Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

31Jan/131

Tool – Right in Two

Posted by Ruan Stix Fourie

Tool is bekend vir Maynard James Keenan se lirieke. Daar is hordes websites waar mense die verskuilde betekenis agter al die lirieke van Tool probeer bepaal. Ek het al 'n interview gesien waar Mynard James Keenan gevra is of daar regtig 'n betekenis agter sy lirieke is. Dit is nie 'n onderwerp wat hy verkies om te vermy, seker maar oor hy die vraag al so baie moes hoor. Sy reaksie was dat hy musiek maak en as mense 'n dieper beteknis daarin vind dit ok is. Niks meer en niks minder.

Tool Band Picture

Tool se lirieke kan dikwels net soos hulle music video's fokken trippy wees. Of jy nou dink Mynard James Keenan probeer 'n dieper betekenis ageter sy lirieke sit of nie, die lirieke bly incredible. "Right in Two" is 'n great song vir 'n paar redes. Dit is 'n ongelooflike progressive metal piece waarin die build-up bou soos net Tool dit kan doen. Daar is ook 'n groot instrumental piece wat my hoendervleis gegee het en nogsteeds soms doen. Blykbaar word die bass, guitar en dromme klaar record voor Maynard dit enigsins gehoor het. Wanneer die instruments klaar record is, kom Maynard in en doen sy melodies en lirieke.

Dan is daar die lirieke van "Right in Tow". Ek is gaan nie maak asof ek 'n dieper betekenis agter die song sien nie, en al het ek sal ek dit nie aan julle probeer verduidelik nie. Wat ek wel kan sê is dat die lirieke duidelik gaan oor twee engele wat praat oor hoekom mense vryewil gekry het. Maar jy moet self daarna luister en vir jouself besluit. Dit is immers wat musiek een van die beste vorms van entertainment maak. Luister die song hier onder, die lirieke is ook in die video, dan los jy jou gedagtes in die comments.

Tagged as: 1 Comment
15Jan/130

Tool cover Led Zeppelin – No Quarter

Posted by Ruan Stix Fourie

led zeppelin older

Na ek laas week die video van "Kennedy Center Hounours Led Zeppelin" hier op gevaaalik.com met julle gedeel het, het ek iets onthou. Tool het ook al 'n cover van 'n Led Zeppelin song gedoen. Op Tool se Salival het hulle 'n cover gedoen van Led Zeppelin se "No Quarter". Die cover was eintlik al deel van die recordings toe Tool gewerk het aan die Ænima album.

Ek love die song. Wat dink jy? Los 'n comment en laat weet my.

14Nov/125

Deftones – Passenger ft. Mynard James Keenan

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek het lanklaas na die Deftones geluister. Al het ek op 'n stadium baie na hulle geluister kom hulle nie meer baie op in my playlists nie. Ek mind nie hulle musiek nie, maar ek luister ook nie baie daarna nie. Tool aan die ander kant is 'n band wat ek elke week luister, soms daagliks.

"Passenger" is 'n Deftones song van die album White Pony af. Wat maak "Passenger" so 'n great song? Maynard James Keenan van Tool deel die vocal responsibility met Chino Moreno en die resultate is ongelooflik. Die song gaan nie jou lewe verander nie (behalwe as jy 'n groot Deftones of Maynard James Keenan fan is) maar dit is tog nie 'n slegte song nie. Dit het uit en uit 'n Deftones klank en die kontras tussen die Deftones klank en Maynard se vocals is wat die song vir my so great maak.

Veral Maynard se chorus deel vanaf omtrent 02:00 in die song in is vir my great.

11Oct/120

Tool – Ænema

Posted by Ruan Stix Fourie

Tool is bekend vir hulle vreemde music video's en die video vir "Ænema" is defnitief een van daardie vreemde video's. Die beste manier om die vidoe's te beskryf is "rook dagga, eet shrooms, vat Ayahuasca, gooi aliens in die mix, fokus op jou chakra's en maak 'n music video".

Die lede van Tool het net in hulle eerste twee music video's verskyn. Sedert daardie eerste twee video's het die lede van Tool besluit om nie in hulle music video's te verskyn nie oor hulle nie wil hê mense moet op hulle fokus in plaas van die musiek nie. Adam Jones (guitar) is 'n special effects artist gewees en dus is hy betrokke by al Tool se video's. Adam sal ook ander kunstenaars kry om hom te help met die maak van Tool se music video's, soos  Chet Zar, Alex Grey, and Osseus Labyrint.

