Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

17May/130

Marvel’s Agents of S.H.I.E.L.D.

Posted by Ruan Stix Fourie

Marvel's Agents of S.H.I.E.L.D.

As jy The Avengers gekyk het dan weet jy al van S.H.I.E.L.D. Basies is hulle hero's wat nie super is nie. Die is 'n Marvel TV series en soos die ander Marvel flieks kan ek nie wag om die een te sien nie. Die eerste trailer vir Agents of S.H.I.E.L.D. het onlangs op die internet verskyn en ek dink dit behoort 'n goeie series te wees. Wat dink julle?

Tagged as: , No Comments
8May/132

The World’s End Trailer

Posted by Ruan Stix Fourie

As jy Shaun of the Dead of Hot Fuzz al gekyk het dan ken jy vir Simon Pegg en Nick Frost. Die twee is bekend vir hulle donker britse humor met 'n Sci-fi twist en hulle nuwe fliek, The World's End, lyk asof dit gaan opleef tot die Shaun of the Dead se standaarde.

the world's end

In The World's End volg ons vyf vriende wat altyd 'n pub crawl gedoen het in hulle dorpie deur 12 pubs. 'n Hele paar jaar nadat hulle almal al getrek het en kontak verloor het gaan hulle terug om dieselfde pub crawl weer te doen. Maar die dorp is anders, dit is nou waar die Sci-fi deel in kom. Gaan jy The World's End gaan kyk?

Tagged as: 2 Comments
18Apr/130

Delivery – Die raw stand-up comedy documentary

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek dink crowd-sourcing sites soos Kickstarter en IndieGoGo is great. Dit gee elke een van ons die krag om te help om iemand anders se idee of droom waar te laat word. Goed soos Delivery, die documentary oor 'n Mark Meyers wat sy eerste documentary maak oor 4 ouens wat stand-up comedy vir die eerste keer gaan try, en Mark wil dit doen voor die geboorte van sy kind.

Delivery Documentary

As iemand wat al self die stand-up comedy stage getry het moet ek erken dat dit 'n groot deel uitmaak van hoekom ek Delivery wil kyk. Stand-up comedy is regtig die moeilikste en maklikste ding wat jy ooit in jou lewe sal doen. Public speaking is die nommer een vrees van meeste mense, en dit is net public speaking, nie eers met die doel om mense te laat lag nie.

Mark Meyers beskryf die inspiration agter Delivery die beste:

I've been greatly influenced by DIY filmmakers such as Ed Burns & Robert Rodriguez, but I have equally been inspired by the story telling and emotional depth of films like Robert Zemeckis' Forrest Gump, and Frank Darabont's The Shawshank Redemption (not to mention films by Spielberg, Fincher, & Spike Jonze).

As for comedy, I have never thought about doing stand up - ever.  But growing up on The Simpsons & Seinfeld, and comedies like Dumb & Dumber have infused so much humour (Canadian spelling) into my life that the desire to make people laugh is almost my number one priority. But I am an anxious guy - I get uncomfortable in regular situations.  So doing stand up is fearful for me; so is becoming a father; so is making a film... but as they say, the best way to destroy an enemy, is to make them your friend.

Hier is die trailer vir Delivery en jy kan die link volg as jy die fliek wil ondersteun. Daar is nog 5 ure oor om die ouens 'n paar rand te gee.

Tagged as: No Comments
15Apr/130

The Hangover Part III Trailers

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek dink nie The Hangover was oorspronklik veronderstel om 'n trilogy te wees nie. Maar die eerste fliek was 'n moerse sukses en oor Hollywood vol geldgurige naaiers is het die storie van The Hangover bietjie langer geword. The Hangover Part 2 was snaaks en entertaining genoeg dat mens dit kon kyk en ek hoop eerlikwaar dat dieselfde eendag gesê gaan word van The Hangover Part III.

The Hangover Part 3

Ek is bly dat The Hangover as 'n reeks nou tot 'n einde kom. 'n Probleem wat baie goed in Amerika het is dat dit vir te lank aanhou. Hier is die twee trailers vir The Hangover Part III. Kom ons hoop hulle gaan uit op dieselfde bang as wat hulle begin het. Dink jy dat die laaste deel van die trilogy so goed gaan wees soos die begin?

Tagged as: No Comments
2Apr/131

Kick-Ass 2 Trailer

Posted by Ruan Stix Fourie

Kick-Ass 2 poster

Jip, nog 'n fliek trailer en die keer is dit nie 'n April fools joke soos met Pineapple Express 2 nie. Kick-Ass is die fliek van 'n outjie wat reken hy wil regtig 'n superhero wees. Dit was 'n great fliek, vol grappe, aksie en geweld. Nou is Kick-Ass (Dit is sy superhero naam) terug in Kick-Ass 2. Ek gaan beslis die een kyk. Gaan jy?

Tagged as: 1 Comment
2Apr/130

Pineapple Express 2 Trailer

Posted by Ruan Stix Fourie

Pineapple-Express-2-Trailer-This-Is-the-End

Pineapple Express is een van Seth Rogen se flieks. In die fliek word twee stoners per toeval betrokke by 'n criminal en baie gevaaalike situasie. Die fliek is fokken snaaks en is een van my gunsteling stoner flieks van alle tye. Nou is die "most anticipated sequel in history" hier.

Toe nie. Dit is net 'n April fools joke vir Seth Rogen en sy buddies se nuwe fliek This is the End

Tagged as: , No Comments
Page 1 of 512345
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers