Miley Cyrus volg in Britney Spears se spore
Hier is hoe dinge verloop: Jy is 'n jong dame, jy maak tos popmusiek en die enigste manier waarop jy dit gaan kan laat verkoop is om die video's te laat drip van sex. Dan maak jy miljoene voor jy 18 is en jy laat baie mans voel asof hulle tronk toe moet gaan as hulle een van jou video's sien. Jou ouers het toe jy baie jonk was al die besluit geneem om jou op te fok as mens, want geen tiener wat 'n persoonlikheid moet ontwikkel kan dit voor miljoene mense doen en normaal aan die ander kant nie uitkom.
Glo jy my nie? Onthou jy daar was eens op 'n tyd so semi-famous persoon met die naam Britney Spears? Ja, die een wat toe eventually heeltemal haar kop verloor het en die skinhead move gerock het vir so 'n rukkie. Of miskien Lindsay Lohan, childstar wat toe 'n druggy-dief geword het en toe 'n pornstar vir Playboy. Sy is ook heeltemal mal.
Nou het Miley Cyrus (of Hannah Montana op Disney) ook haar kop finaal verloor en haar hare opgefok. Ek wonder hoe lank gaan dit wees voor ons Miley se eerste mugshot sien? Wie wil bets plaas op wie die volgende child star is wat gaan mal word? My geld is op Justin Bieber.


Pingback: Miley Cyrus Sex Tape uit op die interwebs | Gevaaalik.com