Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Diaz vs McGregor 2 – I know you

Die vorige keer toe Nate Diaz en Conor McGregor kragte gemeet het was dit met slegs 10 dae se kennisgewing vir Diaz. McGregor het deur ‘n hele training camp gegaan en Diaz is gekies as ‘n plaasvervanger vir Rafael Dos Anjos.

UFC-202-diaz-mcgregor-2

Diaz het hom nie vir ‘n oomblik gesteur aan Conor McGregor se shit talking nie en toe hulle in die UFC octagon klim het Diaz die wenner uitgeloop nadat hy vir McGregor nie net outpace het nie, maar ook out box het. Op die ou einde was dit ‘n rear naked choke wat die geveg tot ‘n einde gebring het. McGregor het heeltyd die groot left hook try land en het homself vinnig moeg gemaak. Nate Diaz doen triathlons en sy fiksheid is ver bo meeste fighters se fiksheid.

Diaz vs McGregor 2 gebeur 20 Augustus by UFC 202 en dit is arguably die most anticipated fight in UFC history. Die Diaz broers is nog altyd baie populêre fighters en Conor McGregor het ook ‘n superster in die sport geword met ‘n hele spun vreeslike indrukwekkende oorwinnings waarvan die Jose Aldo 13 sekonde knockout die grootste was.

https://youtu.be/AqOTK-xHzYI

Ek hou van albei Nate Diaz en Conor McGregor baie. Hulle is albei in my top vyf coolste fighters. Conor McGregor sal nou ‘n hele training camp gehad het om reg te maak vir baklei teen Nate Diaz. nate Diaz aan die ander kant het nou ook ‘n hele fight camp, waar hy laas vir Conor gewen het met net 10 dae se kennisgewing. Wie wil ek hê moet wen? Ek sal nooit kan kies nie. Al wat ek wil hê is dat dit weer so ongelooflike goeie fight moet wees soos toe die twee die eerste keer in die octagon geklim het.

Wat dink jy gaan gebeur met Diaz vs. McGregor 2? Laat weet in die comments.

You may also like...

1 Response

  1. November 28, 2016

    […] jy al die nuutste promo gesien vir Nate Diaz vs. Conor McGregor 2? Dit is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *