Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Rock uit met Dinsdagram

Vandat ek vir die eerste keer ‘For Whom the Bell Tolls’ van Metallica gehoor het, het my musieksmaak verander. Ek het in die laerskool bietjie na Nirvana geluister wanneer ek by my vriende met die cool ouers was. Selfs ‘n paar keer na ‘The Beautiful People’ van Marilyn Manson! Daai dae, ek praat nou laat 90’s, was sulke musiek duiwels. Veral as jou Pa in die weermag was en jou verbied het om ook ‘n step of god forbid ‘n UNDERCUT soos die cool kinders te kry. Eks nou bly dat daar nêrens ‘n foto van my met ‘n step is nie, maar nogsteeds.

Terug by die metal. Deesdae het mens die opsie om meeste van die bekendes op Twitter of Instagram te “volg”. My idee was om ‘n paar van die groot metal bands te soek op Instagram en voor te stel dat hulle deur julle metal outjies gefollow word, maar ek het tot ‘n beseffing gekom wat ek gevolglik sal deel.

Metallica – @metallica

Screen Shot 2016-07-05 at 4.30.47 PM

Kom ek begin deur te sê Metallica is die rede hoekom ek begin Metal luister het.  Ek het ook begin kitaar en dromme speel op Metallica, en ek het elke album meer as een keer gekoop.  Die hele Napster storie het my ‘n bietjie teleurgestel.  Hulle was van die eerste regte groot bands wie hul plate by shows weggegee het en nie “sell-outs” wou wees nie. En moenie vir my sê hulle sukkel met geld nie, so hoekom die bakleiery teen die deel van musiek?

Op die account kan jy sien waarmee hulle besig is meeste van die tyd.  Mens kan ook sien hulle raak oud, shame. Hulle het die wêreld ‘n moerse guns gedoen deur musiek te maak.  Jy kan vir Kirk Hammett (die lead guitarist) follow by @kirkhammett en indien jy nie Metallica ken nie, is jy net pleinweg baie jonk of weird. Jy kan Metallica volg by @metallica.

In Flames – @inflames

Screen Shot 2016-07-05 at 4.49.25 PM

Legendariese metal band van Swede af.  Hulle was ‘n paar jaar gelede in Suid-Afrika en die show was ongelooflik goed.  Hulle Instagram is nie te indrukwekkend wat clips en lekker persoonlike fotos (want dis seker maar die doel van iemand op Instagram volg) betref nie.  Baie merchandising en toere en so aan, wat seker maar ook op hul website te vinde is.

Maak nie saak watse fotos hulle post nie, hulle is legends en aan die gang vir 26 jaar so verseker worth a listen. Jy kan Inflames volg by @inflames.

Lamb of God – @lambofgod

Screen Shot 2016-07-05 at 5.10.38 PM

As jy enigsins respek het vir kunstenaars wie hul instrumente absoluut bemeester het, is hierdie die band vir jou.  Jy moet ook nogals hou van hardcore musiek, want die ou growl die heeltyd.  Hy is ook aangewys as een van die beste “growlers” daar buite. As ek hul musiek kortliks moes beskryf sou ek sê dis “full blown, hardcore, balls to the wall head-banging groove metal”. Hul Instagram bevestig dit, alles gaan oor live shows, guitars en lang hare wat headbang. Dis hoe dit hoort.

Die vocalist, Randall Blythe, kan jy volg by @drandallblythe.  Moenie enigiets Lamb of God related hier soek nie.  Hy is ‘n artist op verskeie manier, hoor.  Soos hy self sê in sy bio:  “My photos here, not my music. Order photo book below⬇️”.  Dit lyk my as jy kan fotos neem met ‘n relatiewe duur kamera en lens, en dit dan edit sodat dit swart en wit is, is jy ‘n fotograaf.

J kan Lamb of God volg by @lambofgod.

Slipknot – @slipknot

Screen Shot 2016-07-05 at 5.22.48 PM

Die berugte 9 piece waarvan ons ouers se nagmerries gemaak is.  Slipknot se musikale vermoë is volgens my baie seergemaak deur hul image.  Hulle het gegaan vir shock value en dit heel goed reggekry.

Hul drummer, Joey Jordison, is ongelooflik alhoewel hy intussen vervang is.  Die twee guitarists is ver bogemiddeld, en Corey Taylor is ‘n baie veelsydige sanger.  Wat die ander betref – die bassist is average.  Sid die DJ is seker ok, nie wat ek sal noem ongelooflik nie.  Die twee hansworse wat die dromme met baseball bats bliksem is maar net daar om die stage vol te maak en by goed af te spring dink ek.

Jy kan Slipknot volg by @slipknot.

Iron Maiden – @ironmaiden

Screen Shot 2016-07-05 at 5.54.42 PM

In terme van longevity is daar nie veel wie kersvashou by Iron Maiden nie.  Hulle is al aan die gang van 1975 af, en alhoewel hulle nou en dan vir ‘n jaar of twee ‘n ander lid gehad het is hulle dieselfde klomp manne en om vir 41 jaar aan die bokant van die musiekbedryf te wees is iets om oor trots te wees.

Die frontman, Bruce Dickenson, raak nou op die 7de Augustus 58.  As jy hom nou onlangs live in Suid-Afrika beleef het sou jy baie verbaas wees om te sien hoe iemand wie so oud of ouer as jou Pa is soveel energie het.  Die enigste soortgelyke energieke oubaas frontman wie ek al gesien het is Bruce Springsteen.

Gaan kyk gerus na hul Rock in Rio show.  Die show is in 2001 in Brazil gehou en is gespeel voor rofweg 250,000 mense.  Die ergste is dit is die 2de grootste skare waarvoor hulle al gespeel het.  By 1985 se Rock in Rio, ook in Brazil, was daar 300,000 mense. Gaan volg vir Iron Maiden by @ironmaiden.

Volg vir Stix by @gevaaalikdotcom en vir my by @sventasties.  Los comments en laat weet van lekker Instagram accounts wie ons kan volg.  Asb geen selfies en niks fotos van mense wie hul eie abs afneem in die spieël nie.

You may also like...

14 Responses

  1. Van says:

    al d comerchel bands wt d wannebies na lyster!!!! n hkm niks lokal heavy rock soos prim circel??????

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @van: Leer spel poesbek.

  3. Van says:

    poes bek is 2 woorde lol!!!!!

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Van: Jirre ou, poesbek is een term, dus een woord. As jy nou byvoorbeeld ‘n bek vol poes gehad het sou dit twee woorde gewees het. Leer spel.

  5. Van says:

    ht j ondr i klip skool gegan???? lololol, losr waatkykjy wannebe!!!!

  6. Vannhh says:

    Jir, iets se my ek moet eerder ‘n ander username kies…

  7. TheBash says:

    @Van: Yup, daai laaste comment van jou het my finaal oortuig dat jy verseker n poesbek is.

  8. Van says:

    @thebash k bash jo bek in jo poes!!!!

  9. Ruan Stix Fourie says:

    @Van: 21 jarige seuntjies wat nog nooit in ‘n fight was nie moet versigtig wees as hulle mense begin dreig op die internet.

  10. Van says:

    Vr jo snap k eerst ou maar gat!!!!

  11. Vannhh says:

    @Van: Jis ou regtig? Geniet jy dit om so te wees?

  12. Ruan Stix Fourie says:

    @Van: Talk is cheap bitch. Plus, jy moet eers wegkom van jou design-lessenaartjie af daar by die restaurant voor jy enige iemand sal “breek”. Pasop dat iemand nie jou adres, jou werkgewer se adres en jou Facebook profile deel op die internet nie. Ek hoor werkgewers like dit nie as hul employees hul laat kak lyk op die internet nie.

    FYI om iemand ‘n maergat (let op die spelling en die feit dat dit een woord is) te noem as jy self ‘n maergat is, is baie onnosel.

  13. Van says:

    k snap jo nog steets eerste maar gat!!!!

  14. Van says:

    jo speling is d poeste ok k snap jo nog steets eerste maar gat!!!! ni eers haije sl jo in d see wl vreet ni!!!! lololol!!!!!!!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *