Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Taxi Violence – Fake It – Nuwe EP en video

Suid-Afrika het nie meer so baie regte rock bands oor nie. Na die rock-boom tussen wat gebeur het na 2004 in Suid-Afrika het dinge stadig maar seker begin uitmekaar val vir rock in SA. Gelukkig is daar nogsteeds regte rock bands soos Taxi Violence, wat nog nooit van te vore teleurgestel het nie. Taxi Violence se nuwe single, “Fake It”, bewys net weereens dat die ouens altyd gaan rock musiek maak, want dit is wat hulle wil doen.

Taxi Violence - Fake It

Dit is geen geheim dat ek ‘n Taxi Violence fan is nie. En in true Taxi Violence form, doen die ouens weereens iets nuut, terwyl hulle hou by wat hulle doen: Awesome rock-musiek maak. In 2017 gaan Taxi Violence ‘n reeks EPs vrylaat wat opbou tot ‘n full album release aan die einde van die jaar. Shape and Form I is die eerste EP en op die EP is drie nuwe songs.

Taxi Violence stel die reeks EPs vry so op ‘n string sodat hulle meer gereëld vir hul fans nuwe musiek kan gee. ‘n Fokken blessing met die te kort wat die Suid-Afrikaanse musiek scene deesdae het aan rock musiek. “Fake It” het ‘n komieklike video wat bassist Loedie van Renen se idee was. Die video is ‘n rock ‘n roll Weekend at Bernie’s soort van video. Nie net is die video entertaining nie, maar “Fake It” is pure rock.

Taxi Violence Shape and Form I

“Grindstone” wat ook op die Shape and Form I EP is, het ‘n lekker stoner rock feel. Taxi Violence is vir ‘n paar redes een van my gunsteling bands, maar ek hou veral van die feit dat hulle die musiek maak wat hulle wil maak, sonder enige veskonings nie. Daar is altyd eksperimentering en ‘n soektog na die klank wat hulle in gedagte het, terwyl hulle bly by hulle rock-roots.

Maak plan om Taxi Violence live te check

Jy kan Taxi Violence live vang in die nabye toekoms by hierdie shows:

  • 4 March: Cape Farmhouse
  • 19 March: Backsberg Picnic Concert Series
  • 29 April: Africa Bike Week

Jy kan Shape and Form I luister op DeezerSpotify en iTunes. Dan as jy die vol Taxi Violence-experience wil kry, maak seker jy vang hulle live. Vir nou stel ek voor jy check die video vir “Fake It” hier onder.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *