Backroads Less Travelled part 1
Dit is ‘n ver pad om te ry van Thabazimbi af, tot by Sodwana. Dit is ten minste twee ure meer as wat ons beplan het om te ry. Hierdie mag dalk klink of ek besig is om ‘n doos te wees, maar ek is: Die ver pad is makliker as jy heeltyd ander knape van Gauteng sien terug ry Gauteng toe, en jy is nog oppad na Sodwana om te duik en net lewe.
Om die “ode van die vroue gelukkig te hou is ons eers bietjie bosveld toe voor ek en Scuba Steve pad uithgeslaan het na na Sodwana en ons het vandag hier aangekom. Dit was ‘n lang pad maar ons het goed gery. Nou is ons hier.
Ons bly by Reefteach, en hulle is wel bietjie duurder as byvoorbeeld Coral, een van die meer bekende diving excursion plekke hier in Sodwana. Maar, ook so bietjie meer luuks. Vanoggend voor ons hier uit ons kamer (met badkamer en kombuis) gewaai het het ek en Scuba Steve agter gekom hoe gelukkig ons is om daardie vrouens te hê wat ons eers moes bosveld toe vat.
Ons kamer en die kombuis van ons kamer was ‘n gemors. Baie deurmekaar. Toe ons terug kom van ons duik die oggend toe is alles sorted. Meer daaroor more.
Hier in Sodwana is ‘n plek met die naam “Lighthouse”. Hulle bedien great pizza en ook ‘n cocktail met die naam “Sodwana Ice Tea”. Dit is ‘n vreeslike blou cocktail met baie wit-drank en dit sal jou vinnig dronk kry as dit jou thing is.
Luister gerus na die kort 15 minute podcast oor dag een van “Backroads Less Travelled”. Dus roep ons hom “Part 1”.
Tot more biatches!
Dankie aan Geko Divers wat ons gehelp het om die trip te reël. As jy wil leer duik of ‘n duik trip wil beplan is Geko Divers die mense om mee te praat.
Awesome. Ek sien uit vir part 2.
Fokket! Ek love hierdie nuwe ‘Backroads less travelled’ ding! Gee my nog! Check julle more