Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ons praat met 3 verskillende daggaverkopers oor hul onwettige besighede

Vir meer informasie oor spesifiek dagga-olie lees hier: Dagga-Olie – Alles wat jy moet weet

As jy nie geweet het nie, dagga is steeds onwettig in Suid-Afrika. Maar dagga se onwettige status het nog glad nie die gebruik of die verkoop van dagga gedemper nie. Alhoewel dit moeilik sal wees om te bepaal presies hoeveel mense dagga rook/eet/vape/gebruik/verkoop weens dit onwettig is, is daar al so paar studies en polls gedoen wat aandui dat soveel as een in drie Suid-Afrikaners al dagga gebruik het, of dagga gereëld gebruik. As daar soveel gebruikers is moet hulle dit by iemand aankoop. As die nommers reg is, word daar jaarliks honderde miljoene Rande op dagga produkte spandeer in Suid-Afrika.

3-verskillende-daggaverkopers

Na Willim Welsyn ‘n daggaverkoper op sy podcast gehad het, het ons besluit om met so paar verskillende mense te praat oor hul onwettige besigheid van dagga verkoop. Wanneer ons dink aan dealers, dan dink ons altyd aan die shady ou op die straathoek (en ons praat met een van hulle ook) eerder as die persoon wat probeer geld maak om te oorleef soos die res van ons.

Omdat wat hierdie ouens doen onwettig is, is alle name verander sodat hulle nie moeilikehid optel met die pote nie, al het elke een van hulle al probleme met die polisie gehad in die verlede. Die foto’s hier onder is nie van enige een van hulle nie. Om enige onwettige ding te verkoop is natuurlik teen die wed, en eventually (soos jy sal lees hier onder) sal jy gevang word. Moet nie enige onwettige goed verkoop nie, en moet nie sê ons het jou nie gewaarsku nie.

Die Farmer

die-farmer

gevaaalik.com: Hoe verkoop jy jou dagga en aan wie?

Farmer: Mense kom na my huis toe om dagga by my te koop. Ek verkoop vyf gram op ‘n slag. Party ouens koop een unit, ander koop 25 gram of soms meer op ‘n slag. Meestal as mense groot hoeveelhede koop is dit omdat hulle vir iemand anders ook koop. Ek kry allerhande verskillende mense wat by my koop: Prokureurs, argitekte, rekenkundiges, mechanics, kunstenaars, musiekante, ouers, oupas en oumas en vele meer. Ek het selfs ‘n paar dokters wat by my koop en so paar mense wat baie siek is, kanker-siek. Normale mense wat hou van ‘n joint rook elke nou en dan of wat dit nodig het omdat hulle siek is.

GVLK: Waar kry jy die dagga wat jy verkoop?

Farmer: Ek groei dit alles self, buite in my tuin. Soms is ek uitverkoop in die wintermaande wanneer ek nie self kan groei nie en dan het ek so paar ouens by wie ek aankoop om weer te verkoop. Ek het ‘n kliente basis om te onderhou en as hulle dit nie by my kry nie gaan hulle dit net iewers anders koop. As die local Pick ‘n Pay nie die wyn het wat jy soek nie, dan gaan kry jy net die wyn by die drankwinkel langs die Pick ‘n Pay. Hahahaha. Mense is dieselfde oor dagga.

GVLK: So jy verkoop soms alles wat jy gegroei het?

Farmer: Jip, alles, vir die laaste vier jaar in ‘n ry, dink ek. Ek het nog nooit indoor gegroei nie, so as die lente en somer verby is dan gaan my plante dood. Ek kan nie ‘n plant vir jare aan die lewe hou met die regte ligsiklus soos ‘n ou wat indoor groei nie.

GVLK: Is outdoor-dagga nie minder sterk in vergelyking met indoor-dagga nie?

Farmer: Party mense sê so, maar wat ek groei het my nogaltyd hoog gekry. Hahahaha. Indoor ouens het baie tricks met ligte, fertilizers en nutrients en goed wat hulle die plante gee. Jy weet die Hydro stuff waar hulle plante groei sonder grond?

GVLK: Ja…

Farmer: Yes. Ek groei my plante in die grond onder die Afrika-son en al wat hulle kry is water elke dag, niks anders nie. Ek het nog nooit ‘n klagte gehad dat my dagga nie doen wat dit moet doen nie. Hahahaha

GVLK: Hoeveel dagga verkoop jy elke jaar?

Farmer: Hahahaha. Kom ons sê maar net ‘n paar kilogram ‘n jaar.

GVLK: Het jy ‘n ander werk?

Farmer: Ek het ‘n front, ja. Ek betaal belasting, wat meer is as wat ek vir die meerderheid van Suid-Afrika se populasie kan sê. Hahahaha. Al verkil is ek moet maak of ek my geld op ‘n ander manier maak, anders wil die staat nie net ‘n gedeelte van my geld hê nie. Hulle wil al my dagga en geld net vat en my toesluit, en die sleutel weg moer, al betaal ek al vir meer as 10 jaar elke jaar belasting vir geld wat ek maak met dagga verkoop.