"Ænema" is van Tool se tweede full length album af met dieselfde naam, Ænema. Dit is by ver my gunsteling song van die album af gevolg deur "Jimmy". Op "Ænema" word daar verwys na Arizona Bay en die liriek speel met die idee van Los Angeles wat in die Pacific Oseaan in val as 'n oplossing vir die toestand van die samelewing. Die is 'n iets waaroor Bill Hicks op sy album  Arizona Bay ook gepraat het.  Ænema was 'n huldebleik aan comedian Bill Hicks wat twee jaar voor die album se release oorlede is. Die song "Third Eye" begin met 'n sound clip van een van Hicks se performances.

Luister mooi na die lirieke van die song. Dit is nou as jy kan fokus op die lirieke met die strange visuals in die video.

Tagged as: , No Comments
17Jul/121

A Perfect Circle – Passive

Posted by Ruan Stix Fourie

A Perfect Circle is die super group wat bymekaar gesit is deur Mynard James Keenan (Vocalist van Tool) en guitarist Billy Howerdel (Guitarist van Ases Divide). Ander lede van die band wissel meestal maar het al Paz Lenchantin op bass, Troy Van Leeuwen op guitar, Tim Alexander on drums, bassist Matt McJunkins (Puscifier en Ashes Divide), James Iha (was in Smashing Pumpkins) op guitar en Josh Freese op dromme (Nine Inch Nails en The Vandals) ingesluit. Al het A Perfect Circle al baie verskillende line-ups gehad as dit kom by lede van die band het die styl van die band nog altyd dieselfde gebly want Howerdel compose die musiek en Keena skryf die lirieke.

A Perfect Circle

A Perfect Circle het al drie albums uit,  Mer de NomsThirteenth Step and eMOTIVe. Die band het op hiatus gegaan in 2004 en al was daar al sprake van nuwe musiek en 'n album is al wat ons al gesien het 'n toer in 2010. "Passive" kom van die album eMOTIVe af en was ook in die fliek Constantine. Dit is eintlik 'n song van die band Tapeworm wat nooit eintlik musiek bekend gestel het nie. Tapeworm het bestaan uit Mynard James Keenan, Trent Reznor en Danny Lohner.

"Passive" is 'n awesome song en dit laat my baie wens dat ons meer van die musiek wat uit Tapeworm gekom het kan hoor. Ek is 'n huge van van Trent Reznor en Mynard James Keenan en kan net dink dat Tapeworm great musiek gemaak het. Dit is jammer dat ons tien teen een nooit Tapeworm as 'n band sal sien of hoor nie.

25Jun/120

Tool – Wings of Mary (Part 2)

Posted by Ruan Stix Fourie

Tool is een van my favourite bands. Hulle is verseker in my top twee. As jy nie Tool ken nie stel ek voor jy begin so gou as moontlik daarna luister. Koop sommer Tool se Lateralus album nou. Jy sal nie spyt wees nie.

Hierdie song hier onder kom van Tool se 10,000 Days album af. Ook 'n great album wat verseker die moeite werd is om jou geld op te spandeer. Die song "10,000 Days (Part 2)" gaan oor Maynard James Keenan se ma se dood. Sy het 27 jaar van haar lewe in 'n rolstoel deur gebring nadat sy 'n beroerte gehad het. "10000 days in the fire is long enough, your going home" is van die lirieke uit die song. Maynard se ma was duidelik 'n groot invloed op sy musiek en sy lirieke.

Asof die storie agter die song nie al klaar genoeg is om jou te oortuig nie, hier is vir jou een. Die is die song met die beste build up van enige song wat ek al ooit geluister het. Net na 05:30 minute in die song in begin die beste musikale werk wat jy moontlik al gehoor het. Van die dromme, tot die guitar en base se ritme, die transitions en alles overall die song is ongelooflik goed. Vanaf die 08:20 raak dinge aansienlik harder en net meer briljant. Wanneer jy die luister maak seker jy speel dit hard. As jy 'n paar rand het om te spandeer op 'n CD die maand wat voorlê, maak seker jy koop vir jou een van die twee Tool albums hier bo.

Tagged as: , No Comments
Page 1 of 212
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers