Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Roky Erickson – Two Headed Dog

Ek het ‘n groot liefde vir psychedelic rock. Tool is my gunsteling band in die heelal en Queens of the Stone Age volg kort op hul hakke. Die is altwee bands wat sekerlik beinvloed is deur Roky Erickson, en veral sy een band 13th Floor Elevator. Hy en die 13th Floor Elevators was so te sê die begin van psychedelic rock. natuurlik was hulle groot voorstaanders van LSD, mescalin, DMT en dagga, wat hulle nie baie populêr gemaak het onder die polisie nie. Wie sou kon dink dat die pote nie hou van ‘n band wat ‘n electric jug player het nie?

Roky Erickson

Roky Erickson was dus op ‘n stadium gearresteer vir ‘n enkele joint. Hy het nie skuldig gelpeit met rede van mal wees, om die 10 jaar trokstraf te vermy. Hy is toe na ‘n “malhuis” gestuur waar hy teen sy wil electroconvulsive therapy ontvang het. Mental issues is dus nou deel van Roky se lewe, en het sy loopbaan skade gedoen. Alles oor een fokken joint? Belaglik, anyway. Die impak wat hy as vocalist en musiekant op musiek gehad het kan nie ignoreer word nie.

Doen jouself ‘n guns en gaan luister bietjie na van Roky en 13th Floor Elevator se musiek. Dit is awesome. Blues en rock kom saam op ‘n unieke manier, met Roky se ongelooflike vocals, en dit het geboorte gegee aan psychedelic rock. Die influence het selfs deurgetrek tot in Suid-Afrika, met bands soos Wildebees. Hier is die song “Two Headed Dog” wat ek al heeldag na luister. Laat weet way jy dink in die comments, as jy wil.

You may also like...

3 Responses

  1. StevenMcD says:

    Holy crap, this is awesome. Reminds me of music my Dad listened to when I was a kid. They should slap this straight on the Supernatural OST if they haven’t already

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @StevenMcD: Indeed. You can stream the whole album here: http://grooveshark.com/#!/album/Roky+Erickson+and+The+Aliens/5643489 I’m really digging it.

  1. May 25, 2015

    […] rock genre. Ken jy nie stoner/psychedelic rock nie? Dink Queens of the Stone Age, 13th Floor Elevators, so […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *