Jy kan Stoute Boudjies in ‘n nuusbrief kry
Soms mis jy die Stoute Boudjies so bietjie. Soos ‘n mens wat nie mal is nie, kan jy wegkom van Facebook af so nou en dat en dus het jy nie die Stoute Boudjies gister gesien nie. Deur ons nuusbrief te kry, kry jy ‘n email wat mooi vir jou opsom wat alles gebeur het op gevaaalik.com vandat jy laas ‘n gevaaalik.com nuusbrief ontvang het. Dan kan jy ook direk na die Stoute Boudjies gaan eerder as om te moet sif deur al die ander goed wat ook op die site is, soos Foo Fighters se nuwe music video. Kry vir jouself die nuusbrief hier, min of meer een keer ‘n week, gewoonlik op ‘n Vrydag.
Die week het jy die Stoute Boudjies nie gesien op ‘n Woensdag nie, maar nie omdat jy iets gemis het nie. Net oor ek vanoggend eers kans gekry het om dit te post.
Geniet die week se Stoute Boudjies.
As jy nie like van online koop nie, dan kan jy jou wat jy wil koop net direk na my toe email by gevaaalikdotcom@gmail.com, dan gooi ek vir jou ‘n t-shirt of ‘n beursie, of ‘n combo in die pos.