Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dinsdagram – Die Comedians van Instagram

Dinsdagram is hier om jou te help om die beste Instagram accounts te kry om te volg. Ons het al na natuur Instagrams gekyk, gevaaalike dame Instagrams en selfs dagga Instagrams. Vandag gaan ons probeer om jou Instagram bietjie snaakser te maak, deur vir jou so paar comedian Instagram accounts te wys.

Instagram is ‘n baie visual social network en omdat ‘n picture a 1000 words, kan jy lekker snaakse foto’s post op Instagram. Party Instagram accounts is comedians se accounts en ander is net snaaks. Vandag het ons 3 comedians se Instagram accounts en een wat net snaaks is.

Joe Rogan – @joerogan

Joe Rogan is ‘n stand-up comedian, podcast en UFC colour commentator. Op Sy Instagram account sal jy foto’s sien van sy comedy, sy podcast asook MMA goed. Tussen deur is daar ook bow hunting en vele ander goed waarmee hy homself besig hou. Hy het al 1.2 miljoen followers op Instagram en jy kan hom volg by @joerogan.

Joe Rogan Instagram

Ari Shaffir – @arishaffir

Ari Shaffir is ook ‘n comedian en hy het ook ‘n podcast. Hy is ook die founder van ‘Shroom fest’, ‘n naweek waar mense reg reondom die wêreld magic mushrooms tand as deel van die fest. Hy is mal daaroor om sonder ‘n hemp rond te loop en het onlangs sy smartphone ingeruil vir ‘n flip-phone oor hy reken hy het verslaaf geraak aan sy smartphone. Hy is ook die creator van die Comedy Central show This is not Happening waar hy en ander comedians stories vertel wat draai om ‘n sekere tema. Jy kan hom volg by @arishaffir.

Ari Shaffir Instagram

Iliza Shlesinger – @ilizas

Iliza Shlesinger is ook ‘n comedian. Verseker een van die female comedians wat eintlik snaaks is. Haar Instagram was op ‘n stadium die talk of the town gewees omdat sy nie skaam is oor bietjie lyf wys nie. Die foto hier onder is bewyse daarvan. Op Iliza se Instagram account sal jy baie behind the scenes foto’s sien van haar lewe as comedian, veral foto’s saam met ander famous mense, snaakse goed, yoga pants en gym foto’s, en ook ‘n sexy foto hier en daar. Jy kan vir Iliza volg by @ilizas.

Iliza Sleshenger

Miserable Men – @miserable_men

As jy ‘n ou is en jy het ‘n meisie of ‘n vrou het sy jou waarskynlik al ten minste een keer saam gesleep na ‘n mall of ‘n winkel toe waar jy toe amper gevrek het van verveeltheid terwyl sy alles in die winkel probeer aanpas. Miserable Men die Instagram account is foto’s van mans wat tans sit met daardie presiese probleem. Niks fancy hier nie, net foto’s van ouens wat hul lewens haat en vir een of ander rede is dit baie snaaks. Jy kan die boredom aksie volg by @miserable_men.

Miserable Men Instagram

Het jy ‘n gunsteling Instagram account wat jy volg? Miskien sal ons dit ook like. Los vir ons ‘n naam of ‘n link in die comments hier onder en dan deel ons jou voorstel met die res van die gevaaalik.com lesers. Jy kan natuurlik vir @gevaaalikdotcom en @sventasties ook volg, as jy wil.

You may also like...

2 Responses

  1. June 8, 2016

    […] Iliza Shlesinger (hier onder) is een van die comedians wat ons feature in die week se Dinsdagram. […]

  2. June 10, 2016

    […] Die dame hier onder is Iliza Shlesinger, en sy is een van die comedians wat ons voorstel jy volg in die week se Dinsdagram. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *