Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dagga-olie: Alles wat jy moet weet

Almal en hul sussie ken deesdae iemand wat dagga-olie gebruik, of preek oor hoe dit die nuwe natuurlike wonder is wat elke kwaal ooit gaan uitsort. Ja, dagga-olie is elke ou-vrou-boereraat se grootste nagmerrie en dit wil voorkom of die mediese gebruik binnekort wettig gaan wees in Suid-Afrika, met ontspanningsgebruik van dagga produkte wat moontlik kan volg.

For info on dagga-olie in English, read here: Cannabis oil – Everything you need to know

Omdat dagga-olie nog heeltemal onwettig is in Suid-Afrika is daar baie vrae oor die olie en ander dagga verwante produkte. Die waansinngheid van mense toesluit vir die gebruik van dagga is stadig maar seker besig om ‘n konsensus te word die hele wêreld deur, maar nou is dit belangrik om jou feite agter mekaar te kry oor nie net dagga olie nie, maar ook ander dagga produkte wat binnekort in ‘n winkel naby jou kan beskikbaar wees.

Wat is dagga-olie?

Shatter, wax, honeycomb, oil, crumble, sap, budder, pull-and-snap, dagga-olie (of selfs soms dagga oil)… hierdie is almal name wat al gegee is vir dagga ekstrakte. In Suid-Afrika word daar baie gepraat van dagga-olie of cannabis oil. Die verskeidenheid name mag jou dalk die indruk gee dat daar groot verskille is tussen al crumbly waxes en die stroperige olies, maar die verskille is meer oppervlakkig as wat jy dink.

Hoe lyk dagga-olie

Verskillende dagga-olie ekstrakte, kloksgewys van links bo – Dagga-olie, dagga olie, budder, shatter – Foto deur Die Dagga Couple

Tegnies is dagga-olie enige cannabis ekstrak wat die plant se THC of CBD middels bevat. Daar is ‘n klomp verskillende manier om die ekstrak van die daggaplant te kry, maar butaanonttrekking is by ver die proses wat die meeste gebruik word om dagga-olies te produseer.

Dagga-olie is dus net ‘n ekstrak waar die cannabinoids (bv. THC, CBD) van die plantmateriaal af geskei is deur die plantmateriaal bloot te stel aan ‘n oplossings middel soos butaan. Wanneer die butaan vol cannabinoids geskei is van die plantmateriaal, word dit stadig verhit sodat die butaan verdamp en net die cannabinoid ekstrak agter bly. Dagga-olie het dus al die yummy goodness van die cannabinoids, wat jy kan inneem sonder om die plant materiaal hoef te verhit of brand.

Is dagga-olie wettig in Suid-Afrika?

Dagga-olie is nie wettig in Suid-Afrika nie.

Nie vir mediese- of ontspanningsgebruik nie. Al is dit in die privaatheid van jou eie huis, die gebruik, verkoop, vervoer en handeldryf met dagga en dagga produkte is teen die wet in Suid-Afrika. Jy kan gearresteer word as dagga in jou besit gevind word. En al is die dagga-olie in jou kas vir jou ouma se seer groottoon, jy moet weet jy kan tronk toe gaan daarvoor, maak nie saak hoe seer jou ouma se toon is nie.

Waar kan ek dagga-olie kry?

In Suid-Afrika is dit nie so maklik om ‘n betroubare bron van dagga olie te kry nie. Daar is baie cowboys en crooks daar buite wat goed soos olyfolie verkoop en sê dit is dagga-olie. Vir ‘n dagga-olie informasie pak vir jou of iemand anders wat dit kort, email olie@gevaaalik.com. In Colorado of California is dagga-olie baie maklik bekombaar, maar ek sou nie aanraai dat jy internasionale grense probeer kruis met ‘n onwettige produk in jou besit nie.

‘n Hele rukkie terug het ek ‘n interview met drie verskillende dagga verkopers gedoen. Onthou die koop en verkoop van dagga en dagga-olie is onwettig in Suid-Afrika. Saam werk ons daaraan om die wet te verander.

Waarvoor word dagga-olie alles gebruik?

Dagga-olie word al vir duisende jare deur mense gebruik vir ‘n hele lang lys vol redes. As medikasie, soms medikasie vir die siel, vir ontspanning, vir seks, vir kreatiwiteit, vir fokus, vir plesier en altyd omdat dit hulle keuse is om die dagga-plant te gebruik.

Deesdae word dagga-olie deur baie gebruik vir veral die medisinale voordele. Die cannabinoids van die dagga-plant help vir baie kwale, en die lys is lank. Hier is die lys van gevalle waar jy kwalifiseer vir ‘n mediese-dagga kaart in California.

  • Cancer
  • Anorexia
  • AIDS
  • Chronic pain
  • Spasticity
  • Cachexia
  • Persistent muscle spasms, including those associated with multiple sclerosis
  • Seizures, including, but not limited to, those associated with epilepsy
  • Severe nausea
  • Glaucoma
  • Arthritis
  • Migraines
  • Any other chronic or persistent medical symptom that substantially limits the ability of the person to conduct one or more major life activities (as defined by the Americans with Disabilities Act of 1990) or, if not alleviated, may cause serious harm to the patient’s safety or physical or mental health.

(Lys vanaf Leafly: Qualifying Conditions for a Medical Marijuana Card by State

Medical Marijuana Dispensaries

Wettige Mediese dagga dispesaries in Amerika maak dit maklik om dagga-olie te kry

Hoekom dagga-olie gebruik eerder as net dagga rook?

Alhoewel daar al studies gedoen is oor die newe effekte van dagga rook, moet daar nog baie meer studies gedoen word voor ons sal kan sê presies watste effekte die rook van dagga op die liggaam het. Ongelukkig is dagga meestal onwettig en is dit moeilik om studies daarop te doen. Met dit gesê, daar is geen twyvel dat enige karsinogene of teer nie goed is vir jou liggaam nie. Daarom verkies baie mense om dit as olie te gebruik. Die olie kan mondelings ingeneem word of deur middel van vaporizing.

Edibles made with dagga-olie

Voorbeelde van produkte waar Dagga olie word gebruik om medicated edibles te maak

Maak dagga-olie jou ‘hoog’?

Wanneer ek praat uit persoonlike ondervinding, ja. Ek het nog nooit in aanraaking gekom met dagga-olie wat my nie hoog gemaak het nie. Soos met enige medikasie moet jou liggaam ‘n toleransie opbou teen die medikasie. Dit is hoekom dit belangrik is om te begin met baie klein dosisse en self te besluit hoeveel om te neem. Ek het al gehoor dat CBD oil jou nie hoog maak nie, maar ek het nog nooit in aanraking met so olie in Suid-Afrika nie.

Die beste is om eerste ‘n klein dosis te neem en te wag vir so uur of twee om te sien hoe die dagga-olie jou laat voel. Hoeveel olie jy moet gebruik hang ook af van wie die olie produseer. Omdat dagga onwettig is in Suid-Afrika is daar geen standaard of labels op die verpakking wat vir jou kan sê presies hoeveel CBD en THC daar in jou olie of koekie is nie. Begin dus stadig, en kyk hoe is die olie se effek op jou. Veral as dit die eerste keer is wat jy dagga-olie gebruik.

Wat gaan gebeur as ek te veel dagga-olie inneem?

Niks. Na ‘n paar ure sal alles weer terug keer na normaal toe. ‘n Dagga-olie-trip kan hou vir 3-12 ure afhangend van persoon tot persoon. Dit mag dalk voel asof die wêreld tot stilstand of ‘n einde kom, maar onthou net dat niemand al ooit ‘n overdose gehad het van dagga nie.

As dit vir jou voel asof jy te veel dagga-olie ingeneem het, drink ‘n glas water en ‘n koppie koffie. Eet iets soet om jou bloeksuiker vlakke bietjie op te stoot en as jy regtig sleg voel gaan lê op jou bed tot jy aan die slaap raak. Teen die tyd wat jy wakker word behoort die effekte van die olie weg te wees of heelwat ligter.

Hoeveel kos dagga-olie?

Pryse wissel, afhangende van waar jy dit kry. Oor die algemeen betaal mens in die omgewing van R450 per gram tot en met soveel as R1000+ per gram. ‘n Gram klink dalk soos baie min, maar meeste van die tyd as die olie goeie kwaliteit is, sal ‘n gram jou baie verder vat as wat jy dink. Jy kan byvoorbeeld maklik 12 brownies medicate as daar ‘n gram dagga-olie gebruik is om die brownies te maak.

Hoe word dagga-olie gebruik?

Vaping is ‘n algemene manier waar die olie verhit word tot dit verdamp en dan word dit ingeasem. Vaping of vape-toestelle kom in allerhande soorte, grotes en vorme. Van toestelle wat lyk soos ‘n E-cig of pen, tot by vol Dabbing rigs wat baie lyk soos ‘n bong.

Dabbing rigs

Dabbing rigs wat gebruik word om dagga-olie te vaporize

Dagga-olie word ook gebruik vir ontspanning, veral met dabbing. Dabbing is ‘n spesifieke manier om die olie te vaporize. Op die manier kan hoë dosisse van die cannabinoids op een slag ingeneem word. Daar is ‘n aktiewe dabbing-kultuur reg om die wêreld en in Suid-Afrika word dit ook al hoe meer bekombaar. Dabbing word veral verkies omdat daar minder of geen karsinogene of teer ingeneem word saam met die cannabinoids nie. Dabbing word baie beskryf as “the cleaner high”.

Jy kan ook die olie eet of drink saam met water. Dagga-olie word ook in kapsules gesit en dan gedrink soos ‘n pil, of die olie word gebruik om mee te kook en bak en dan so geëet.

Het jy vrae oor dagga-olie?

Veral omdat dagga al vir so lank onwettig is in Suid-Afrika is betroubare informasie oor iets soos dagga en dagga-produkte nie maklik bekombaar nie, veral nie in Afrikaans nie. As jy enige vrae het oor dagga of dagga-olie los jou vrae asseblief in die kommentare hier onder en ek sal my bes probeer om vir jou ‘n antwoord te gee, of jou in die regte rigting te stuur.

Maak ook seker jy deel hierdie stuk met enige van jou familie of vriende wat dink daaroor om dagga te gebruik.

*Die skrywer van hierdie stuk en gevaaalik.com praat glad nie die gebruik, besit, handel of versprei van enige onwettige middels/produkte goed nie. Hierdie is nie mediese advies nie en alles in hierdie artikel moet meer navorsing oor gedoen word voor jy tot ‘n konklusie kom.

You may also like...

110 Responses

  1. I’ll be honest, I didn’t understand a lot of the Afrikaans (LOL), however I did get the essence of your post and I really enjoyed it.
    Personally, I am pro-cannabis-oil. I believe it is extremely medicinal for people and animals, based on what I have witnessed. However, only the pure oil (made solely from the plant and pure alcohol). I think that selling 1ml for R1000 is absolutely ridiculous if it’s to get a large profit. The point is to heal people, not get rich. So many people are taking advantage of sick people, which is sad.
    Thank you for such a descriptive article. x
    **I don’t use, buy or sell any type of illegal drug**

  2. Berni Erasmus says:

    Die vraag wat niemand nog vir my kon beantwoord nie is: Kan mens dagga-olie voorkomend vir kanker gebruik?

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Berni: Dagga en dagga-olie, of meer spesifiek die cannabinoids wat in dagga gevind word het al in studies op rotte gewys dat dit kaknerselle doodmaak, maar die studies is nog nooit op mense gedoen nie. Dus is dit nie baie wys om net aan te neem dat dit sal voorkomend wees vir kanker indien jy dagga gebruik nie. Wat wel gesê kan word is dat dit baie help wanneer iemand dagga gebruik tydens die behandeling van kanker.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Kaylyn: Thanks for reading through the Afrikaans. Oils differ in price based on a variety of factors, and generally vary in prive between R400 and R1000 per gram. Just like with craft beers, sometimes you pay more than others, depending on supply and demand.

  5. marietjie says:

    Hi da wil net graag weet moet n mens die dagga olie onder jou tong sit of hoe word dit gebruik. Baie dankie

  6. felicity says:

    wie kan my help waar ek die olie kan kry in suid afrika my moeder het kanker my hart is gebreek

  7. cecile says:

    sal die olie help vir n 8 jarige seuntjie met Tourette-sindroom / of sal u dit aanbeveel om vir so n jong kind te tee

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Cecile: Hi Cecile. Ek sou defenitief met ‘n dokter praat voor ek dagga olie vir ‘n kind gee. Die eerste stap sou wees om navorsing te doen op die internet. Omdat medical marijuana nou al vir jaar beskikbaar is in baie state in die VSA, is daar baie informasie op die internet. Mens moet net so bietjie Google: “Cannabis oil for tourettes” “Cannabis oil treatment for tourettes” “Treating a child’s tourettes with cannabis oil” as voorbeelde.

    Vat al die informasie wat jy bymekaar gemaak het en gaan praat met jou dokter daaroor. Maar, maak nie saak wat die dokter sê nie, op die ou einde is dit jou besluit of die kind se ouers (indien jy vra vir ‘n vriend) se besluit. Voor jy enige dagga olie vir jou kind gee, moet jy self daardie dagga olie eet/drink/vape/gebruik want dan sal jy werklik ‘n ingeligte besluit kan maak oor of jy vir die kind ook die olie wil gee.

  9. Marietjie Seyn says:

    Baie dankie vir die inligting..Een vraag kan dagga olie of dan die meer gesofistikeerde naam cannibus oil saam met chemo terapie en bestralling gebruik word?

  10. Ruan Stix Fourie says:

    @Marietjie: Ja, dagga olie (of cannabis oil, die Engelse naam) kan verseker gebruik word saam met bestraling en chemo om te help met die newe-effekte van chemo en bestraling.

  11. pieter krugel says:

    kan n diabeet ook die olie gebruik? my broer se niere is baie verswak en hy het permanent pyn in sy bene. sal graag wil weet of dagga olie moontlik kan help?

  12. Ruan Stix Fourie says:

    @Pieter: Dagga olie kan help vir chroniese pyn en daar is baie mense wat dagga olie gebruik om pyn te beheer eerder as verslawende pynpille.

  13. Merchia says:

    Ek wil graag weet sal dagga olie n vergroeisel weg vat dt lyk soos n seer op my oog

  14. Ruan Stix Fourie says:

    @Merchia: Praat met jou dokter daaroor. Dagga-olie help vir baie goed, maar dit is nie ‘n geneesmiddel vir alles nie.

  15. Anne-Mari says:

    Dit help vir baie goed.ek gebruik self vir seer ledemate en skouer en gout

  16. Gerrie Coetzer says:

    hoe lank kan ek daggaolie stoor en by watter hoogste en laagste temperatuur en so ook daggaroom

  17. Melissa Holtzhauzen says:

    Ek het kanker op my kolon gekry. Ek was geopereer en het chemo behandeling met xeloda tablette vir 6 maande gekry. Ek het toe kolle op my lewer gekry en is pynlik. Die Spesialis se die kanker het versprei. Ek het toe weer chemo behandeling vir +_ 5 maande gekry. Die Spesialis se hy s moet dink wat hy verder gaan doen. Hy se hy kan my nie weer chemo behandeling gee nie. Hy se as hy weer vir my Xeloda pille gee sal ek ‘n maagseer kry. Ek het die Spesialis gevra of die Cannabis olie my sal help vir my kanker, hy het gese nee, al waarvoor dit help is vir pyn en om ‘n mens beter te laat voel. Se asseblief vir my of die Cannabis olie kan enigsens help vir my kanker?

  18. Ruan Stix Fourie says:

    @Melissa Holtzhauzen: Dit kan help vir pyn en ander simptome van chemo en kanker, maar dit is nie ‘n geneesmiddel nie. Daar was ook al studies wat gewys het dan cannabis se gebruik kanker-gewasse kan aanval en help verklein, maar dit was toetse wat op rotte gedoen is.

    Probeer die dagga-olie en kyk of dit jou help.

  19. lyn says:

    Ruan..
    Kan cannibas olie gebruik word vir slaapeloosheid en hoe gebruik jy dit en waar is dit bekombaar

  20. Ruan Stix Fourie says:

    @Lyn: Ja, cannabis oil (dagga-olie) is uitstekend vir slaaploosheid. Die beste van alles is dat dit geen van die newe-effekte wat baie oor die toonbank of voorgeskrewe slaappille het nie. Daar gaan elke jaar mense dood van slaappil gebruik en daar is nog nooit iemand dood van cannabis oil gebruik nie. Indien jy dagga-olie wil gebruik vir slaaploosheid kan jy net bietjie daarvan neem voor jy in die bed gaan klim. Vir meer informasie (hoe dit gebruik word, die verskillende produkte wat dagga-olie bevat, en bekombaarheid) kan jy gerus die “Dagga-olie info pak” kry deur ‘n email te stuur na olie@gevaaalik.com.

  21. marielize says:

    Hallo
    Kan jy mjat gebruik om oilie mee te maak of n salf

  22. Ruan Stix Fourie says:

    @Marielize: As jy die olie vir medisinale gebruike wil hê, dan gaan mjat of parkiegras dagga verseker nie vir jou die tipe olie gee wat jy gaan kan gebruik nie.

  23. Yvonne says:

    Lei dagga-olie tot verlaagde bloeddruk?

  24. Ruan Stix Fourie says:

    @Yvonne: Ja, daar was al studies wat gewys het dat dagga-olie bloeddruk kan verlaag. Anandiminde (die liggaam se natuurlike THC) help om are te ontspan en vergemaklik dus die vloei van bloed deur die are. Dagga-olie wat cannabinoids (CBD,THC) bevat kan dus as ‘n aanvuling gebruik word om bloeddruk te help verlaag. Lees gerus meer hier: https://www.leafly.com/news/health/cannabis-high-blood-pressure-hypertension

  25. anna says:

    Help dagga olie vir die spysverteringstelsel?

  26. Ruan Stix Fourie says:

    @Anna: Dit hang af watse probleem jy met jou spysverteringstelsel het. Kan jy dalk bietjie meer spesifiek wees?

  27. Mercia says:

    Ek wil weet hoe verslawend is die olie, en hoekom rook n nee nee is maar die olie is ok. Is dit net oor die teer of oor dit verslawend is

  28. Pieter says:

    Kan mens die olie uit die pitte en blare pers

  29. Ruan Stix Fourie says:

    @Pieter: Dagga-olie word meestal gemaak van die blom van die plant, soos hier bo in die artikel verduidelik.

  30. Ruan Stix Fourie says:

    @Mercia: Dagga-olie is nie verslawend nie. Dagga is nie fisies verslawend nie. Daar is geen ontrekkings simptome wanneer jy ophou om dagga in enige vorm te gebruik nie. Wanneer jy enige iets rook, dan neem jy karsinogene in saam met die rook. Karsinogene is nie goed vir die liggaam nie. Dagga-olie kan mondelings geneem word en dus is daar geen karsinogene wat ook ingeneem word nie. Jy kan ook dagga-olie vape, wat ook geen of baie minder karsinogene veroorsaak as die rook van dagga. Hou ook net in gedagte dat geen mens al ooit dood is van die gebruik van dagga in enige vorm nie.

  31. Marietjie says:

    Help dagga olie vir choleatrol

  32. Ruan Stix Fourie says:

    @Marietjie: Hier is ‘n studie daaroor.

    According to the study, “Cannabis smokers had lower plasma HDL cholesterol,” but unchanged levels of LDL. That means heavy daily Cannabis users had a decrease in good cholesterol, but no increase or decrease in bad cholesterol. However, a study published the year before in BMJ Open found a different result: that “marijuana users had a higher prevalence of serum HDL cholesterol [and] total cholesterol” – in other words, an elevated level of good cholesterol.

  33. Christine says:

    Goeie dag sal d produk help vi rug pyn soos bevoorbeeld senuwe pyne

  34. Ruan Stix Fourie says:

    @Christine: Ja, dagga-olie is ongelooflik vir die beheer van alle pyn.

  35. kobus says:

    hi , ruan kan dit help vir RT rumitiek as hande vl pille elke dag

  36. Helena says:

    Goeie more. Ek het fibromialgie in n erge graad al. Sal dit help en hoeveel neem ek per dag en wat is die kostes. Ek is 24/7 in pyn.

  37. Ruan Stix Fourie says:

    @Helena: Dagga-olie is uitstekend vir die beheer van chroniese pyn soos wat mens kry as mense Fibromialgie het. Hoeveelheid wat mense gebruik verskil van persoon tot persoon afhangende van hoeveel elke persoon nodig het om hul pyn te beheer. Vir meer informasie kry asb die Dagga-olie informasie pak deur ‘n email te stuur na olie@gevaaalik.com

  38. Amanda says:

    Hi
    Ek kry angsaanvalle en gebruik rivotril medikasie. Kan ek die dagga olie saam met dit begin gebruik?

  39. willie pienaar says:

    Kan ek dagga olie gebruik vir anemi. (lae yster vlakke in bloed) Wanneer moet ek dit neem in die oggend of aand

  40. Joan says:

    Kan die dagga olie help vir stres en angsaanvalle

  41. Ek is 65 jaar oud. Het 3 Rugoperasies gehad sonder sukses, 2 nek fusies suksesvol, 2knie vervangings suksesvol behalwe dat ek ‘n fraktuur in 1 patella opgedoen het. Dit gee bietjie las maar ek kan daarmee saamleef. Dan het ek 3skouer opersies gehad, daar is nie meer veel hegting van die arm aan die skouer nie, dus pyn die linkerkant baie, ek kan nie op die kant slaap nie. Maar ek probeer om die arm so stil as moontlik te hou. Die regte arm begin ook nou kla, asook erge pyn in al my gewrigte. Kry ook gereeld Trigminale neuralgie.. Het onlangs na baie mmenings gehoor ek het verspreide uitgebreide sklerose, en al wat gedoen kan word is om pynstillers te gee. My heupe is ook baie pynlik. toe ek na ;n spesialis was het hy na die xx strale gekyk en vir my gevra wat wil ek he hy moet doen, want hy sny nie aan my nie, toe se hy vir my dat ek sklerose het. 2 Verskillende narkotiseurs het so 2 jaar gelede vir my ges dat ek enige operasies moet weier. Ek gebruik baie pynpille, ek maak my eie konkoksies aan om te slaap in die aand. ek kom ook agter ek loop nie meer so gemaklik soos voorheen nie, ek is gemakliker met my krukke. RAAD ASB SAL CANNIBIS OLIE DIE PYN VERLIG. eK WIL NIE NOU AL IN N ROLSTOEL SIT NIE. EK KOM OOK AGTER EK IS SOMS BAIE MOEG DAT EK DAT EN N NAG DAG SAL SLAAP.

  42. Ruan Stix Fourie says:

    @Juliana: Klink of jy verseker sal kan baat by die gebruik van dagga-olie.

  43. Susanne Swart says:

    More
    Kan daga olie ‘n vel uitslag veroorsaak

  44. Ruan Stix Fourie says:

    @Susanne: Omdat dagga-olie nie wettig is in Suid-Afrika nie, word dit wat mense maak, koop en verkoop nie getoets nie. Dus weet ek nie wat in die dagga-olie was wat jy geneem het nie, en dus is dit onmoontlik vir my om te sê of dit ‘n veluitslag kan veroorsaak. ‘n Goeie gehalte produk sal nie ‘n veluitslag veroorsaak nie, maar elke persoon reageer anders tot alles.

  45. Alida says:

    Iemand het gese as jy cannibas olie aan die lippe smeer trek dit in die liggaam in en gewasse kan so krimp. Ek het n kleinkind met n groot gewas op die kleinbrein en strek in die rugstring af. sy is 13. u kommentaar asb. Word hierdie donderdag geopereer.

  46. Ruan Stix Fourie says:

    @Alida: Jy smeer nie cannabis olie op jou lippe nie. Jy kan cannacream op jou vel smeer as jy ‘n topical application soek, maar vir kanker is die heel beste ding om te maak om die cannabis olie in te neem deur dit te eet of te drink. Jy kan ook die olie vaporize met ‘n vaporizer of ‘n dab rig (alles mooi verduidelik in die artikel wat ek geskryf het hier bo), maar soos ek sê vir die behandeling van kanker word dit geëet of gedrink. Op die lippe smeer is bog.

  47. Alida Grove says:

    Kan dit jou laat gewig verloor en hoe moet jy dit dan gebruik vir resultate

  48. Ruan Stix Fourie says:

    @Alida: Nee, dagga-olie is nie vir gewig verloor nie. Dit help jou om ‘n eetlus te kry (die munchies) en baie mense wat sukkel met hul eetlus (mense wat chemo kry of HIV het) gebruik dagga-olie om hul te help ‘n eetlus opbou. Om gewig te verloor is die beste raad maar oefening.

  49. Francisca says:

    Ek het n paar jaar terug ‘n ongelukkie gehad dat ek op my agterkant van my kop geval dit. Voor die val het ek gereelde kopsere gekry , ek het later ook toe ontdek dat ek ‘n lei derm het en nie gereeld uit gaan soos moet. Vandag is my kopsere al erger en ek is vir ses maande op Amitrypelin 10g spannings pil maar ek kry steeds die migraines. Ek het ook n probleem met my arm wat bo op die been met tye so seer raak dat ek nie eers dit soms kan oplug nie.Ek gebruik tans niks vir Hardlywigheid en seer arm nie. Sal die Olie my help vir my probleem en kan ek dit drink met die Amitrypelin wat ek saans moet neem vir spanning? Dokter se hy dink die kopsere kom van stres en uit die nek, hy dink ook nie dus so ernstig. Ek wag vir my resultate wat September maand eers sal beskikbaar wees en hopelik haal hulle my af van die pil. Hy maak my ook lomerig saans en ek moet dit elke aand drink tot my resultate kom daarom wou ek weet of jy daai twee kan meng.

  50. Sandra v d merwe says:

    Kan dagga olie gebruik word vir bedsere op voette se hakke

  51. Elize says:

    Is daar verskillende tipes dagga plante? Een wat THC bevat en een wat CBD bevat? Indien nie kan die THC en CBD ban die daggaplant geskei word van mekaar?

  52. Waldo says:

    I have made some of the oil myself for my father with skin cancer. I used 99% ethanol… Not the commercial kind as they have additives in it. The best way so far was taking about 1.5kg to 2kg ”Dagga” Yes i know its a lot lol and place it in a bucket. Add about 5L of Ethanol and mix it well ( O i crushed the ”Dagga” in the bag while still dry.) Let it stand for a few days and stir now and then…. Strain it off to separate 2X kitchen cloth worked well …Dump the remaining plant remains. You will notice a lot of chlorophyll and small bits suspended in the remaining alcohol let it stand for a day or so and you will see it will settle. Separate this again…By slowly pouring it into a another container. Now take the good clear side and put it into a shallow container and let the alcohol evaporate by itself. (On the net they say you need to boil it off…..Bad idea. First you can burn down the house… You will make the house smell BAD! and you will end up burning the oil….Thats why most of the oil you get is Black…..Burned. Have done it….) ok… after the alcohol is evaporated you should get a nice light yellow oil …if it has still a bit of green in it ..no worries. I mixed the oil with some Aquarius cream and gave it to my father to try. I can tell you it worked very well. He used it twice a day. In the morning and night. Even the doctor noticed the difference. i have noted that where the cancer was not to bad the new skin grew back normal and where it was bad it was a lot better….. Half his cancer was gone in a few weeks!
    It worked for him…. well Nothing to lose …..But Everything to Gain…. Try it.
    Good Luck…..Ps….Planted a few of my own lol

  53. Hans Myburg says:

    Is daar mense wat kan getuig dat dit hulle canker helo genees het.

  54. Ruan Stix Fourie says:

    @Hans: Natuurlik is daar mense wat sal sê dat hulle kanker genees het met dagga/dagga-olie. My persoonlike opinie is dat dagga/dagga-olie baie kan help met die behandeling van kanker, maar dat dit nie ‘n geneesmiddel vir kanker is op sy eie nie. Dagga-olie help baie met veral die simtome wat chemo kan veroorsaak (slaaploosheid, naarheid, pyn, verlore eetlus ens.) en enige persoon wat chemo al gekry het sal baie kan baat by die gebruik van dagga-olie.

    Daar was al verskye studies wat gewys het dat cannabinoids (geving in dagga en dagga-olie) kankerselle wel aanval en vernietig. Hierdie studies is wel almal op diere soos rotte gedoen, en nie op mense nie.

  55. Anika says:

    Ek Wil graag weet wat is die Resep om Salf te maak. Verall as dit ook vir diere BV honde aangesmeer Moet word. Hoeveel dagga-oil sit jy by 25 ml (bestandeel wat gebruik word vir Salf) Mag ek ook asb vra vir Die boekie met Alle inligting.Dankie

  56. AnnamarievanHeerden says:

    Ek het MS en wil graag weet of die olie verslawende gevolge het?

  57. Ruan Stix Fourie says:

    @AnnamarievanHeerden: Nee. Dagga-olie (en alle ander vorme waarin dagga gebruik word) is nie fisies verslawend nie.

  58. Annatjie says:

    Kan Cannabis olie help vir Primary Billiary Cirrhosis / Cholangitis?

  59. Ruan Stix Fourie says:

    @Annetjie: Dit sal help met pyn en ongemak van Cirrhosis.

  60. Annatjie says:

    Kan dit die lewer herstel en die toksiene verwyder? My lewer toets 280. Normaal is 44.

  61. Ruan Stix Fourie says:

    @Annatjie: Nee.

  62. LéLa says:

    Gediagnoseer met onderaktiewe skildklier sowel as ‘n nie-kwaadaardige gewas op skildklier. Opsies: Verwyder skildklier en/of sluk ‘n radio-aktiewe kapsule. Stel nie in enige van die twee opsies belang nie. Wil dagga-olie [wat saans soos ‘n druppel onder tong geneem word] gebruik. Enige insette van enige iemand?

  63. Rina says:

    Ek sal graag wil weet of dagga olie gebruik kan word vir `n alkoholiis……om die inname van olkohol te beperk of die drang na drank te verminder Help asb

  64. Ruan Stix Fourie says:

    @Rina: Dagga-olie mag miskien help met die ontrekkings simptome van alkohol, maar dit is verseker nie ‘n kuur vir alkolisme nie.

  65. Karina says:

    Kan dagga olie jou depressief maak?

  66. alida says:

    Kan die olie help vir TB

  67. Ruan Stix Fourie says:

    @Alida: Ja, dit sal help vir pyn en inflammasie beheer, maar TB moet deur ‘n dokter behandel word.

  68. Jannie says:

    My man sit ook paal op suurstof sal di olie werk en wa kan mense van dit bestel

  69. Andre Peenz says:

    More Ruan , ek oorweeg dit om kapsules , 1.25 te gebruik vir pyn in heup , rustelose bene en spierpyne. Ek het n hart aanval gehad en stent gekry , gebruik die normale medikasie . Sal dit veilig wees om te gebruik en nie bloed druk te laag laat val nie ?

  70. Ruan Stix Fourie says:

    @Andre: As jy op medikasie is dan sal ek voorstel jy praat met ‘n dokter voor jy enige ander medikasies of natuurlike middels begin gebruik.

  71. Henriette says:

    Hi Ruan, as mens dagga olie gebruik gaan jy positief toets vir THC.

  72. Ruan Stix Fourie says:

    @Henriette: Dit hang af of jy dagga-olie gebruik wat THC bevat. Indien jy dagga-olie gebruik wat THC bevat, dan gaan jy postief toets vir THC.

  73. Henriette says:

    Kry mens olie wat nie thc bevat nie maar nog steeds die medisinale funksie het.

  74. Ruan Stix Fourie says:

    @Henriette: Ja, maar gaan lees op oor die “entourage effect”. Daar is baie cannabinoids in dagga, en saam werk hulle beter as appart.

  75. Christa says:

    Werk die dagga-olie sonder die thc net so goed soos die een met die thc vir kanker?

    En is die thc gevaarlik of nie?

  76. Stix Gevaaalik says:

    @Christa: Nee, full extract olie met THC werk beter as die olie sonder THC. THC is nie gevaarlik nie.

  77. Celeste says:

    Hoe help dagga vir kanker en wat is die voordele en nadele daaromtrent… Ek doen navorsing vir n toespraak en kry nerens die regte navorsing nie…

  78. Stix Gevaaalik says:

    @Celeste: Dagga help vir behandeling van kanker, maar dit is nie ‘n geneesmiddel nie. Al die navorsing oor die voordele is daar buite, want daar is al talle studies gedoen op die onderwerp.

  79. Ryno says:

    Hi daar – ek wil raag weet hoe doeltreffend dit is om fyngemaakte zol in water te kook, (en HOE LANK??) Ek het dit gedoen en dan die shit deur h fyn doek gestrain en WEER die juice gekook tot al die water verdamp het, en net die swart teer-like shit oorgebly het. Dis nogal moer potent, ESPECIALLY toe ek sommer die pot met my vinger uitlek!!! -)-)-)-) Kan jy my raad gee, is dit OK so, of mis ek uit op iets??? Ek wil dit vir health gebruik, nie so heavy op die stones nie, WELL,, sometimes!

  80. Stix Gevaaalik says:

    @Ryno: Ek weet nie wat jy daar gemaak het nie Ryno, maar dit klink nie gesond om dit in te neem nie. Dagga-olie word nie gemaak deur dagga in water te kook nie. Die cannabinoids kan nie oplos in water nie, so jy het tien teen een meeste van die medisinale waarde (en die deel wat jou stoned maak) weg gegooi na jy dit deur ‘n doek gestrain het.

  81. Christa says:

    Ek wil graag weet wat moet die kleur v dagga-olie wees wat jy gaan koop soos in my geval vir kanker.
    Ek vra want party mense sê dit moet soos teer lyk en dan meng hulle dit met avo of klapper of olyfolie – hoe potent kan dit dan wees?? Ander weer verkoop dit in spuit – dit is dik en lyk soos teer – blykbaar is dit die effektiefste ??
    Kan u my asb die regte inligting gee?
    Dankie

  82. Stix Gevaaalik says:

    @Christa: Kleur is irrelevant. Wat saak maak is die inhoud van die olie. Indien jy olie koop sal ek voorstel dat jy vra om toets resultate te sien van ‘n labritorium wat wys presies wat in die olie is, anders sal jy nooit weet wat jy kry nie.

  83. Idemari says:

    Ek het Epilepsy en wil graag Hemp olie of dagga olie gebruik, maar ek borsvoed nog my dogtertjie van 20maande, sal die Hemp olie in my borsmelk beland as ek sê 3-5ml daagliks gebruik in die oggende. Sy drink net saams aan my, is dit soos Alkohol wat na n paar uur uit mens se melk uitgaan. Of moet ek dit afsit tot ek klaar geborsvoed her?

  84. Stix Gevaaalik says:

    @Idemari: Cannabinoids (THC veral) bly baie langer in jou sisteem as alcohol. Indien jy daagliks 3-5ml dagga-olie gaan gebruik, sal dit tot en met sesmaande in jou sisteem bly. 3-5ml per dag is baie, maar dit hang natuurlik af van waar jy jou olie kry en wat presies die inhoud is van die olie. Ek sou voorstel dat jy eerder klaar borsvoed voor jy die olie begin gebruik. Veral omdatjy borsvoed sou ek ook wou seker maak oor presies wat in die in die olie is deur dit te laat toets.

    Die heel beste sal natuurlik wees om ook met ‘n dokter te praat oor die gebruik van dagga-olie, maar ek vermoed ‘n dokter sal ook vir jou voorstel om eerder nie dagga-olie te gebruik terwyl jy borsvoed nie.

  85. Wilma Koeppen says:

    Daggaolie is vir die newe effekte van chemo, en vir al die ander pyne. Dit help omdat jy “hoog”is. Ek het borskanker gehad en moet estrogeen tablette vat vir 5 jaar om te keer dat my kanker terugkom. Ek het n mastektomie, chemo en radiasie gehad. Die newe effekte van die estrogeen tablette is gewrigspyne ens. Het die olie aangeskaf en tog te lekker gelag een aand. Van die olie gebruik en op my bed gele en lag want die pyn het so ver gevoel… was lekker hoog. Ek het nog die olie maar gebruik dit nie meer nie, ek was die volgende dag nog aangetas. Different strokes for different folkes en ook vir verskillende kankers. Ek gebruik mannatech – Bounceback ( ongelukkig van Amerika af en duur ) (dit het tumeric in) vir die gewrigspyne ens. Dit help alhoewel ek dit eers vir 2 maande moes gebruik voor ek resultate gekry het. Ek gebruik dit nou al vir 3 jaar en dit werk soos n bom. So as jy nie omgee om hoog te wees nie, gebruik die dagga olie. Ek belowe jou dit sal werk om die pyn minder te maak. Ek glo ook dat spanning n groot oorsaak is van sommige kankers en pyne en die dagga olie sal definitief help dat jy nie gespanne is nie. Sterkte.

  86. Sarie says:

    Kan ek pyn meds drink saam cannibis oil in die pen

  87. Julia says:

    Ek het dagga in room/botter vorm gebruik en erg hartkloppings gekry en kon nie slaap nie.. watse newe effekte het dit

  88. Stix Gevaaalik says:

    @Julia: Net soos met alkohol of enige ander drug (selfs die wat jy in ‘n apteek kry) affekteer elke ding elke persoon anders. Die eerste keer wat jy enige drug gebruik gaan dit vir jou vreemd voel en soos jy gewoond raak daaraan is die gevoel nie meer so erg nie. Niemand is al ooit dood van dagga-olie gebruik nie. Die hartkloppings en nie kan slaap nie is omdat jy hoog was en dit is duidelik nie iets wat jy aan gewoond is nie. My voorstel sal wees kleiner dosis en probeer weer.

  89. Hans Emmenis says:

    Kan daggaolie moontlik help vir emfiseem. Ek het redelik erge emfiseem en gebruik medikasie en pompies maar dit voel nie of dit ‘n verskil maak nie. Ek raak al hoe meer baie kortasem en soek ‘n hulpmiddel. Baie dankie

  90. Stix Gevaaalik says:

    @Hans: Dagga-olie wat modeliks geneem word helpmet inflamasie, en kan dus teoreties help met Emfiseem. Moet net die die olie dab of rook nie. Altyd die beste opsie om met ‘n dokter te praat, of probeer African Pure se CBD oil.

  91. Hannelie says:

    My man is met bloed kanker gediagnoseer. Hy kry chemo drup. Die newe effekt is maag spoelings, kopseer, rug pyn,spier pyne, Met sy tweede laaste chemo, het hy verskriklike rug pyn. Hy kan nie sit, le of slaap nie. Hy is tans by die huis om kragte op te bou vir sy laaste behandeling. Die pyn is ondraaglik. Iemand het vir my van die dagga pille vertel van 15 mg wat moontlik kan help vir die pyn. Dit word by n geregistreerde kliniek aan gekoop. Het iemand enige ondervinding van dagga pille

  92. Ellen de Vries says:

    Kan dagga olie wat in kapsules gesit word toe ore veroorsaak?

  93. Louis says:

    Waar kan ek dagga kapsules bestel vir elke dag gebruik sommer net vir goeie gesondheid

  94. Gert says:

    Kan Canabis olie hoë suiker veroorsaak?Ek drink die van Canada af.

  95. Stix Gevaaalik says:

    @Gert: Nee, behalwe as jy jou olie inkry deur iets te neem wat baie suiker in het saam met die olie. Hoë suiker word veroorsaak deur suiker eet.

  96. Lindie says:

    Kan dagga olie help vir neuropathie

  97. Christina Zhou says:

    Iemand het wetend vir my wat onwetend was dagga koekie gegee om te eet
    Ek is baie omgekrap en ontsteld ek en my kind voel siek, naar en lusteloos, en omgekrap , ontsteld omdat dit as n grap gesien word, kon die heel nag nie slaap nie . Ek voel net ek wil met iemand hieroor praat, dit is tog my reg om te weet ek kan die man vertrou met wat hy ons gee om te eet. Al wat in my kop vassteek is die woorde dit was nie met bybedoelings of intensien nie,

  98. Charles says:

    Hoe lank sal dit vat om skoon te word nadat THC onder die tong vir n jaar gebruik is.

  99. Berna Janse van Rensburg says:

    Hi ek het hoë bloeddruk is dit dan veilig om daggas olie te gebruik. Sal dagga olie help vir menopause soos gloede en nagsweet?

  100. Mara says:

    Ek ken iemand wat daggaolie gebruik en die persoon tree totaal onrasioneel en vreemd op. Al vir jare. Kan die olie die persoon se persoonlikheid verander? Dringend asb.

  101. Karen says:

    Hallo ek kry paniekaanvalle. Ek gebruik Nuzak anti deps. Kan ek die olie saam met die Nuzak gebruik. Dankie baie

  102. Stix Gevaaalik says:

    @Karen: Nee, jy moet nie medikasie meng sonder om met ‘n dokter te praat nie.

  103. Sarah says:

    Ek gebruik op die oomblik geen medikasie vir angiocarcoa v/d lewer, kan ek cannabis-oil gebruik?

  104. Johann says:

    Kan die daga olie n vrou nie meer lus maak vir sex nie

  105. Stix Gevaaalik says:

    @Johann: Nee. Was bietjie skottelgoed en doen meer vir jou vrou as net voor die TV sit. Jy sal verbaas wees hoe dit ‘n vrou se libido kan help.

  106. Mariet says:

    Kan dagga olie verval het wat ongeveer 4 jaar oud is kan ek dit nog gebruik

  1. August 12, 2017

    […] Doctors for Life vreeslik gekant is teen alles dagga. Dagga gebruik, dagga verkoop, dagga-koekies, dagga-oil, dagga vir mediese redes en so voorts. Hulle het ook hul bes probeer om die live streaming van die […]

  2. August 18, 2017

    […] gaan opsoek oor dagga, dan is dit ‘n stap in die regte rigting. As jy iemand ken wat nou dagga-olie (of enige ander dagga) begin gebruik het vir een of ander kwaal, maak asseblief seker dat hulle […]

  3. August 29, 2017

    […] As jy nie weet wat extracts is nie, loer hier. […]

  4. August 29, 2017

    […] Vir meer informasie oor spesifiek dagga-olie lees hier: Dagga-Olie – Alles wat jy moet weet […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *