Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Foo Fighters verras met nuwe single ‘Run’

Gister uit die bloute was daar skielik ‘n nuwe Foo Fighteters single uit, en binne minute het duisende mense dit begin deel op die internet. ‘Run’ is die single se naam en al begin die song baie rustic moet jy nie laat jy dink hierdie is rustiger Foo Fighters song nie. Die song gaan van rustig na amper full on thrash metal.

Die video het Foo Fighters se sin vir humor wat ons oor die jare uit baie van hul videos gesien het. Tog is baie van die video wat direct is deur Dave Grohl oop vir interpretasie. Alhoewel die Foo’s nog nie die Rolling Stones se ouderdom is nie, is hulle nie meer laaities nie. Jy kry ook die gevoel dat ‘net oor jy ouer is, beteken nie jy kan nie steeds rock nie’ uit die Foo Fighters se nuutste video.

Dit is ‘n great song. Ek het die ouderdom beryk waar al hoe meer van die idols waarmee ek groot geword het begin om die pad te vat wat vir elkeen van ons voorlê. Daar is iets aan hierdie song wat my gerus stel, daar is nog baie goeie Foo Fighters musiek oppad. Die mooi goed en die harde rock goed. En hier en daar, soos in ‘Run’, is die mooi goed en die rock goed perfek saam gesit, soos net die Foo Fighters kan.

You may also like...

3 Responses

  1. Ant says:

    3:40 titties made my day

  2. Arrie says:

    FOO FIGHTERS!!!!!!!!!!!!!

  1. June 8, 2017

    […] Stoute Boudjies gaan eerder as om te moet sif deur al die ander goed wat ook op die site is, soos Foo Fighters se nuwe music video. Kry vir jouself die nuusbrief hier, min of meer een keer ‘n week, […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *