Ponta se duine en bars
  • Snorkel saam met dolfyne
  • Snorkel op ‘n vlak rif
  • ‘n Ponta pub crawl waar ons al die coolste pubs gaan besoek (sluit ‘n drink by elke bar in)

As jy meer as een van die adventures wil doen, kan ons dit ook reël teen ‘n ekstra koste.

Mens ervaar altyd die coolste goed as jy bietjie buite jou comfort zone is, of as jy iets nuut ervaar vir die eerste keer. Dus het ons besluit om ons trippies nie net fun te maak nie, maar oor bietjie avontuur in jou lewe te sit deur jou die kans te gee om iets avontuurlustig en nuut te doen.

Ponta do Ouro verblyf in Mosambiek

Coco Cabanas Mozambique accomidation

Die bar by Coco Cabanas

Wanneer jy deur die dag ‘n adventure gehad het, en lekker geparty het in die son met R&R’s, dan wil jy ‘n lekker gemaklike bed hê om in te slaap die aand. Jy soek ook ‘n stort om jouself te kan skrop. En op die gevaaalik.com trip het ons jou covered. Jou R2300 sluit ook jou verblyf in by Coco Cabanas.

Mozambique trip Coco Cabanas

Die Coco Cabanas Mozambique

Gemaklike beddens, beddegoed, ‘n kombuis (glo nie ek gaan my kombuis veel gebruik nie), badkamer wat alles reg sal wees vir jou as jy in die aand wil uitpaas of as jy deur die middag ‘n middag-uitpaas wil doen. Coco Cabanas is ook binne stap afstand van die strand, of jy kan jou verblyf upgrade vir R200 en dan reg langs die strand bly by Kaya Kweru.

Kaya Kweru is langs die strand, het alles wat Coco Cabanas het en ‘n lekker swembad. As jy wil wakker word reg langs die see dan las jy net R200 by jou R2300 en upgrade jou verbly na Kaya Kweru toe.

Kaya Kweru Mozambique

As jy upgrade na Kaya Kweru verblyf, is die hoe naby jy aan die strand gaan wees

Kaya Kweru Ponta Do Ouro Mozambique

Kaya Kweru is gemaak vir laat party en lekker afkoel in die swembad

Jou verblyf sluit ook ontbyt en aandete in, so jy moet net sorg vir snacks en iets om te tand in die middag. Ek stel voor jy kom eet een middag saam met my by Coco Rico.

Hoe die trip gaan afspeel?

Ons vertrek 12:00 am uit die ooste van Pretoria sodat ons op die grens is by Kosibaai sodra die grens oopmaak. Ons skiet deur die grens en stop by die eerste bar om ‘n yskoue bier te drink. Ons gaan pak vinnig ons dinge af by ons verblyf en dan spandeur ons Saterdag, Sondag en Maandag in Mosambiek voor ons die Dinsdag weer te pad terug Pretoria toe aanpak.

Snorkeling Mozambique

Snorkel op vlak riwwe is ongelooflik cool

Natuurlik gaan jy of Saterdag of Sondag jou adventure doen, afhangende van wat jy kies. Die adventure deel van die dag doen ons die oggend wanneer almal nog vars en nigter is.

Om self te ry is nie lekker nie, en ook duur. Dus gaan ek ‘n ekstra R800 betaal sodat iemand anders my soentoe ry in ‘n bussie. Ek stel voor jy doen dieselfde, dan hoef jy nie jou kar op die grens te los in Kosibaai nie.

Wil jy saamkom? Dan maak jy so

Vir meer besonderhede, as jy enige vrae het, of as jy meer informasie soek, mail net vir my by gevaaalikdotcom@gmail.com  of WhatsApp/bel by 0788452709 en ons kry die bal aan die rol. As ‘n bonus gaan ek ‘n video maak van die trip wat op YouTube sal wees wat jy vir al jou vriende kan wys as jy brag oor jou awesome gevaaalik.com adventure package.

Daar is ‘n beperkde hoeveelheid spots oop vir die eerste gevaaalik Adventure Trip, so mail my gou en ons book jou en jou vriende se spots voor dit te laat is.

Om deel te wees van die gevaaalik Adventure trip groep moet jy ouer 18 jaar oud of ouer wees.

You may also like...

8 Responses

  1. hanswors says:

    Is daai girl ook daar?

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @hanswors: Daar is reeds ‘n paar dames wat hul geldjies betaal het.

  3. Hotgirlinbikini says:

    @hanswors ek gaan as jy gaan

  1. February 4, 2017

    […] 18 – 21 Maart gaan ons Mosambiek toe vir die eerste gevaaalik Adventure Trip en jy kan saam kom. Jy kan kies van so paar adventures wat ingesluit is by die R2300 price tag vir die 4 dag trip, is om te snorkel op ‘n vlak rif soos die dame hier bo. Die prys sluit ook jou verblyf, ontbyt en aandete in. As jy wil saamkom, of meer weet, lees hier. […]

  2. February 9, 2017

    […] nie net ‘n breek nie, jy kort ‘n vakansie. Wat van ‘n 4 dag trippy na Mozambiek? Ontbyt, aandete, verblyf en een gevaaalike adventure vir net R2300. Ek gaan, en dit sal befok wees as jy saamkom, eerder as ‘n ander […]

  3. February 14, 2017

    […] Wie het gesê ‘n avontuur moet ‘n arm en ‘n been kos? Ons het ‘n gevaaalik Adventure trip na Mosambiek gereël vir 18-21 Maart wat net R2300 kos. Dit sluit jou verblyf, ontbyt, aandete en een adventure in. Meer info hier. […]

  4. February 17, 2017

    […] ons gaan Mozam toe vir die eerste gevaaalik Adventure Trip en jy kan ons join. Mozam trippies hoef nie ‘n arm en ‘n been te kos […]

  5. February 20, 2017

    […] jou bestelling meer manually te plaas. Koop ‘n hemp, koop ‘n beursie of kom saam op die gevaaalik Adventure na Mosambiek en help om ons wiele aan die draai te […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *