Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Doctors for Life eintlik nog heeltyd pro-dagga

Die Trial of the Plant is tans aan die gang in Pretoria se hooggeregshof. Jules Stobbs en Myrtle Clark, bekend as Die Dagga Couple, is tans besig om 7 afdelings van die staat te veg om dagga wettig te maak in Suid-Afrika. In Die Dagga Couple se hoek, Schindlers Prokureurs, en verskeie internationale getuies soos Professor David Nutt en Professor Donald Abrams. Aan die kant van die staat, Doctors for Life en hul *prokureur Reg Willis.

Dit wou voorkom of Doctors for Life gekant is teen wettige dagga

Aan die begin van die hofsaak wou dit voorkom of Doctors for Life vreeslik gekant is teen alles dagga. Dagga gebruik, dagga verkoop, dagga-koekies, dagga-oil, dagga vir mediese redes en so voorts. Hulle het ook hul bes probeer om die live streaming van die Trial of the Plant te probeer stop weens hulle bekommernis dat dele van die stream buite konteks gaan gebruik word op die internet. Na daar twee dae van die hofsaak gemors is, is verklaar dat die saak wel ge-stream mag word via die internet.

Doctors for Life het selfs so ver gegaan as om vir Darleen James en Concerned Young People of South Africa betaal en in busse geprop sodat hulle voor die hof kan kom protes teen die wettiging van dagga. Die laaste paar dae is die CYPSA groep gekleë in geen t-hemde waar op die woord cannabis gespel is as “cannibis”. Jy hoor nie veel uit die CYPSA groep nie, nadat hul leier Dareleen James insturksie gegee het om nie kommentaar te lewer aan enige iemand nie. Dit nou nadat Dareleen James self op dag 1 van die Trial of the Plant hofsaak die volgende gesê het: “there are children raping their mothers, because they are hallucinating, because they are high on cannabis.”

Dareleen James se stelling is so belaglik en onwaar dat dit klink asof dit uit ‘n baie slegte fliek kom. Mens sou amper sê sy wil aspris so belaglik as moontlik voorkom sodat niemand, insluitende die staat, haar of CYPSA ernstig opneem nie.

Mikrofoon wat aan is sonder die wete vang Reg Willis

Professor David Nutt het onder kruisverhoor van prokereur Reg Willis gesit vir die laaste twee dae. Tydens ‘n breek is prokureur Reg Willis nie bewus dat sy mikrofoon steeds aan is nie wanneer hy met ‘n kollega praat oor die getuie (Prof. David Nutt): “He doesn’t even know… he doesn’t even know what he is saying. He is just such a… such a moron.”

Dit nou van ‘n prokureur wat gekla het oor die hoeveelheid bewyse en die groot woorde in die bewyse wat Schindlers Prokureurs saamgestel het. Baie onprofessionele gedrag van prokureur Reg Willis.

Die duidelike konklusie wat ons hier kan trek is dat Doctors for Life aspris ‘n spul morone deel ingebring het as hulp vir die staat, juis om die staat te pooitjie, sodat dagga wettig gemaak kan word in Suid-Afrika.

Attorney Reg Willis

Staat het min tot geen bewyse om hul argument te staaf nie

Al het die staat regtig geen been om op te staan nie, veral omdat tabak en alkohol wettig is in Suid-Afrika, was daar steeds ‘n goeie kans dat Die Dagga Couple hul saak om dagga wettig te maak in Suid-Afrika kan verloor. Daarom het die Dagga Couple gekwalifiseerde kenners deel gemaak van hul saak.

Doctors for Life was duidelik bekommerd dat die Dagga Couple se saak nie sterk genoeg is nie, en hoe is die maklikste manier om Die Dagga Couple te help? Maak seker die staat verloor.

Heel duidelik is Doctors for Life nog heeltyd pro-dagga.

Doctors for Life het fondse ingesamel om ‘n breinlose gepeupel te kry om anti-dagga retoriek so belaglik as moontlik te laat lyk vir almal wat die saak dop hou, insluitend Regter Natvarlal Ranchod. Doctors for Life het ook vir prokureur Reg Willis aangestel omdat hulle geweet het hy sal hom en sy learned friends aan die staat se kant laat lyk soos ‘n grap.

Dankie Doctors for Life dat julle saam met Die Dagga Couple veg om dagga wettig te maak in Suid-Afrika. Nou weet ons hoekom wou Doctors for Life regtig die live stream van die saak stop: Hulle was bang ons vind uit hulle is eintlik pro-dagga.

*Ek is wel daarvan dat net Advokate in die hooggeregshof kan verskyn.

You may also like...

1 Response

  1. August 14, 2017

    […] Doctors for Life is toe nog heeltyd pro-dagga […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *