Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dinsdagram – Die Rockstars

Ok, ek weet, twee van hulle is nie rockstars in die tradisionele manier nie, maar hulle is steeds rockstars op hul eie manier. Die week se Dinsdagram is om jou inspireer. Twee van hulle is rockstars vir ‘n lewe en die ander twee is net fokken cool. Die een het selfs Rock in sy naam. Loer maar na die week se Dinsdagram en maak jou Instagram bietjie meer interesant deur hulle te volg. Jy kan vir my volg op Instagram by @gevaaalikdotcom en vir Sven by @sventasties.

Randy Blythe – @drandalblythe

Hy is die ongelooflike vocalist van Lamb of God maar hy is ook ‘n fotograaf en dus sal jy baie cool foto’s sien op Randy Blythe se Instagram account. Randy hou veral van wit en swart foto’s en ek moet erken dat hy talent het vir foto’s neem. Great huh? Nie net het hy een van die meanste metal stemme nie, maar hy is ook ‘n goeie fotograaf. Verwag baie foto’s wat geneem word op toer saam met Lamb of God en ook van ander rockstars wat saam met hulle toer. Jy kan vir Randy Blythe volg by @drandalblythe

drandalblythe

Nita Strauss – @hurricanenita

Nie net is Nita Strauss mooier as jy nie, sy speel ook beter guitar aswat jy ooit sal. Nee, ek gee nie om hoe baie jy oefen in jou slaapkamer nie, ek sal altyd eerder vir haar kyk wat guitar speel as wat ek sal vir jou. Nita is ook een van Alica Cooper se guitarists en ‘n avid fitness-persoon. Daardie lyf gaan nie self so bly lyk nie, dit vat werk en die kombinasie van live speel saam met Alice Cooper en gym doen wonders vir Nita se lyf. Op Haar Instagram sal jy haar cleavage sien, sy wat guitar speel, sy wat toer saam met Alice Cooper en meer. Volg haar by @hurricanenita

hurricanenita

The Rock – @therock

Hy was een van my gunsteling WWE stars en is nogaltyd ‘n baie cool dude. Deesdae is hy nie net een van die vriendelikste ouens op Instagram nie, maar hy motiveer ook ander om die werk in te sit wat sal lei tot sukses. The Rock is ‘n akteur, atleet, motivator, nice guy en funny dude en op sy ongelooflik bekende Instagram account sal jy sien hoe The Rock die rockstar lewe leef en steeds die werk in sit. Hy staan elke oggend baie vroeg op, pomp ysters en dan lê die res van sy dag nog vir hom voor. As The Rock jou nie soos ‘n luigat laat voel nie, lieg jy seker vir jouself. Volf The Rock by @therock

therock

Pro tip: Heel links in The Rock se foto hier is Charlotte McKinney, wat ons ook al in die Dinsdagram gehad het.

Connor McGregor – @thenotoriousmma

Een van MMA se grootste shit talkers is ook op Instagram. Conor McGregor is nie net ‘n notorious shit talker nie, maar hy sit sy vuiste gereëld waar sy bek is. Hy is ‘n ongelooflike mixed martial artist (al kort sy ground game bietjie werk) en lyk na ‘n fun bra om saam mee te party. Maar moet nie ‘n fout maak nie, McGregor is bang vir niemand en al is hy ‘n Lightweight champion sal hy enige size ou aanvat, en likely die ander ou se tande uit donder. Op Conor se Instagram sal jy foto’s sien van sy twee Bently’s, sy Range Rover, sy rockstar leefstyl, die werk wat hy insit asook ‘n foto van sy hot girl hier en daar. Volg vir Connor by @thenotoriousmma

thenotoriousmma

Wie volg jy?

Is daar ‘n befokte Instagram account waarvan ons nog nie weet nie? Los die naam of ‘n link in die comments hier onder en dan deel ons dit met die res van die gevaaalik.com lesers in volgende week se Dinsdagram.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *