Podcast met Taxi Violence
Na Vrydagaand se opening van Arcade Empire het ons Saterdagoggend vir Taxi Violence gekry en met hulle gechat vir so bietjie meer as 'n uur. Dit was 'n baie lekker podcast. Dankie aan Taxi Violence, ons doen dit weer.

Ons praat oor Tanit Phoenix se boobs en toe sy in hulle "Unholy" video was. Ons praat oor die nuwe Arcade Empire. Ons praat oor Stoute Boudjies en ons praat oor groupies. En dan praat ons oor nog heavy baie goed soos Breaking Bad en ander TV shows. Ons lag ook vreeslik baie. Kry die podcast op iTunes of luister hom sommer hier onder. Dankie dat julle aanhou luister en die podcast share op Facebook en Twitter.

Podcast: Play in new window | Download
Taxi Violence – Deer in the Headlights Tour
Taxi Violence se Deer in the Headlights begin vandag. Taxi Violence is by ver een van ons beste local acts en is altyd awesome om live te sien. Hulle is verseker een van die bands wat ek nie gaan mis by Oppikoppi nie. As jy dus 'n fan is van awesome rock musiek check die datums en venues hier onder en kry jou gat by een van hulle shows.

JULY
18th Mercury Live (Unplugged) Cape Town
19th Tanz Cafe, Johannesburg
20th Arcade Empire, Pretoria
21st Stones, Boksburg
28th The Assembly, Cape Town - with Van Coke Kartel
AUGUST
3rd Klein Libertas, Stellenbosch
8th Wavehouse, Durban
9th Oppikoppi, Northam
Taxi Violence – Unholy feat. Tanit Phoenix (NSFW)
Voordat jy die video kyk, onthou asseblief dat hierdie video nie veilig is vir by die werk nie.
Taxi Violence is 'n relatief bekende Suid-Afrikaanse rockband. Hulle het onlangs die redelike risky musiekvideo van hulle single "Unholy" (vanaf hulle album Unplugged: Long Way from Home) bekendgestel. Dit feature die model Tanit Phoenix, haar kaal boobs en ook een van haar vriendinne. George van der Spuy, leadsinger van die band, het die volgende te sê gehad oor die video:
"The song is really just about people getting up to no good and doing things that are regarded as wicked or 'naughty' but instead of feeling guilty about it, they embrace it. Whilst shooting with director Jason Fialkov on a closed set (for obvious reasons) Tanit Phoenix embraces those elements and made sure to a turn up the heat when she suggested a 'friend' join her for a performance that was already quite risqué by nature. Her performance, our music and the director's great understanding of the music, in our opinion, was captured perfectly in true rock 'n roll bliss and embodies everything the song stands for and is about!"
So wat dink julle? Is dit regtig net oor "stoute" mense wat hulle "stoutigheid" embrace, of is dit eintlik net die band wat speel terwyl Tanit Phoenix (en haar vriendin) halfkaal in die skemer rondbeweeg met die doel om die notoriety van die video (en band) te verhoog? Begin bands al hoe meer risky video's maak omdat dit pas by die content van hulle musiek, of doen hulle dit net om aandag te trek? Laat weet ons in die comments.
Jy kan Taxi Violence op Facebook vind, hulle website besoek, of hulle op Twitter volg.