GVLK: Het jy al probleme met die polisie gehad?

Farmer: Ja, ek was al in die selle vir ‘n naweek. Daar is ‘n kans dat ek vir 8 jaar tronk toe gaan vir possession, intention to distribute of so iets fancy. Ek is gearresteer vir so paar gram, ‘n paar joints en ander goed soos bongs en pype wat in my huis was die aand toe die polisie my voordeur afgebreek het. Die hofsaak is pending vir ‘n paar jaar nou al. My prokureurs kos my baie geld.

GVLK: Dan het hulle seker jou plante in die tuin gekry ook?

Farmer: Gelukkig was dit in die winter. Gelukkig en ongelukkig eintlik, want die selle by die polisiestasie was fokken koud.

GVLK: Hoe het die polisie uitgevind van jou?

Farmer: As jy goeie shit groei gaan mense hul vriende vertel, en iewers in die chain gaan iemand sy mond verby praat. Hahahaha.

GVLK: Gebruik jy self dagga?

Farmer: Al vir meer as 30 jaar.

GVLK: Verkoop jy enige ander dwelms?

Farmer: Is koffie nie ook ‘n dwelm nie? Maar ek verkoop nie koffie nie, ek gee dit net vir mense omdat ek ‘n goeie gasheer is. Ek hou nie van die woord dwelm nie, want te veel goed wat wettig en onwettig is val onder die term. Maar ja, ek verkoop ook ayahuasca, San Pedro en shrooms. Net goed wat in die grond groei, organic. Hahahaha

GVLK: Gaan dagga ooit wettig wees in Suid-Afrika?

Farmer: Ja man, dit gaan ooral wettig wees. Daar is net te veel mense wat dit wil gebruik, of dit nou vir fun is en of hulle dit gebruik vir ‘n mediese rede. Op een of ander stadium sal die mensedom moet aanvaar dat jy nie mense kan keer van doen aan hulself wat hul wil nie. Hoe vinniger ons daar uitkom, hoe beter, maar ek dink dit gaan nog ‘n hele paar jaar wees. Baie polisie gaan niks hê om te doen nie as hulle nie kinders met joints kan vang nie.

Die Dispenser

die-dispensary

GVLK: Hoe verkoop jy jou dagga en aan wie?

Dispenser: Ek het ‘n Dispensary waar ek vanaf verkoop. Ek verkoop per gram. Ek verkoop ook dagga-olie, pille, edibles, extracts, salfies ens. Die tipe mense aan wie ek verkoop is soos ek of jy, net allerdaagse mense. Toevallig gebruik hulle net dagga. Ek hou daarvan om myself te vertel dat meeste mense wat by my koop dit doen vir mediese redes, maar meeste van die tyd is dit net ‘n ou wat wil relax na werk met ‘n vettie of ‘n bong, of ‘n ou wat die naweek saam met sy vriende wil koekies eet.

GVLK: Waar kry jy die dagga wat jy verkoop?

Dispenser: Ek het ‘n handjie vol ouens wat vir my groei by wie ek aankoop om weer te verkoop. Party ouens groei indoor en ander outdoor en ek koop albei tipes aan. Ek hou daarvan om vir my kliënte ‘n verskydenheid goed aan te bied. Party goed werk beter vir een mens as vir ‘n ander mens. Meeste van die edibles maak ek en my vrou, maar ek koop ook so paar dinge aan soos van die dagga-olie wat ek verkoop.

GVLK: Verkoop jy baie dagga-produkte soos olie en edibles? Is daar baie mense wat dit nie rook nie?

Dispenser: Daar is netsoveel mense wat dagga rook as wat daar is wat dagga gebruik maar dit nie wil rook nie. Die cool ding van dagga is dat daar soveel verskillende manier is om dit in jou sisteem te kry. Daar is selfs Cannalube, want lube is vir sex maar met dagga in. Vandat dagga-olie en Mario Ambrosini op Carte Blanche was verkoop ek baie meer olie as van te vore, meestal vir mense wat kanker of ‘n ander ernstige siekte het. Maar ek het ook ouens wat olie koop om hulle eie edibles te maak daarmee.

GVLK: Hoeveel dagga verkoop jy elke jaar?

Dispenser: Baie, maar ek wil meer verkoop. Ek verkoop elke jaar meer en meer.

GVLK: Hoe weet mense hulle kan by jou koop?

Dispenser: Verwysings. Good old fashioned word of mouth. Na ek jou ontmoet het sit ek jou op my WhatsApp lys en dan stuur ek elke dag, Maandag tot Vrydag, ‘n boodskap uit oor wat ek het en hoelaat ek gaan oop wees. Oor naweke is ek toe sodat ek tyd saam met my gesin kan spandeer.

GVLK: Het jy al probleme met die polisie gehad?

Dispenser: Hulle het so paar weke terug onverwags vir my en so paar kliënte wat hier was kom kuier.

GVLK: Nou hoekom is jy nie in die tronk nie?

Dispenser: Jy het dit nie by my gehoor nie, maar ek en hulle het wat ons net noem ‘n ooreenkoms. Ek is nie trots daarop nie, en ek weet hulle gaan aanhou hier opdaag so lank as wat ek my dispensary hier het, maar ek wil nie tronk toe gaan nie. Ek het twee dogtertjies en ‘n vrou om voor te sorg. Ek kyk maar daarna as extra tax wat ek moet betaal omdat ek dagga verkoop, al betaal ek reeds tax op elke sent wat ek maak.

GVLK: Verkoop jy enige iets anders as dagga?

Dispenser: Ek verkoop ook Magic Mushrooms, maar dit is net so harmless soos dagga.

Die Street Dealer

die-street-dealer

GVLK: Hoe verkoop jy jou dagga en aan wie?

Street Dealer: Jy bel my en ek sê vir jou wat ek het. Dan spreek ons af waar ons mekaar gaan kry. Jy bring die kontant en ek bring wat jy soek. Ek verkoop aan enige iemand wat die geld het daarvoor.

GVLK: Waar kry jy die dagga wat jy verkoop?

Street Dealer: Ek ken mense. Mense wat groei, mense wat invoer, mense wat wil geld maak. Ons almal probeer net oorleef, jy weet? In die wêreld gaan jy nerens as jy nie geld kan maak nie.

GVLK: Hoeveel dagga verkoop jy in ‘n jaar?

Street Dealer: Hoeveel wil jy hê? As jy die geld het om daarvoor te betaal sal ek dit vir jou kry.

GVLK: Hoe weet mense van jou besigheid?

Street Dealer: Mense wil zol hê, en mense sal zol kry. Hulle kry my, ek hoef nie te gaan soek vir hulle nie. Gewoonlik kry ek ‘n SMS of hulle bel my.

GVLK: Het jy al probleme met die polisie gehad.

Street Dealer: Al baie. Ek is al ‘n hele paar keer gearresteer en ek het nog nooit meer as ‘n aand in die tronk spandeer nie. Ek het wel ‘n kriminele rekord en daarom kan ek nie werk kry nie, so ek verkoop maar zol.

GVLK: Verkoop jy enige ander dwelms?

Street Dealer: Ek het jou al gesê: As jy die geld het sal ek vir jou kry wat jy soek.

GVLK: Gaan dagga ooit wettig wees in Suid-Afrika?

Street Dealer: Ek hoop nie so nie. Dit gaan moeilik wees vir my om te compete met winkels waar hulle pre-rolled joints verkoop en 10 employees het wat agter die counter werk.

GVLK: So jy wil nie hê dit moet wettig word nie?

Street Dealer: Ek gee nie om of dit wettig is of nie, ek gaan dit verkoop. Dit is alles supply en demand. As jy ‘n iemand is wat dit soek sal ek dit aan jou verkoop as jy dit by my wil koop. Ek dink net dit gaan moeiliker wees vir my om dit te verkoop as iemand net in ‘n shop kan inloop om dit te gaan koop. Hoeveel mense ken jy wat illegal booze verkoop? Almal kan net hulle booze by die liquor store gaan koop.

Is jy een van die miljoene Suid-Afrikaner wat ‘n toker is?

Die stigma van dagga is besig om te verdwyn. Dit is hoekom jy nou ‘n hemp soos ons Tokin’ White Guy hemp kan dra sonder om snaakse kyke te kry. Bestel jou gevaaalik.com Tokin’s White Guy hemp deur net ‘n email te stuur aan gevaaalikdotcom@gmail.com

tokin-white-guy-gevaaalik-com-t-shirt

You may also like...

8 Responses

  1. Johanna says:

    Wil graag daggaolie in die hande kry vir my man wat emfiseem het en 24 uur op suurstof is.

  2. Andrè Theron says:

    Ek is opsoek na dagga olie

  3. Dorothy says:

    hi wher can i contact you need Cannibus oil for someone with Leukemia

  4. Gerhard De lange says:

    Hi , im looking at buying dagga oil ? Can you held me.

    Kind regards

  5. Tracey says:

    Hi ek is op soek on dagga oil the koop gebruik dit vir nerve damage in my voete kan my my ASB help
    Dankie

  6. Dries Cilliers says:

    Waar kan ek ‘n lys kry van siekte toestande waarvoor Dagga kan help

  1. July 11, 2017

    […] Hele rukkie terug het ek ‘n interview met drie verskillende dagga verkopers gedoen. Onthou die koop en verkoop van dagga en dagga-olie is onwettig in Suid-Afrika en tans kan […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *