Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

KillCityTV Coalition – The Flying Sex Snakes

Nou die dag sit ek en kyk ek ‘n episode van Sonic Highways en heelpad deur die epsiode dink ek: “Jirre maar Suid-Afrika se rock music scene het net so baie awesome shit wat perfek sal wees vir ‘n documentary-style-tipe-Sonic-Highways-ding.”

Daar het ook dadelik een studio in my kop ingespring wat perfek sal wees vir so iets:

Kill City Blues in die Kaap.

En my fok kan jy glo dat dit is asof iemand telepaties in my brein ingeklim het en ek so baie bly hulle het. KillCityTV Coalition series is presies so iets en ek dink dit is iets wat die SA rock scene al lank nodig het.

KillCityTV Coalition - The Flying Sex Snakes

Elke maand kom so paar verskillende lede van verskillende rock/metal/blues bands bymekaar en record ‘n nuwe song by Kill City Blues om te release vir download, for free. Die eerste episode van KillCityTV Coalition is nou online en jy kan ook die song wat gedurende die eerste episode se sessions record is nou download for free. Hulle noem hulself The Flying Sex Snakes en die groep bestaan uit Patrick Skuce op guitar (Kingdom/ We Set Sail/Howard Roark), Zack Emmanuel op bass (Filth), Chris de Wet Bornman op chorus vocals (Stoker/Dead Lucky), George van der Spuy op drums en vocals (Taxi Violence/Goodnight Wembley) en Nicolai Roos op guitar(The Sleepers/Big Exit).

Ons het ‘n ongelooflike rock/metal/blues scene hier in Suid-Afrika en elkeen van ons is deel van die scene. Nie net die musos in die bands nie, maar die mense wat die musiek luister, die videos kyk, na die shows toe gaan, oor die musiek praat en skyf. Elkeen van ons speel ‘n rol. Boonop dit alles kry jy ‘n fokken great rock song uit elke episode. Jy kan The Flying Sex Snakes se “Roadkill” nou hier download for free. Jy kan ook KillCityTV se YouTube channel hier vind, click daardie subscribe knoppie!

Support die local scene. Kyk KillCityTV Coalition Part 1 – The Flying Sex Snakes hier onder en deel dit met jou vriende wat musical documentaries geniet.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *