Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Sausage Party – Animation wat ouers gaan laat sleg voel

Die ding van animated flieks is dat dit gewoonlik gemik is op kinders. Sausage Party is ‘n nuwe animated fliek wat baie dom ouers hul kinders toe gaan neem. Ek is ook baie seker dan daardie ouers dan met hande oor hul kinders se ore by die fliek gaan uit hol en hul geld terug vra.

Sausage Party

Slim ouers sal weet dat jy nie ‘n kind na ‘n Seth Rogen fliek toe vat nie. Ja, Evan Goldberg en Seth Rogen is die ouens agter Superbad, This is the End, Pineapple Express en meer, en nou doen hulle ‘n animated fliek met die naam Sausage Party.

Dit is nie jou normale animated fliek nie en jy sal vinnig agterkom hoekom as jy die trailer kyk hier onder. Ek is moerse bly om weereens ‘n vars idee te sien van Seth Rogen en sy vriende. Meeste flieks deesdae is maar dieselfde resep in ‘n ander pakkie. Sausage Party is iets nuut vir ‘n slag. Bring it on!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *