Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Suicide Squad Trailer by Comic-Con

Ek is al so bietjie oor superhero movies. Die grootste probleem is dat baie van die superhero flieks deesdae ly aan “Michael Bay Syndrome”, waar die fliek meer gaan oor die special effects as die storie. Dit is presies die teenoorgestelde van waaroor comic books eintlik gaan. Comic het prentjies, maar dit gaan eintlik oor die stories.

Ons weet wat gaan gebeur

Die superhero wen. Maar enige fan van comic books sal weet dat die superhero nie altyd wen nie. Gelukkig raak dinge interesant met Suicide Squad. Want die heros is eintlik die anti-heros, so die kaans is groter dat dit nie net so maklik gaan wees soos die hero moet wen nie.

Suicide Squad Official Movie Comic-Con trailer

Daar is ‘n hele paar interesante casting keuses gemaak in Suicide Squad. Soos ons almal nou al weet is Ben Affleck Bruce Wayne/Batman, Jared Leto is The Joker en selfs Will Smith maak ‘n draai as Deadshot. Ek is nie te mal oor enige van die keuses nie, maar hoe meer ek van die fliek sien, hoe meer interesant raak dinge.

Harley Quinn Suicide Squad

Margot Robbie vat die sexy rol van Harley Quinn aan. Ek het nog altyd ‘n ding vir Harley Quinn gehad. ‘n Mal, super sexy girl met tattoos, what’s not to love? Jy sal haar miskien herken van haar sexy rol in The Wolf of Wall Street. Check maar die gif hier onder om jou geheu te verfris.

Morgot Robbie Wolf of Wallstreet sexy gif

Suicide Squad Comic-Con Trailer

‘n Suicide Squad trailer is gewys by Comic-Con Saterdag tydens die Warner Bros. panel. Nou wil ek die fliek nog meer sien as van te vore. Kom ons hoop die “Michael Bay Syndrome” bly ver van die een af en ons kry ‘n awesome storie saam met die aksie. Veral die laaste paar sekondes met Jared Leto as The Joker lyk baie belowend.

Loer na die trailer hier onder en laat weet wat jy dink in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *