Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Mad Max: Fury Road – Comic Con Trailer

Kommersiële vliegtuie word afgeskiet bo die Ukraine, Gaza is letterlik aan die brand, Indië en Pakistan is op die brink van oorlog. Ja my vriende, ons lewe in vreemde tye. ‘n Mad Max post apocalyptic nuclear wasteland is ‘n groter realiteit nou as wat dit ooit van te vore was. Dit gaan suig. Hopelik sal dit eers gebeur na ek Mad Max: Fury Road gaan kyk het.

Cosplay girls is nie al wat daar is om te sien by Comic Con nie. Soos julle weet is Comic Con deesdae meer ‘n bemarkings foefie as ‘n convention, maar elke nou en dan word iets bekendgestel daar wat die wenkbroue laat rys. Die trailer vir Mad Max: Fury Road is een van die goed gewees by die jaar se Comic Con.

Mad Max Fury Road trailer

Tom Hardy vertolk die keer die rol van Mad Max, en daaroor is ek baie bly. Ek hou van hom. Wat ek wel kan sê is dat ek nie so happy is dat Charlize Theron in die fliek gaan wees nie. Moet my nie vra vir ‘n rede nie, ek like haar net nie. Is dit ok met jou dat ek dink sy is ‘n tos akteur? Nie? Goddank.

Mad Max: Fury Road lyk of dit vol aksie gaan wees. Kom ons hoop die fliek is beter as die trailer, want dit is iets wat nie baie gebeur deesdae nie. Vingers gekruis dat Charlize Theron se karakter vrek! Laat weet wat jou opinie is in die comments.

You may also like...

1 Response

  1. Blouvark says:

    Solank die fliek cool is gee ek nie ‘n tos om of Charlize daarin is nie. Ek sien uit na Tom Hardie as Max!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *