Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Entourage is terug as ‘n fliek

Vince, E, Turtle en Drama is terug en ek kan nie wag om dit te sien nie. Entourage is ‘n HBO-reeks en net soos meeste (daar is uitsonderings) van HBO se reekse is dit baie goed. Die reeks volg vir Vincent Chase, ‘n famous actor, en sy groep vriende rond. Dit is blykbaar losweg gebaseer op Mark Wahlberg en sy vriende. Nou word Entourage ‘n fliek en as dit enigsins is soos die TV-reeks was, gaan dit nie een wees om te mis nie.

Entourage Movie

Ronda Rousey is ook in die Entourage fliek. Dit is alklaar genoeg rede vir my om dit te sal wil kyk want Ronda Rousey is vir een of ander rede net vir my ongelooflik sexy. Miskien is dit oor sy my sal kan dood maak, met baie min moeite. Ari Gold is die agent karakter wat vertolk word deur Jeremy Piven. Dit is by ver my gunsteling karakter uit die reeks. Sy vlymskerp mond het my al aan die skaterlag gehad asof ek een maand perongeluk dubbel my salaris betaal is, sonder dat iemand dit agterkom.

Entourage trailer sexy blue bikini

Ek is seker dat net soos met die TV-reeks gaan ons baie te sien kry van die lavish Hollywood lifestyle; gevaaalike dames, crazy parties, sex, befokte karre en al die ander goed wat kom saam met famous wees in die VSA.

You may also like...

1 Response

  1. January 5, 2016

    […] is bekend vir hulle uitstekende series: The Sopranos, Game of Thrones, Entourage, Boardwalk Empire en vele meer. Laas toe Martin Scorsese en HBO saam ‘n series gemaak het, […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *