Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

So reageer Chatrouletters op ‘n dansende man in ‘n bikini

Hier by gevaaalik.com bring ons somtyds vir jou ongewone goed om jou dag bietjie op te kikker. Hou dus bietjie aan terwyl ek vir julle verduidelik hoe ‘n man in ‘n bikini (met ‘n mean motherfucker van ‘n snor) julle dag gaan verbeter.

Steve Kardynal is ‘n generally funny guy wat… wel, eintlik is ons nie seker wat sy deal is nie. Anyway, buiten vir die feit dat hy beslis ‘n Gevaaalik.com Snor Award gewen het vir sy besonder indrukwekkende snor, het Steve onlangs ‘n video gemaak van sy avonture op Chatroulette. Vir dié van julle wat nie weet wat Chatroulette is nie (en dus ook nie South Park kyk nie), dit is ‘n soort van Skype-affêre wat deur jou browser run. Jy sit aan die een kant, klik op ‘n knoppie, en binne enkele oomblikke sit jy en kyk vir ‘n random persoon wat aan die ander kant van die aarde kan wees (of dalk jou buurman kan wees, you never fucking know) wat ook voor sy/haar rekenaar sit. Jy kan dan of met die persoon gesels, of aanbeweeg na die volgende lukrake Chatrouletter. Elke tweede persoon wat jy teekom sit ook terloops met sy piel in sy hand. Maar anyway.

Nou Steve het homself in ‘n reeks skimpy vroue-uitrustings geklee en Chatroulette begin run. Terwyl hy Carly Rae Jepsen se “Call Me Maybe” perform het, het hy sy Chatroulette-gespreksgenote afgeneem, en dit daarna op YouTube gesit. Nou ek weet “Call Me Maybe” is baie soos Whigfield se “Sexy Eyes” (m.a.w. een van daardie goed wat die mensdom nou kastig geniet, maar in komende dekades met mag en mening gaan probeer vergeet, baie soos mullets, Baywatch en die Spaanse Inkwisisie), maar die video is die moeite werd net om mense se reaksies te sien op die absurditeit van Steve Kardynal (met ‘n moerse snor en in ‘n bikini) wat “Call Me Maybe” perform. Be quick, die record company wat “Call Me Maybe” besit gaan seker eersdaags die video laat verwyder.

http://www.youtube.com/watch?v=YCiY1y3uJ3o&feature=player_embedded

Jy kan vir Kardynal hier op Twitter ook volg.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *