Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wo Fat – The Conjuring

Wo Fat klink dalk soos die naam van ‘n baie slegte rap group, maar hulle is so ver van rap as wat jy kan kom. Wo Fat is eintlik ‘n band wat val in die stoner/psychedelic rock genre. Ken jy nie stoner/psychedelic rock nie? Dink Queens of the Stone Age, 13th Floor Elevators, so iets.

Wo Fat - The Conjuring

In die geval van Wo Fat klink dit vir my asof High on Fire en Queens of the Stone Age saam op ‘n psychedelic experience was en toe is Wo Fat die musiek wat ontstaan het.

Vuil-distortion guitar en bass met solid drums, wat meer kan ‘n musiek fan wil hê? Ek love vuil-distortion nog altyd. Dit is die rede hoekom ek so groot van is van Nirvana en grunge oor die algemeen.

Wo Fat het al ‘n groot verskydenheid albums uit. So ver kon ek nog net my pad deur The Conjuring en The Black Code werk. The Conjuring is net 5 songs, maar die album is in total 47 minute lank. As songs wat in die 8 minuut omgewing draai jou ding is, gaan Wo Fat nie teleurstel nie.

Hier is die title track “The Conjuring” vanaf die album met dieselfde naam. Laat weet wat jy dink in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *