Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Rock en Siri maak ‘n “fliek”

Apple het geld om rond te gooi. Onthou hulle het ongelooflike overpriced produkte, wat goed verkoop. Die koffers by Apple is dus dik. Apple verstaan ook dat jy moet byhou met die tye, fokus op “Voice” en “content” om te help daardie overpriced produkte te verkoop. HomePod is die oplossing vir ons “Voice” gevulde lewens van Apple af, en met The Rock en Siri sorg hulle ook vir die “content”. Die kortfilm (wat eintlik meer soos ‘n lang advertensie is) kom met ‘n baie onoorspronklike naam: The Rock X Siri.

Dwyne Johnson, of The Rock, is ‘n baie besige ou. Daardie miljoene kom nie van nerens af nie. In The Rock X Siri, gebruik The Rock vir Siri om ‘n bucket list deur te werk. Onthou jy die dae toe jy nog niks geGoogle het nie. Ons is tans in die laaste dae waar daar mense is wat nog nie voice search gebruik nie. Probeer dit bietjie, sê vir jou foon:

Ok Google/Hey Siri, how old is Conor McGregor

Oor vyf jaar gaan almal goed Google met hul monde eerder as om dit te tik. Scary.

Op die ou einde van die dag is hierdie maar net ‘n Apple advertensie, wat langer is as ‘n normale advertensie, bietjie meer vermaaklikheid gee as wat ek verwag het en sekerlik ook aansienik duurder as ‘n normale advertensie. Lekker. Check die “fliek” hier onder en laat weet my wat jy dink daarvan in die comments.

https://youtu.be/ufBLI6bB9sg

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *